PAP EN WORS TERT
Maak stywe pap en skep dit onder in ‘n oond bak.
Braai ongeveer 500 g wors net aan een kant. Nie tot gaar nie. Haal uit die pan en gebruik dieselfde pan en sous om twee blikkies tamatie smoor met jou eie kruie in te verhit.
Plaas ‘n lagie rou uie oor die pap voordat jy die tamatie mengsel oor die pap giet.
Plaas nou die half gaar wors bo-op.
Bak vir ongeveer 25 minute by 180ºC.
Ek het so klein bietjie suiker by die tamatie gegooi.
Resep geplaas deur Pikkie Langenhoven
Foto: Pikkie Langenhoven
Category Archives: Wors / Sausage
WORSBREDIE
WORSBREDIE (varsity kos)
5 geskilde aartappels, in dun skywe gesny
1 koppie rou rys
1 pakkie Chillie en beef Royco Sop
1 rooi pepper
1 ui
knoffel
300 tot 500 g boerewors
Pak aartappel skyfies in ‘n gesmeerde oondskottel. Ryg bolletjies wors uit derm uit en pak dit rond op die aartappels. Sprinkel koppie rou rys oor aartappels en wors.
Braai ui, peppers en knoffel en skep dit oor die rys. Meng soppoeier met 700 ml koue water en giet dit oor die inhoud. Maak toe met foelie en bak ongeveer 90 minute op 180°C.
Bedien saam met ‘n slaai en soet groente soos ertjies.
Resep en foto: Marlyn Ingram Ferreira
BOEREWORS MET PAMPOEN SISHEBO
BOEREWORS MET PAMPOEN SISHEBO
4 medium uie, in klein blokkies gesny
10 groot tamaties, fyn gesny
10 eetlepels kerrie poeier
10 teelepels braai speserye
5 teelepels Steak and Chops speserye
3 kg goeie gehalte wors, in stukkies gesny
olie om uie in te braai
10 opgehoopte eetlepels bief ekstrak poeier
10 koppies pampoen Continue reading
WORS KOS IDEES
WORS KOS IDEES
Santi Evert Erasmus:
Ons ook moeg geraak vir wors net so.
In 3 cm stukkies gesny, repe spek om elke stuk gedraai dwars oor die gesnyde kante. Afwissellend met stukke uie, green, red, yellow peppers en baby marrow op sosatie stokke geryg, liggies met olyf olie gekwas en op die vuur gebraai. Boereworssosaties.
Anuchka En Hendrik Botha:
Braai wors (in klein sirkels gesny so 1 cm)
Gooi 2 min beef noodles by met sy sous pakkie.
Blikkie kerrie groente en melk tot noodles gaar is en geniet.
Josh-lin Schereka:
Remove from the casing and make meatballs.
Cook the wors. Set aside. Fry an onion till soft. Chop the wors into rings and add to the onions. Add chopped green pepper. A bit of chilli and paprika if you like. Add 2 tins baked beans. Continue reading
FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS
FRIKKADELLE GEMAAK VAN BOEREWORS
500 g boerewors, vel afgetrek
60 g rosyne
410 g blikkie red “kidney beans”, water af gegooi
1 handvol gekapte pietersielie
Meng alles saam en vorm in balletjies (ek kry 12 uit).
Pak in ‘n oondpan en bak in die oond by 180°C tot gaar.
Sous:
Braai 2 gekerfte uie, groen soetrissie (opsioneel) en knoffel (na smaak) tot sag. Voeg die volgende by: Continue reading
VLEISLAND SE BOEREWORS
VLEISLAND SE BOEREWORS
7 kg maer beesvleis of wildsvleis
3 kg vet, (sagte beesvet, BEES brisketvet, of skaapsterte)
180 gram sout
60 gram koljander
20 gram swart peper
10 gram fyn naeltjies
20 gram fyn neutmuskaat (Nutmeg)
Voeg dan by:
150 ml Worcestersous
Na alles klaar saam gemaal is, voeg by:
750 ml yswater
Meng goed deur met die hande en stop in 24/26 skaapderms. Continue reading
PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS
PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS
200 ml ongesifte koekmeel
1 ml sout
1 eier
125 ml melk
125 ml water
500 gram rou boerewors
15 ml botter
Meng al die bestanddele behalwe die wors en botter saam.
Laat beslag 1 uur rus.
Voorverhit oond tot 180 ºC
Prik die wors en plaas dit in ‘n oondvaste bak. Stip met botter.
Verhit dit in die oond tot goed warm.
Giet die beslag oor die warm wors. Bak dit sowat 45 min lank.
Foto: Benhet Nieuwenhuis
BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS
BOEREWORS MET SAMPIOENE IN COKE SOUS
Boerewors met sampioene in coke sous gekook word bedien op krummelpap——
Boerewors, in stukke gesny
1 groot ui, in halfringe gesny
1 koppie groenpeper stukkies
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel soya sous
1 eetlepel Worcestersous
½ koppie coke Continue reading
STEWED BOEREWORS PIE
STEWED BOEREWORS PIE
Ek het sommer ‘n lekker slaai saam met die pasteitjies bedien.
5 ml sunflower oil
1 onion, chopped
1 clove garlic, crushed
750 g boerewors
30 ml cake flour
30 ml tomato paste
1 x 410 g can tomato and onion gravy
1 cup peas and diced carrots
150 g button mushrooms
125 ml flat-leaf parsley, chopped
salt and freshly cracked black pepper
250 g ready-made puff pastry, defrosted
1 egg, beaten
Continue reading
APPLE PORK SAUSAGES SERVED ON RED CHILI TURNIPS
APPLE PORK SAUSAGES SERVED ON RED CHILI TURNIPS
Served with zucchini and beetroot “spaghetti” and fresh avocado.
55 g beetroot shredded in spaghetti shape per person (24 calories per person)
100 g zucchini shredded in spaghetti shape per person (17 calories per person)
Steam the beetroot and zucchini. Add maldon salt to taste (0 calories)
Add 1 tablespoon butter to veggies per person (100 calories per person)
50 g sliced turnip per person (14 calories per person)
Maldon salt to taste (0 calories)
Pork apple sausage, 263 g per person
(150 calories per 100 g)
Fresh avocado, 127 g per person (160 calories per 100 g)
Lemon juice and maldon salt (0 calories)
Put sliced turnips and pork sausages in instant pot, add maldon salt and 3 teaspoons chili spread (25 calories per teaspoon). Cook for 45 minutes on high. Brown in oven. Serve sausages and turnips on beetroot and zucchini “spaghetti”.
Recipe and photo: Annie Goussard Newton