PETRE SE WILDSPASTEI


PETRE SE WILDSPASTEI
Gisteraand se ete:
Wildspastei, Basmati rys, Gebakte Aartappel, Gestoofde Perskes, Skorsie met botter en fyn neutmuskaat, en gravy….
Wildspastei
2 liter roomysbak wildsvleis van die been afgekook en fyn
250 gr varkspek in blokkies gesny
1/2 koppie rooiwyn
Sout, grofgemaalde swartpper en fyn naeltjies na smaak
2 medium uie gekap
1/4 koppie chutney
1/4 koppie asyn
1 pakkie bruin uie soppoeier/ stew mix
1 pakkie oxtail soppoeier/ stew mix
2 blikkies gemengde groente.. gedreineer.. hou die vloeistof en maak die soppoeiers daarin aan….

Stoom spek en uie vir 12 minute in stoompot… Voeg al die bestanddele by… Meng goed en kook ‘n paar minute goed deur …
Voer n bak met puffpastry uit.. skep vulsel in…. Bedek met puffpastry… Smeer eier gemeng met melk oor en bak tot goudbruin @ 180 o C…
Resep en foto:  Petré Van Jaarsveld




KOOS SE WILDS POTJIE OP DIE STOOF

KOOS SE WILDS POTJIE OP DIE STOOF
Ysterpot op die stoof
3 groot uie, gesny en toe gebraai saam met vark spek
Uie uit gehaal en in ‘n bakkie gelos.
2 kg wildsvleis gebraai. ‘n Paar stukkies op ‘n slag net om te seël.
Stoofplaat se hitte af gestel na no 3 en al die vleis in gegooi.
Vir 3 ure laat stoom-kook geen water in die pot gegooi nie.
Voeg by:
32 gram sout
2 gram nutmeg
3 gram naeltjie
2 gram swart peper
5 gram koljander

Plaas dan daai gebraaide uie bo in die pot, maak toe en los om te stoom-kook vir nog ‘n uur.
Toe ek sien die vleis wil begin lyk of dit wil afkook van die bene af het ek klein aartappels middel deur gesny en bygesit.
Nou wag ek tot daai aartappels sag gekook is en daai klein aartappels vat gewoonlik so ure.
Daar moet nog wortels in kom, kook tot sag en sit solank die rys op vir die lekker eet.
Wanneer alles sag gekook is, gooi die sous oor.
Dit was 1 pakkie bruin uie sop poeier gemeng tot ‘n pasta met koue water, daarna 250 ml vars room gemeng met Worcestersous tot ‘n bruin kleur. Gooi in potjie, roer goed deur en laat net stadig deurkook tot die sous lekker dik is.
Bedien saam met rys en slaai van jou keuse.
Resep en Foto: Koos Van Der Merwe




HEERLIKE SONDAG “POT ROAST”


HEERLIKE SONDAG “POT ROAST”
Sondag middagete in wording, pot roast ,springbok bladtjies,porkbelly en pork fillet,
Vleisie gesmeer met sap van 1 suurlemoen
Kruie gebruik:
1 teelepel koljander (gebreek en geskroeil)
1/2 teelepel fyn naeltjies
2 teelepels bbq speserye
1teelepel fyn knoffel
N paar roosmaryn blaartjies
2 teelepels himalayamsout
1/2 teelepel peper,
meng als saam vryf in vleis laat rus vir uur, braai vleis in bietjie olyf olie tot bruin,
voeg dan 1/2 kp goeie rooiwyn by, laat kook stadig met deksel,  voeg nog bietjie water by, kook tot vleisie sag is en braai verder,
môre net aartappels braai,pampoenkoekies en broccoli met kaas sous
Resep en foto:  Alta Gunter Van Dyk‎




CHARLEEN SE WILDSVLEIS MENGSEL VIR PASTEIE

CHARLEEN SE WILDSVLEIS MENGSEL VIR PASTEIE
1.5 kg Wildsvleis ( ek het n mengsel van eland, gemsbok en blouwildebees gebruik)
2 Wortels, in klein blokkies gesny
Een seldery stingel, opgekerf
1 Groot prei, opgekerf
1 Groot ui, opgekerf
1 eetl vars Knoffel
1 eetlepel Tamatie paste
170ml Rooiwyn
600ml Bees aftreksel
2 tlp elk Paprika, vars tiemie, origanum, koljander en cumin
Sout en peper na smaak
100 ml Asyn
5 Lourier blare
5 Heel Peperkorrels
5 Naeltjies
3 eetlepels Vars dubbel room jogurt
400 g Sampioene opgekerf
250 g Spek stukkies
10 ml Worcester sous
In n stoompot, bedek vleis met genoeg water, voeg lourierblare, heel peperkorrels, naeltjies, sout en asyn by. Prut vir ongeveer 45-60 minute. Vleis moet van been afval. Dreineer vleis. Daar moet glad nie vloeistof oorbly nie.
Braai uie, wortels, preie, seldery en sampioene vir so 10 minute oor matige hitte. Voeg bacon by en braai goed deur. Voeg tamatie paste en knoffel by en roer deur. Braai vir nog sowat 5 minute. Voeg kruie en speserye by. Meng deur. Gooi wyn by, meng deur en laat prut tot wyn weggekook het. Voeg beesaftreksel en worcester sous by en prut vir sowat 15 minute. Gooi vleis by en prut totdat vleis meeste van die sous absorbeer het. Sit plaat af en roer jogurt in. Laat afkoel voor dit gebruik word vir pasteie.
Foto en bron: Charleen Nieuwenhuizen.




LUCAS SE WILDSBOUD IN ROOIWYN


LUCAS SE WILDSBOUD IN ROOIWYN
Dis n 2.5-3 kg boud.
Marineer dit in die volgende marinade:
500 ml bruin asyn
250 ml rooiwyn
4 lourierblare
5 ml swartpeper korrels

Meng alles en gooi oor boud in plastiese/glas bak.
Bedek en plaas in yskas vir 3 tot 4 dae.
Draai boud 2 x per dag om.
Haal boud uit. Voorverhit oond 180°C. Oondrak in die middel.
Vat 350 g spek,  sny die spek so in 3 dele as dit repies spek is.

Steek boud gate 3 – 4 cm uitmekkaar met ‘n skep punt mes en druk repe spek in gate.
Sit boud in oondpan. Geur met sout en peper.
Gooi 250 ml van marinade oor boud. (Gooi oorblywende sous weg)
Bedek met foelie. Bak vir 1 uur.
Verwyder foelie en bak ‘n verdere 1.5 uur op 160°C, terwyl gereeld bedruip word met sous. Haal uit oond.
Vat 45 ml appelkooskonfyt en 250 g streaky spek. Smeer boud met appelkooskonfyt en rangskik repies spek bo-oor boud. (kan spek met tandestokkies vassteek)
Sit boud onbedek terug in oond vir 30 min. Haal uit en laat 10 min rus. Geniet!

Foto en resep:  Lucas Clapton

 

 




KOOS SE GESTOPTE WILDSBOUDJIE


KOOS SE GESTOPTE WILDSBOUDJIE
Nou ja vanaand is Rugby 09h30 en dan 04h00 is die groot Boks. Die kinders en vriende gaan deurnag.
Ek is Besig met wilds pasteitjies sodat hulle kan eet deur die nag en my seun het gesien ek het die twee klein wilds boudjies gekry. Dit moet gaar gemaak word.
Ek het Vark spek gerook. Die twee boudjies gestop met daai gerookte vark spek.  (soos op die foto… maak gaatjies met skerp mes en druk stukkies van die spek in elke gat)  Sout en peper gegooi.
Toe sien ek Hans Häfner se post met daai vlak vark boude.
Net daar besluit ek om die boudjies ook toe te maak met spek (soos op die foto) steek vas met tandestokkies.
Binne in n toe oond bak gesit en op 140 grade C gebak vir 3 ure.
Die deklsels af gehaal en die Bacon mooi bruin gebak

Resep en foto:  Koos van der Merwe




HANS SE SPIT VLAKVARK BOUDE

HANS SE SPIT VLAKVARK BOUDE
Vlakvarkboude gespit braai , het hulle eers so 8 ure in karringmelk laat le,
toe sout en pepper goed ingevryf , gestop met spek en knoffel ,
met spek toegedraai en toe gemaak in tinfoil , Plaas in toe stainless rooster met ‘n deksel en ‘n termometer buite.
Braai 2.5 uur teen 180-200 grade , laaste 15 minute  haal uit die foil net om spek bruin te bak ,
Bedien saam met n mengelslaai , vars gebakte brood en n aartappelgereg.

Fot en resep:  Hans Häfner




KOOS SE WEGGOOI BENE PASTEIVLEIS

KOOS SE WEGGOOI BENE PASTEIVLEIS
Net weer om te wys. Daai bene wat mense so maklik weg gooi.
Ek het wildsvleis bewerk en na die bene skoon gesny is, het ek ‘n klomp van daai weggooi bene in ‘n pot gegooi sonder speserye en laat prut vir 18 uur baie stadig.
Al die bene is nou uitgehaal op die foto hier bo
Nou lyk dit so. Uie en speserye by gegooi en kook dit nou vir so ‘n uur.
Gooi alles in n skoon pot met uie by so 1 groot uie per kg vleis.
Sout = 16 gram p/k vleis,
Peper 2 gram p/k vleis.
Nutmeg so 1 gram en
Naletjies 1 gram p/k vleis.
Roer alles goed en laat prut vir n uur.. Moenie water by gooi nie
Laat dit afkoel.
Ek gaan wilds pasteitjie bak.
Ek koop die winkel skilferdeeg. Die vleis was wat ek af gekook het van die wilds bene af. Al wat ek gedoen het is om die vleis toe te rol soos n sausage roll en dan stukkies gesny. Eiers en melk gemeng. Die pasteitjie gesmeer en in die vrieskas gesit vir 30 minute. Die oond klaar warm op 160 grade en dan sit ek daai baie koue pasteie net so in die oond en bak tot goue kleur
Resep: Koos van der Merwe
Ida Bouwer:
Ek voeg fyn naeltjies, sout, pepper, bietjie komyn en knoffelvlokkies by.




KOEDOEFRIKKADELLE

KOEDOEFRIKKADELLE
500 g koedoe maalvleis (400 g koedoe en 100 g varkvleis)
Voeg die volgende bestanddele by:
1 fyn gerasperde ui
2 eiers
1 koppie broodkrummels
30 ml breyani spice
2 teelepels sout
½ teelepel swartpeper

Meng bestanddele deeglik. Indien te styf is, verdun met melk. Maak klein bolletjies van die maalvleis en braai tot bruin in ‘n platboompot of braaipan met kookolie.
Sous:
Neem 1 blikkie hoender roomsop en voeg 3 koppies melk by. Gooi sous in pan waarin (die olie moet nie verwyder word nie) vleis bolletjies gebraai is. Roer deeglik tot dit kook. Voeg dan vleis bolletjies by. Prut vir 10 minute. Bedien met gegeurde rys en vars opgekookte groente.
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels




BROWN SPRINGBOK STEW

BROWN SPRINGBOK STEW
Brown springbok stew pieces in a little oil
Add 2 Bayleaf.
Small piece Star aneese.
4 All spice crushed
10 ml chopped rosemary.
Glass red wine
10 ml garlic/ginger paste
Cook on high heat adding a little water
Add one beef oxo block
Add another glass red wine
Cook meat until tender
Add 2 chopped onions.
As sauce thickens add chopped potatoes
Simmer till cooked…
No salt or any other ingredients where added..
First for me as I usually add lots of condiments but found the flavour very tasty..and the food was delish…
Recipe posted by Andre Arendse
Photo: Andre Arendse