ROOMKAAS VERSIERSEL WAT TE PAP IS ….
Hierdie vraag is al so baie hier gevra en ons het al baie antwoorde gekry, maar vanaand op ‘n kosprogram het een van die deelnemers dit gedoen en vertel dat dit die probleem oplos.
Almal kla altyd wanneer hulle roomkaas versiersel maak dan is dit pap en hoe meer mens klits, hoe slapper raak dit.. Sy het vanaand gewys, mens klits eers die botter en versiersuiker saam, baie goed, en dan sit jy die roomkaas, lepel vir lepel by en hou aan met klits, en dit was pragtig, so mooi styf dat sy dit kon “pipe” Nou ja, daar het ons dit, moenie al die roomkaas op eenslag bysit nie, maar bietjie bietjie 🙂
Susan Van Dyk – Foto
Ek gebruik julle wortelkoek resep, en my icing doen ek regtig soos ek klits. Maar ek werk altyd op 500 gr margarien en so 7 koppies icing sugar. Ek klits slegs die margarien en versiersuiker saam. Wanneer dit te styf word skep ek ‘n lepel maaskaas in. Ek gebruik omtrent op daardie hoeveelheid ‘n halwe bakkie maaskaas. Ek dink die geheim is in die klits. Ek het die major Kenwood, en ek klits vir hom tot dit soos room lyk. Dit pipe maklik en lyk netjies. Ek gebruik slegs sunshine D, Spar margarien. Volvet. Moenie met met medium vet probeer nie. Die water inhoud is te hoog. Dis my opinie en ondervinding. Ek bak al 22 jaar vir ‘n tuisnywerheid.