RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN JOU WEBER
Nee dis nie gekompliseerd nie. Daar is twee metodes,
1 direk: Dan plaas jy genoeg kole op die onderste rooster en braai op die boonste. Eintlik is ‘n weber nie ‘n gewone oop braaier nie, maar mense gebruik dit tog so ook.
2: Indirek. Plaas die twee kolerakkies drie ystertjies ver van die kante af in lyn met die ystertjies van die rooster. Plaas blokkie blits by albei en pak tussen 20 en 30 charcoals per rakkie om/op dit en laat brand met deksel af. Wanneer al die kole grys is, plaas boonste rooster in lyn met onderste op, plaas vleis in middel bokant die drupbak. Die tinfoelieagtige drupbakke koop mens in pakke by die verskaffers en kan hergebruik word tot hy die gees gee. Continue reading