1

Freeze Corn on the Cob

Freeze corn on the cob
Step 1 – Get yer corn! Start with fresh corn on the cob – as fresh as you can get. …
Step 2 – Get the pots ready. …
Step 3 – Husk the corn. …
Step 4 – Blanch the corn. …
Step 5 – Cool the corn. …
Step 6 – .Bag the corn.




BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD

tested
BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD
2 groot uie
2 eetlepel botter
3 snye brood
½ koppie kookmelk
3 eetlepels borrie
1.5 eetlepel kerrie
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetl blatjang
¾ koppie asyn
1 eetlepel suiker
2 eetlepels sultanas
1 gerasperde appel
900 g maalvleis
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie bruin in botter.
Week brood in melk, druk melk uit, voeg by uie.
Meng res van bestanddele behalwe vleis, melk en eiers.
Voeg by uie en stowe 10 min.
Voeg die warm sous by vleis in kastrol en laat kook tot gaar.
Roer af en toe.
Skep in vriesbare bak en laat afkoel.
Sit in vrieskas.
Ontdooi oornag in koelkas.
Klits eiers en melk en giet bo-oor.
Bak by 190°C vir 15 min.
BRON – Ben Rautenbach




TUNA PANNEKOEK

2014-11-12-tunapankoektested

TUNA PANNEKOEK
Jeanine Luyt:
Die resep wat Tiaan Mari-Lu Vd Merwe gedeel het: 1 koppie meel, 1 koppie water, 2 eiers en knippie sout. Ek het net bietjie meer water by gegooi. Ek het tuna en mayo gemeng vir die vulsel en dan ‘n gewone wit sous gemaak met 1 sirkeltjie feta in. En kaas oor gerasper.

Sandra Kuisis:
Ek gebruik weer een blikkie tuna met een hardgekookte eier, een gekookte aartappel fyn gedruk, teelepel gerasperde ui en bietjie mosterd poeier. Meng saam en vul die pannekoek daarmee, bedek met ‘n sterk kaassous en gerasperde kaas bo oor. Pak in foelie bakkies, op hierdie punt kan die dis gevries word. Ek het dit baie gedoen en as daar onverwagte gaste opdaag, ontdooi, đan grill tot die kaas mooi bruin is en bedien met ‘n lekker mengelslaai.
Dit is ‘n heerlike maar ryk dis, een van die pannekoeke is genoeg, bygesê die hoeveelheid wat ek gegee het kan 3-6 pannekoeke vul afhangende hoe vol jy hul rol. As ek wegsak dan maak ek sommer 5 – 6 van die middelmatige foelie houers vol. Net baie lui om die pannekoek te bak.

Foto: Jeanine Luyt




LEKKER VINNIGE SKONS

vinnige skons Anzeltested
LEKKER VINNIGE SKONS
Ek het dit vinnig gebak vanoggend vir iets anders in die kosblikke. Gaan regtig gou.
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 eier, vul res van koppie met melk
½ teelepel sout

Meng alless deurmekaar en skep in gesmeerde kolwyntjie pan.
bak by 180°C tot gaar vir ongeveer 15 min of tot toetspen skoon uitkom.
Ek het 1 koppie kaas bygevoeg.
Jy kan biltong of spek ook byvoeg
Foto en resep:  Anzel Viljoen




AMERICAN CARROT CAKE

carrot cake cup cakes duniatested
AMERICAN CARROT CAKE

Can also be halved nicely and freezes well

400g sugar (500ml sugar)
4 extra large eggs
350 ml oil (375 ml in recipe, less is fine)
350g self-raising flour
5 ml bi-carb
5 ml cinnamon
5 ml salt
750ml carrots peeled and coarsely grated
1 grated granny smith (optional, makes it very nice)
100 g pecan nuts chopped

Method

Preheat oven to 180 C. Spray 3 8” tins with Spray & Cook
Beat together sugar and eggs till light and creamy
Add oil slowly
Sift dry ingredients and add fold into egg mixture
Then add carrots and nuts and fold in
Spoon batter into the 3 greased and lined tins or put into cupcake holders and

bake for 30-40 minutes for cake and about 20 minutes for cupcakes. Makes about

+-40 stand alone cupcakes.
Remove from oven and let cool for about a minute then turn out onto wire rack till

cold

Cream Cheese Topping
100 g butter
500 g sifted icing sugar
75 g cottage/cream cheese
100 g chopped nuts

Method

Cream butter and add sugar and beat in till smooth
Add enough cream cheese to make the icing soft
Add some chopped nuts to icing and stir in
Keep some for the top
Spread some icing on the layer and top with another cake, spread some more

icing, top with last layer, then add the rest of the icing and decorate with the rest of the nuts and serve.

 

Dunia Van Rensburg McMaster




JOHAN SE LASAGNE

tested
JOHAN SE LASAGNE
Ek het hierdie Lasagne gemaak vir Debonairs in Springs (Selcourt) en ek wil hom graag met julle deel, Dit is ‘n masiewe resep met ‘n MASIEWE SMAAK.
24 – 30 Porsies
50 ml kookolie
120 g botter / margarien
4 groot uie, fyn gekap
4 wortels, gerasper)
4 selery stingels, fyn gekap
2 kg maer beesmaalvleis
600 g hoenderlewer, fyn gekap
3 groot blikke tamatie puree
1 bottel rooiwyn
100 ml pietersielie, fyn gekap
sout
swartpeper
1,5 kg lasagne velle
500 g Cheddar kaas, fyn gerasper
500 g Mozarella kaas, fyn gerasper

Béchamel Sous:
240 g botter / margarien
160 g koekmeel
2.25 liter melk
20 ml neutmuskaat

Verhit olie en botter in ‘n groot pot, voeg uie, wortel en sellery by en roer aanhoudend tot alles sag is.
Verhoog die hitte en voeg maalvleis by, verbruin en maak seker dat daar nie klonte is nie.
Voeg die hoenderlewer by en braai tot dit gaar is.
Voeg tamatie puree, wyn, pietersielie en sout en peper (na smaak) by en wag tot dit kook.
Verlaag die hitte en laat prut vir 45 minute. Verwyder van die plaat en laat staan.
Kook lasagne in groot pot met sout en bietjie olie tot dit sag is.
Gooi deur vergietes en spoel af met koue water.

Béchamel sous:
Smelt botter in pot oor lae hitte tot dit begin skuim.
Voeg koekmeel by en roer aanhoudend vir 2 minute.
Verwyder van plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by.
Plaas terug op plaat en bring tot kook terwyl jy aanhoudend roer tot dit dik begin word.
Haal van plaat af.
Voeg sout en peper by na smaak en meng neutmuskaat in.
Plaas ‘n stuk plastiek op die sous sodat dit nie ‘n kors maak nie.

Voorverhit oond tot 180°C.
Gooi dun lagie vleissous in die bodem.
Smeer jou oondpan en lê stringe lasagne teenmekaar op die bodem.
Pak laag vleismengsel bo-oor, en herhaal met lasagne.
Smeer lagie béchamel sous oor.
Strooi kaasmengsel liggies bo-oor.

Bak 35 – 40 minute of tot die kaas goud-bruin verkleur.
Laat staan sowat 15 minute voor jy dit sny en verpak.

Bron:  Johan Snyder




MAKLIKE PASTEIDEEG MET KOOKWATER

pastei deegtested

MAKLIKE PASTEIDEEG MET KOOKWATER
Ek weet nie hoekom het ek altyd so gesukkel met pastei korse nie dit was altyd ‘n hele gedoente totdat ek by ‘n vriendin ‘n eenvoudige en baie lekker kors gekry het, het pasteie gemaak om te vries en toe net twee gebak om te toets, baie lekker sal nooit weer iets anders maak nie.
4 koppies meel
500 g margarien (ek verkies Spar se maak)
1 koppie kookwater
sout

Los margarien in kookwater op.
Meng met meel en sout.
Plaas in yskas tot goed koud verkieslik oornag.
Rol uit en gebruik.
Die deeg vries baie goed rou.
Foto en resep:  Marie Grobler




BUTTERSCOTCH BISCUITS

 tested
 BUTTERSCOTCH BISCUITS

Cream together
250 gram margarine (butter)
2 Cups Brown sugar
Add
2 eggs -1 at a time. Beat well
Add 1 teaspoon bicarbonate of soda dissolved in 1 Tablespoon hot water
Add 1 teaspoon vanilla essence
Sieve together
4 Cups flour with 1 teaspoon cream of tartar
Add to egg mixture.
Add 1 Cup coarsely chopped almonds (I use the nibbed almonds)
Add a few copped cherries – optional.
Mix well.

Roll into a long roll – Like a sausage and chill in fridge/freezer until quite firm.
Slice and bake at 180 deg until light brown.

Note: I normally double this recipe.

Recipe:  Deleen Venter Loker
Photo:  Foto: Francis Smith

 

 




SOUTTERTE

 soutterte louisetested
SOUTTERTE
Maak die lewe vir jouself maklik met soutterte!
Gebruik enige bestanddele waarvan jy hou, plaas dit in ‘n tertbord, klits 4 eiers en bietjie melk saam, voeg geurmiddels by en gooi oor vulsel bestanddele.
Strooi lekker gerasperde cheddarkaas bo-oor en bietjie gemengde droë kruie en bak vir omtrent 30 – 35 min of tot gestol en gaar.
Heerlike ete saam met slaai vir die Somer
Hier het ek bacon-worsies, olywe en Mozzarella-kaas gebruik en hoender en sampioen.
Gebruik verskillende kase soos Feta, Mozzarella en Parmesaan vir lekker afwisseling.
Foto en resep:  Louise Groenewald



FRIKKADELLE IN SOUS

tested

FRIKKADELLE IN SOUS
2 kg maalvleis
2 uie fyn gekap
1 koppie oats
kwart koppie tamatiesous
3 eetlepels sojasous
1 eetlepel elk blatjang en appelkooskonfyt
1 teelepel fyn koljander
half teelepel fyn naeltjies
2 eiers
15 ml sout
peper na smaak.

Meng alles saam en maak klein bolletjies en bak in oond tot gaar.
Maak intussen sous.
4 uie gekap
375 ml asyn
375 ml water
half koppie blatjang
2 eetlepels hoogvol appelkooskonfyt
een en ‘n half koppie suiker
40 g kerrie of na smaak
sout en peper

Kook alles saam vir paar minute en laat afkoel. Gooi sous oor frikadelle en vries.
Hoe langer gevries hoe lekkerder trek die geur deur. Sous is baie lekker .
Resep:  Kleintjie Jordaan