GEDOOPTE FRIKKIES


GEDOOPTE FRIKKIES
Maak klein frikadelletjies met maalvleis en kruie van jou keuse
DEEG
Meng die volgende saam:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
25 ml suiker
½ teelepel sout
Klits die volgende saam:
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
75 ml melk

Meng die droë- en nat bestanddele van die deeg en doop die frikkies daarin.
Braai vir omtrent 5 min aan ‘n kant in warm dieperige olie.
Pak op kombuispapier vir die olie om te dreineer en bedien met doopsous.
Maak ‘n doopsous wat bestaan uit ‘n halwe koppie mayonnaise, ‘n eetlepel knoffel en ‘n paar druppels tobasco.
Meng alles saam.
Resep en foto: Gideon Louw




JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG


JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG
1 houer gewone jogurt
1 bakkie klein tamaties
vars kruie: soveel soos jy daarvan hou
basilliekruid
tiemie
stingeluie
rocket
knoffel olyfolie
sout en peper na smaak
vye chutney
garnale

Plaas die tamaties en kruie (behalwe rocket) in ‘n oondvaste bakkie. Sprinkel sout en peper en olyfolie oor en bak vir so 10 min teen 180°C. Braai die garnale in knoffelbotter. Skep so 2 eetlepels jogurt in ‘n klein bakkie, daarna ‘n eetlepel vye chutney en dan so 2 blare rocket. Skep die tamaties bo-oor. Sit so paar garnale bo-op. Ek het dit saam ‘n broodjie bedien wat ek bietjie gerooster het in oond.
Resep en foto: Marian van Deventer




LEATITIA SE VYE VOORGEREG


LEATITIA SE VYE VOORGEREG
Sny ‘n kruisie bo-in elke vy en druk liggies sodat dit so half oopblom.
Gooi bietjie sout en sit ‘n klein blokkie kaas bo-in die kruisie. (Kan ook Parmaham indruk)
Bak vir so 7 min in oond teen 180ºC.
Verhit intussen 250 ml room en smelt stadig daarin ‘n wig bloukaas totdat dit gesmelt het. Moenie dat dit kook nie.
Skep so 2 vye p/persoon in ‘n klein bakkie en verdeel die room tussen die bakkies.
Bak weer vir so 8-10 min in die oond.
Gooi so “drizzle” balsamiese reduksie (dik strooptipe) bo-oor en bedien as voorgereg.
Resep:  Laetitia Burger




MOSSELPOT


MOSSELPOT
1-2 pakke half mossels
2 uie en baie knoffel (na smaak), fyngekap
sout en peper na smaak
125 ml margarien
basiese witsous (hoeveelheid afhangend hoeveel mense gaan eet)
250 ml room

Spoel mossels af. Braai uie en knoffel in margarien, maak basiese witsous resep met sout en peper, gooi alles bymekaar en kook mossels paar minute so. Sous word dikker, rond dan af met jou 250ml room
Resep en foto: Billy En Vanessa Range




SOUS VIR ‘N GARNAAL VOORGEREG


SOUS VIR ‘N GARNAAL VOORGEREG
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel mayonnaise
1 eetlepel sweet chillie sous
1 eetlepel blatjang
1 desertlepel suiker (12,5 ml)
‘n knippie sout asook ‘n bietjie wit peper

Braai die garnale vir ‘n paar minute in knoffelbotter en plaas op ‘n paar kropslaai blare in ‘n bakkie. Meng al die bestanddele vir die sous en bedien dit oor die garnale na smaak.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




DRICUS SE AVOKADO RITZ


DRICUS SE AVOKADO RITZ
2 ferm ryp avokado’s, in blokkies gesny
Sout, suurlemoen en swartpeper, na smaak
Rooster garnale in knoffelbotter – hoeveelheid volgens porsies.

Meng saam vir die sous:
250 ml mayonnaise
1 teelepel dijon mosterdpasta
3 eetlepels vars gekapte pietersielie
gekapte grasuie, na smaak
paar druppels tabasco, na smaak

Blansjeer die sous bestanddele saam tot growwe pasta, laat heeltemal afkoel.
Kombineer alles versigtig sodat avokado nie pap raak nie.
Skep in mooi glas bo-op verskeidenheid slaaiblare, garneer met dun sny lemmetjie en grasui strik. Draai paar draaie varsgebreekte swartpeper voor opdiening.
Resep en foto: Dricus Bosman




WILLEM’S TOMATO SALAD


WILLEM’S TOMATO SALAD
750 g cherry tomatoes
10g fresh basil leaves
10g fresh oregano leaves
4-5 large cloves of fresh garlic
15 ml fine salt
150 ml extra virgin olive oil

Depending on the size of the cherry tomatoes, cut into half’s or quarters.
Crush the fresh garlic (please, not shop bought crushed garlic).
Finely chop the basil and oregano leaves (no stems).
Add the garlic, herbs, salt and olive oil to the tomatoes, and mix.
Chill in the fridge for and hour or two for the flavours to mature.
Serve with freshly sliced Bruschetta/French loaf or Panini bread.

I also like to serve this with the following condiments:
Salami
Prosciutto
Freshly chopped red chili’s in olive oil
Calamata olives
Feta cheese
I serve this tomato salad often as a starter before a braai.
Please adjust the fresh garlic and salt to your tastes. However, it will taste bland if you skimp on these two ingredients, especially the salt.
Recipe and Photo: Willem Labuschagne




KREEFSLAAI


KREEFSLAAI
3  krewe
1 ui
1 tamatie
1 koppie mayonnaise
¼ koppie tamatiesous

Kook krewe na smaak tot gaar. Sny vleis in klein stukkies.
Sny ui in fyn stukkies.
Verwyder tamatie se pitte en sny in klein blokkies.
Meng kreef, uie en tamatie.
Meng die mayonnaise en tamatiesous saam en voeg by kreef mengsel. Meng alles goed saam.
Bedien lekker koud op ‘n slaaiblaar as voorgereg.
Resep en fotos van Johan Westenberg




KOUE AARBEI EN KLAPPER SOP


KOUE AARBEI EN KLAPPER SOP
Genoeg vir 4 tot 5 gaste.
900 g aarbeie
250 ml vanilla jogurt
125 ml lemoensap
3 teelepels suurlemoensap
50 ml suiker
½ koppie klappermelk
2,5 ml vanilla
¼ teelepel gemmer
¼ teelepel kaneel
Garneer met mint, lemoen zest of geklopte room

Verpulp alle bestanddele tesaam in versapper. Vir dikker sop, voeg meer jogurt by. Vir dunner sop voeg meer lemoensap by en suiker soos nodig. Verkoel alles vir 2 ure en geniet dit.
Resep geplaas deur Fanie Smit
Foto: Fanie Smit




GIDEON SE REUSE SAMPIOENE


GIDEON SE REUSE SAMPIOENE
Ek’t vanaand die oudurfie vir ons oppie kole gemaak van die reuse sampiejoene.
Ek het ‘n bietjie knoffel en botter gesmelt en binne in die sampiejoen geskink en bietjie Mosserella kaas op elkeen gestrooi en ook ‘n bietjie chillieflakes gevolg met ‘n bietjie gerasperde biltong.
Dit was baaaaie lekker!
Moenie sout bysit nie want die biltong en kaas en knoffelbotter is alreeds bietjie sout.
Braai dit dan op stadige kole vr 15 tot 20 min tot gaar.
Ek het ‘n kassarol se deksel bo-oor die sampiejoene geplaas sodat dit ‘n bietjie hitte van bo af ook kan kry.
Maar lekker was dit beslis!
Resep en foto: Gideon Louw