LEKKER GEBRAAIDE SNOEK MET SOUSIE

SNOEK BRAAI

LEKKER GEBRAAIDE SNOEK MET SOUSIE
smeer dit alkant lekker met olyfolie
vat sommer oondpan,met n bietjie olie.
le snoek oop met vel kant onder in pan
vat n bakkieskep so
6e botter
2e knoffel
4e appelkooskonfyt
rasper 1 uie,daarin
sit in mikrogolf so 1 min sit pan op lou kole,
Bedruip vis met sous tot gaar.

BRON- HESTA HUISAMEN




OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS

tested

OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS
Geelstert en Kabeljou is ideale keuses vir kerriesvis, maar enige ander wit vis soos stokvis is ook geskik.
2 kg vismootjies
Sonneblomolie vir vlakbraai
3 groot uie, ringe gesny
2 eetlepels mielieblom (Maizena)Kerriesous:
3 koppies bruin asyn
1 koppie bruin suiker
1 koppie water
2 huisies vars knoffel, fyngedruk
2 teelepels vars gemmer, fyngedruk
2 – 3 eetlepels kerriepoeier (sterk of matig, na gelang van smaak)
2 teelepels geroosterde rooi Masalapoeier
2 eetlepels borrie
1 eetlepel swart peperkorrels
1 groot ryp tamatie, pitte uitgedruk en fyngekap
2 teelepels sout
4 lourierblare

Was en sny die vis in porsies. (sit deeg om soos onder) Braai die visporsies in warm olie vir omtrent 3 minute aan elke kant, net tot gaar. Voeg al die kerriesous bestanddele in ‘n groot kastrol en bring stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos het. Voeg uieringe by, verlaag hitte en bedek met deksel, prut vir 10 minute. Pak die vis en uie in lae in glashouers met skroefdeksels. Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die kerriesous en roer by die sous, kook tot die sous effens verdik. Giet die sous warm oor die vis en laat dit afkoel, skroef daarna die deksels styf op en plaas in die yskas. Laat staan die vis vir omtrent 3 dae om die geur te ontwikkel voor opdiening.Ek maak my vis altyd kleinerige hap grootte porsies, dis dan ook makliker om in die potjies te kry.

Vir die deeg om die vis:
My recipe is a cup of plain flour with a cup of water. Add 1 teaspoon of baking powder and a pinch of bicarb. and salt. Leave to stand for about 20 minutes. Dip your fish portions in flour, shake it off and then dip in the mixture. Fry in hot oil (not too hot) for about 4 minutes on each side, depending on thickness of portions. You can add spices to the flour before dipping the portions.
Resep:  Louise Groenewald
Foto:  Ansie Vermeulen Steyn




SKELVIS MORNAY

tested
SKELVIS MORNAY
Hhhmm Haddock Morney… my gunsteling!
1 kg vars of bevrore skelvis
250 ml melk
1 lourierblaar
30 g botter
1 groot ui, gekap
Kaassous:
75 g botter
80 g meel
160 g Cheddarkaas (beleë kaas is ideaal)
5 ml Aromat
vars gemaalde swartpeper
knippie Rooipeper
knippie droë mosterdpoeier
80 g Cheddarkaas
2 eetlepels gerasperde Parmesaankaas
2 eetlepels broodkrummels

Plaas vis in ‘n kastrol en bedek met die melk, voeg die lourierblaar by. Bring tot kookpunt en verwyder van hitte. Laat staan vir 15 minute, verwyder vis en vlok liggies, nie te fyn nie. Gooi die melk in ‘n maatbeker en vul dit aan met melk tot 450 ml. Braai intussen die gekapte ui liggies tot gaar, maar nie bruin nie. Maak die kaassous deur die botter te smelt en die meel by te voeg. Roer met ‘n draadklitser terwyl die melk bygevoeg word asook die geurmiddels. Verhoog hitte, bring tot kookpunt, verwyder van hitte as sous begin verdik. Roer die Cheddarkaas by die sous. Plaas die gevlokte vis asook die uie in ‘n oondvaste glas bak en gooi die kaassous bo-oor. Strooi die Cheddar-, Parmesaankaas en broodkrummels bo-oor. Plaas onder ‘n warm oondrooster en rooster tot goudbruin en borrelend. Bedien saam met aartappels in die skil en groen groentes.
Bron:  Louise Groenewald
Foto: Melissa Ann Vermeulen




TUNA-AANDETE IN MIKROGOLF

FLR BB Yummy
TUNA-AANDETE IN MIKROGOLF

1 blik tuna
4 snye witbroodkrummels
375 ml cheddarkaad gerasper
1 groot ui gekap
2 eiers geklits
2 e margarine
sout
rooipeper na smaak
Kaas aromat vir bo-oor

Mikrogolf uie, brood en melk in botter vir 5 min by 100% krag
Meng tuna, 200 ml kaas, eiers en geurmiddels, meng dit dan met broodkrummelmengsel. Mikrogolf 10 minute by 100% krag.
Strooi res van kaas en aromat oor. Bedien met advokadopeerslaai. ENJOY!

Floraine Wasserman Venter




VISPANNETJIE

FLR Slogan 2b

VISPANNETJIE
4 persone
Tussen 15 en 30 minute
1 stuk dik vaste vis (1 moot/persoon)
150 gr garnale
150 gr seekos
50 gr meel
50 gr botter
150 gr sampioen
1 suurlemoen
3 eigelengemaalde kaasgroente bouillon
1 dl room
1 el tamatiepasta
2 dl water
wit wyn

Maak ‘n blonde roux van botter en meel. Maak hier ‘n dik sous van met water en wit wyn. Voeg ‘n bietjie bouillon toe. Maak ‘n 2de binding met room en eigelen. Voeg die sampioene by. Lê daar die vismoot in en laat 2 minute pocheren. Roer die vis nie stuk. Doen die garnale en die seekos daarby en rangskik in ‘n ovenschotel. Strooi daar gemaalde kaas oor. Sit vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 200ºC
GEPLAAS DEUR Marlé Buyss
RESEP: Piet Huysentruyt




CHEESY FISH BAKE

cheesy fish bake rina

CHEESY FISH BAKE
Lekker vis uit ‘n pakkie!
Ek was vandag lekker lui en het vir ons die vis gemaak, mensig maar dit is regtig lekker julle kan dit regtig maar probeer vir daai dae wat jy vinnig moet kos maak. Bedien saam met fyn aartappel en ‘n lekker groen slaai.
Ek sien nou op die pakkie is heerlike “Cheesy Crumpets”
Meng:
1 kp bruismeel
1 pk cheesy fish bake
1 eier
300 ml melk
2 eetl gerasperde kaas

Skep lepelsvol in warm pan met bietjie olie, draai om sodra daar borreltjies vorm bo-op. Baie lekker saam met bredies as ‘n bykos.

Foto: Rina Kleinhans
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




VISKOEKIES

viskoekies heiner

1 blik (425 g) sardyne in tamatiesous

1 blik (200 g) tuna, gedreineer
1 ui, gerasper
1 eier, geklits
10 ml droë pietersielie
125 ml koekmeel
sout en peper na smaakDruk die sardyne en hulle sous en die tuna fyn, voeg die res van die bestanddele by en meng. Verhit`n bietjie olie in `n pan tot redelik warm en braai lepelsvol van die mengsel tot mooi bruin aan weerskante.

Ek het sardyne in skerp rissie tamatiesous gebruik.

Heiner Lange



TUNA VISKOEKIES

tuna en aartappels koekiestested

TUNA VISKOEKIES
Baie lekker viskoekie resep.
2 blikkies tuna
2 med/groot aartappels(gekook en fyn gedruk)
1 ui baie fyn gesny
2 eiers
2 eetlepels koekmeel
hand vol pietersielie
bietjie suurlemoensap en
sout en peper na smaak.
Kap pietersielie fyn. Klits eiers net liggies en meng dan alles saam en vorm koekies. Bak tot goud bruin in vlak olie.

Resep:  Carla Smit
Foto:  hanta henning




TUNA CHIP CASSEROLE

2013-06-21-tunachipcasseroletested

TUNA CHIP CASSEROLE
2 cans Cream of Mushroom Soup
2 Can Tuna (in brine)
Bag of your favourite chips
Milk (one soup can full)
Pepper

In a Casserole dish add your Soup & Tuna, fill the empty Cream of Mushroom Soup cans with milk (I used Skim Milk for lower fat option). Add the milk to the soup and tuna and then crush the chips in the bag and add to the soup, tuna and milk and mix well.
Sprinkle pepper over the top and pop in oven @ 180 degrees for about 35-40 minutes.
When finished allow 10 minutes to cool before serving.

Foto en resep deur Jacqui Landsberg Botma




KAAPSE KERRIEVIS

kaapse kerrievis

KAAPSE KERRIEVIS
2 kg ferm visfilette (verkieslik geelstert of kabeljou)
sout en varsgemaalde witpeper
Kerriesous:
125 ml olie
3 uie, dun gesny
200 ml bruinasyn
20 ml suiker
5 ml borrie
10 ml kerrie
5 ml rissiepoeier
5 lourierblare
sout

Geur die vis met die sout en peper.
Verhit die olie in ‘n pan en braai die vis vir 5 minute aan ‘n kant.
Verwyder die vis uit die olie en dreineer om handdoekpapier.
Kook die uie, asyn, suiker en speserye saam in ‘n souspan vir 10 minute.
Geur met sout na smaak.
Plaas die vis in ‘n bak en gooi die sous oor.
Sorg dat die sous die vis bedek.
Plaas ‘n deksel op die bak en bêre in die yskas vir ten minste ‘n dag voor jy dit gebruik.
(6 persone)
Resep geplaas deur Henriette Wessels