1-2-3 LEKKER VIS

123 visgereg

1-2-3 LEKKER VIS
600 – 800g stokvis
1 koppie suurroom (as jy nie suurroom kan kry nie, voeg ‘n teelepel asyn by die room)
¼ koppie melk
1 pakkie wit uie soppoeier
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
handvol vars peietersielie, gekap
paprika

Plaas gevriesde stokvisfilette in ‘n vuurvaste bak.
Meng room met uie soppoeier en melk.
Bedek die vis daarmee.
Strooi kaas en pietersielie oor.
Sprinkel ‘n bietjie paprika oor.
Bak oop, teen 180 grade vir ‘n halfuur.
Bedien op rys of kapokaartappels.
Foto:  Deon Rossouw




SARDYN TERT

sardyntert

SARDYN TERT
Kors:
3 groterige aartappels, sag gekook
50 ml water
30 ml botter
1 eier
2 ml sout
knypie peper
5 ml bakpoeier
(Maak mash, klop laaste die bakpoeier by) smeer mash mengsel in bak!
Vulsel:
2 uie
1 ml sout
25 ml botter
knypie rooi peper
25 ml koekmeel
200 ml melk
1 groot blik sardyne in tamatiesous
2 eiers
25 ml fyn pietersielie
12,5 ml asyn

Skil en kap uie fyn en mikrogolf dit saam botter vir 3 min op 100% krag. Roer die koekmeel, sout en rooipeper by en daarna die melk, mikrogolf 3 min by 100% krag en roer elke minut! Vlok sardyne! Meng dit met uiesous, eiers en die helfte van die pietersielie en die asyn! Giet die vulsel in die aartappelkors. Strooi pietersielie oor! Mikrogolf die tert ongeveer 20 min by 70% krag tot feitlik gestol! Laat staan ‘n paar minute en skep op!!!!!!
HEERLIK
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis ( (Rita skoonsus)




HEERLIKE BIER PRAWNS

  • prawns

    Botter, knoffel en iets wat effens brand, smelt oor matige hitte. Sit prawns in, draai om. Sodra pienk, haal uit. Gooi inhoud van blik bier in dieselfde pan. Kook tot vloeistof weg is en so taai laag oorbly. Gooi room by. Roer, gooi prawns terug, laat warm word en eet jou vingers af

    ‘n Hele blikkie bier en dan verhoog ek dit hitte (te ongeduldig om te lank te wag..) Ek gebruik of Black Lable of Milk Stout. Dit moet ‘n sg “strong” bier wees. Ek maak dit nogal gereeld so. Het die resep iewers in ‘n koerant gekry JARE gelede. Portugese resep.

Ina Marais




PILCHARDS KOEKIES

1425665_3400055576099_1116536276_n
Ek gebruik 1 blikkie pilchards ( haal die klein graatjies uit)
1 klein uitjie gerasper
1 koppie koekmeel
1 teelepel opgehoopte bakpoeier
1 eier
sout en peper na smaak

metode

meng alles saam
bak in vlak olie nie te warm
my eie foto

Marie Rheeder Troskie




SEEKOS MACARONI EN KAAS

 1003847_605697009487413_778071396_n
SEEKOS MACARONI EN KAAS
4 – 6 porsies
250 g macaroni gekook en gedreineer
3 skelvis fillette (haddock)  gekook in
3 koppies melk (hou melk eenkant),
1 ui in dun ringe gesny en gebraai in goeie olyfolie tot sag, voeg
1/2 tl tiemie en
1/2 tl gekapte knoffel by, braai paar sekondes saam
1 blikkie tuna (gedreineer)
1 blikkie mossels
peri-peri of rissiepoeier na smaak.
2 kp Gerasperde kaas vir die witsous
1 kp Italiaanse kaas van jou keuse om bo oor te strooi

Maak witsous van melk waarin skelvis gekook is maar pasop vir te veel sout (skelvis is reeds sout).
Gebruik  2 eetlepels botter, 3 eetlepels meel en ongeveer 2 koppies melk om die witsous te maak.
Smelt die botter, roer die meel by dat dit ‘n pasta maak en gooi die lou warm melk by terwyl jy klits.  Kook deur tot die sous lekker dik is, pasop vir aanbrand.  Mikrogolf werk net so goed, roer net gereeld sodat daar nie klonte vorm nie. voeg die 2 kp kaas by en meng deur. Sit eenkant neer.
Indien die sous te dun is, pas net die meel bietjie aan.
Braai die uie in olyfolie tot deurskynend en voeg die tiemie, peri-peri en knoffel by, roer en braai net vinnig deur.
Meng macaroni, gevlokte skelvis, blikkie tuna, blikkie ongedreineerde mossels, uie mengsel en witsous. Skep in gesmeerde oondbak, strooi 1 kop harde italiaanse kaas bo-oor en bak tot gestol en goudbruin.
Nota:  Parmesan of mozzarella, werk baie goed maar enige italiaanse kaas van jou keuse..
HEERLIKE ALTERNATIEF OP DIE GEWONE.
Resep en foto geplaas deur Annetjie van Huyssteen
2de Foto:  Adam Cloete – gedoen met Cheddar kaas




Kolstert

Diplodus_sargus_helenae

Ek vlek kolstert van rugkant af oop, verwyder derm en kieue, spoel af met skoon water, gooi growwesout op vleiskant van vis en laat le vir 15minute met sout, spoel weer af. sit vis in oondpan smeer vleis met knoffelbotter, en lekker growwe swart peper, kan ook bietjie suurlemoensap opdrup. bak nou vis in oond by 180grade oop tot gaar, ek maak snoek ook so gaar. Moet net nie vis te droog bak nie.
6 minutes ago via mobile · Like

Jy kan ook die skubbe afkrap, vis in porsies sny, rol dan in eier en gegeurde meel en bak in olie in jou breaaipan of op stoof in pan met olie.




TUNAGEREG

1383519_595571413814020_624188038_ntested 

TUNAGEREG OF TUNAROL
500 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
5 ml witsuiker
2 ml sout
125 ml gerasperde kaas
125 ml sonneblomolie
125 ml melk

Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam.
Voeg die kaas by en meng.
Klits melk en olie saam.
Sny dit met ‘n slaplemmes by die droë bestanddele in.
Druk die frummels aanmekaar om deeg te vorm.
Rol deeg op meelbestrooide werkplankuit in ‘n reghoek van 40 x 30 cm.

Vulsel:
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
2 hardgekookte eiers, gerasper
gekapte ui
knoffel na smaak
tobascosous na smaak
sout en peper
mayonnaise om mee te bind
gekapte pietersielie vir bo-oor

Meng die tuna, eiers, ui, sout, peper, knoffel, tobasco en mayonnaise.
Smeer vulsel op die deeg en rol die deeg oorlangs soos ‘n rolkoek op.
Plaas in gesmeerde oondbak.
Sny die boonste lagie deeg soos brood met skerp mes maar moenie skywe heeltemal deursny nie.
Bestryk die rol met melk en strooi pietersielie oor.
Bak 30 tot 45 min in voorverhitte oond by 180°C tot gaar en goudbruin.
Dien dit warm op.

Foto en resep: Gideon Louw




CHEESY FISH BAKE ALA ADRI

2013-10-15-cheesyfishbaketested

CHEESY FISH BAKE ALA ADRI

Ons was gisteraand lus vir iets visserig, toe pas ek ‘n resep (wat ek waarskynlik hier gekry het) effens aan, ons het lekker geëet!

1 blik sardyne in tamatiesous
1 blikkie tuna, gedreineer
1 pak (500 g) macaroni
1 ui, gekap
1 teelepel gekapte knoffel
± 10 gekapte spinasieblare
1 koppie water
1 pakkie Floyd’s cheesy vegetable bake cook in sauce
½ koppie gerasperde cheddar

Kook die pasta. Braai die ui en knoffel tot deurskynend. Meng die pakkie sous met die water en voeg saam met al die bestanddele (behalwe die pasta) by die ui en knoffel. Kook vir 10 minute. Gooi alles oor die pasta in ‘n oondbak, strooi die kaas oor en bak teen 180° vir 15 minute.

Foto en resep geplaas deur Adri van Staden




Viskoekies

 

viskoekies Marianne

2 blikke 425 g tunavis
1 ui fyn gekap
1 Tamatie baie fyn gesny en pitte en sap verwyder
Taamlik baie pietersielie ook fyngekap
6 middelmatige aartappels – gekook en fyngemaak
suurlemoen pepper en sout na smaak

Meng alles deeglik en maak n redelike koekie en bak in bietjie olie tot bruin en gaar. ek bak myne nogal stadig sodat die uie n bietjie kan gaar word

Marianne Jacoby



GEROOKTE ENGELVIS PASTEI

1378740_10202053578290917_563454749_n
3 k gevlokte gerookte engelvis
4 eiers
3 k melk
2 E bruismeel
paar gekapte peppadews
1 k gerasperde cheddarkaas
1 E fyngekapte vars dille
1 t engelse mosterd
1 t gerookte paprika
1 ui gekap en liggies gebraai

Meng alles . Voer tertbak uit met broskors deeg en prik die bodem. Sit vulsel in en bak by 180 g vir 30-35 min tot gaar en gestol. Hierdie is my eie resep.

Martie Fourie Moolman