TUNA MANDJIES VAN BROOD


TUNA MANDJIES VAN BROOD
Sny die korsies van 6 snye witbrood af.
Rol die brood plat met koekroller en verf al 2 kante met sonneblomolie.
Sny brood in helfte en dan weer in die helfte (om 4 kwarte te hê).
Druk vas in klein kolwyntjie panne. (4 punte in lug)
Bak teen 200°C vir 15 min.

MENG:
1 blikkie tuna in soutwater (water afgegooi)
50 ml mayonnaise
20 ml tamatiesous
Skep teelepels vol in broodmandjies.
Sit halwe baba tamatie met pietersielie blaartjie bo-op.
MAAK: 24 happies.
HEERLIK!!!
Foto en resep: Katie Taljaard-Du Toit




PIKKIE SE JALAPENO POPPERS


PIKKIE SE JALAPENO POPPERS
Jalapeno’s
spring onion and chive roomkaas
meel gemeng met aromat, om in te doop
200 ml melk, om in te doop
broodkrummels
olie vir diepbraai

Ek het Lancewood se “spring onion and chives” roomkaas gebruik (jy kan enige geur gebruik).
Ek het meel, sout en en aromat saam gemeng. (Ek het eers net bietjie meel gebruik). In ‘n ander houer jou melk.
Broodkrummels (ek het my eie gemaak)
Jalapenos van bo na onder oopgesny en pitte verwyder. My roomkaas ingesit, lekker vol. Doop jalapeno in melk en dan in meel laat rus 10 minute, herhaal 1 keer.  Doop dan in die melk en broodkrummels, laat rus weer in die yskas.  Braai in matige olie 2 minute. Dreineer op kombuispapier.
Resep en foto: Pikkie de Beer Els




KAASWORS SMULHAPPIES


KAASWORS SMULHAPPIES
Kaaswors in happie grootte
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
150 ml melk plus minus
25 ml suiker
‘n knippie sout

Meng alles saam en doop die stukkies wors daarin en bak in vlak olie vir ‘n paar minute.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




UIE EN JOGURTKAAS BALLE


UIE EN JOGURTKAAS BALLE
Sjef Liezl het gistraand vir ons die uie en jogurtkaas balle oppie kole in die rooi pannetjie gebak.
Dit was vir ‘n oudurfie en tog te lekker.
14 piekeluietjies, wat uitgehol is
1 potjie jogurtkaas
eier, meel en krummels, om uietjies in te rol

Stop die uitgeholde uie met die jogurtkaas en rol dit in die meel, dan die eier en dan die krummels
Bak dan in vlak olie tot mooi goudbruin en siedaar.
Ons het dit gedip in ‘n mayonnaise,  knoffel en stiracha sous.
(jogurt kaas: dit is ‘n kaas wat Liezl gekoop het by ‘n kersmark, dit is soos ronde balletjies wat gegeur is en in ‘n potjie olie – jy geur kos daarmee)
Foto: Gideon Louw
Resep: Liezl Louw




BOERE SAMOOSAS


BOERE SAMOOSAS
1 groot ui, fyngekap
25 ml olie
250 g maalvleis
10 ml kerrie poeier
5 ml borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
100 g botter/ kamertemperatuur
± 100 ml koue water

Braai ui oor matige hitte tot sag. Voeg maalvleis by, roer met vurk tot los en braai tot gaar. Voeg kerriepoeier, borrie en sout by en braai 5 min. Maak mielieblom aan met bietjie water tot pasta, roer by vleismengsel en kook tot dik. Laat afkoel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in meelmengsel in.
Sny die water met ‘n slaplem mes in, gebruik genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm.
Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels, 9 cm in deursnee uit.
Skep teelepelsvol vulsel op elke sirkel.
Maak die rande van die deegsirkels klam met koue water. Vou die helfte van die deegsirkel oor die vulsel en druk die boonste rand styf op die onderste rand vas.
Braai die tertjies in warm, diep kookolie tot uitgerys en goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Resep geplaas deur Louise Groenewald
Foto: Rista Dykes Du Plessis




CHEESE MARMITE TWISTIES


CHEESE MARMITE TWISTIES
Puff Pastry
Cheese Spread Marmite
1 eier
gerasperde Chedder kaas (of Parmesan kaas poeier of vars)

Rol jou deeg uit oor ‘n meelbestrooide oppervlak.
Smelt ‘n ¼ koppie van die Cheese Spread in die mikrogolf oond (net sodat dit makliker oor die deeg smeer – moet nie skaam wees met die smeer nie).
Strooi die gerasperde kaas (of sprinkel die Parmesan kaas poeier) oor.
Sny nou die gesmeerde deeg in repies.
Gee elke repie ‘n draai en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Borsel die geklitse eier oor elke “Twisty” en bak in die oond teen 120°C tot ligbruin.
Sprinkel weer ‘n bietjie Parmesan of gerasperde kaas oor die warm “Twisties”.
Koel af en bedien met ‘n lekker doopsous van jou keuse.
Wenk:
Ek hou van broodstokkies met roomkaas doopsous of avokado doopsous.
Resep geplaas deur Minouise Vd Merwe




SNACKLE DOPPIES MET VULSELS


SNACKLE DOPPIES MET VULSELS
(Maak 6 dosyn)
1 eier
½ koppie melk
½ koppie water
1 koppie koekmeel
knippie sout

Klits eier, melk en water saam.
Voeg meel en sout by en klits baie goed.
Laat rus vir 30 minute.
Doop warm snackle yster in deeg en bak in diep olie tot gaar.
Dreineer op handdoek papier.

Komkommer en eier vulsel vir snackle doppies:
(Vul 3 dosyn doppies)
2 koppie komkommer (pitte verwyder, gerasper en gedreineer)
2 gekookte eiers (fyn gedruk)
2 eetlepels mayonnaise
Sout en Peper na smaak

Verwyder pitte van komkommer, rasper en gooi in sif om goed te dreineer. Meng met res van bestanddele en skep in doppies.

Salm vulsel vir snackle doppies:
(Vul 3 dosyn doppies)
1 blikkie pienk salm
2 eetlepels sandwich spread
2 eetlepels mayonnaise
Swart peper na smaak

Meng alles goed deur en skep in doppies.
Resep geplaas deur Bets Lourens
Foto: Bets Lourens




BETS SE KOEKSISTERS MET WARM STROOP


BETS SE KOEKSISTERS MET WARM STROOP (Vries Goed!!)
(Bolletjies gemaak vir die platters – in die middel)
Deeg:
200 ml melk
50 ml wit asyn
2 eiers
4 koppies koekmeel
2 eetlepel margarien
2 eetlepel bakpoeier
1 teelepel sout

Gooi asyn by melk.
Breek eiers in melk en vul aan met nog melk tot 400 ml.
Vryf margarien in meel.
Gooi bakpoeier en sout by.
Gooi eier en melk mengsel by.
Meng en knie die deeg vir 10 minute lank.
Sit in plastiese sakkie, laat staan vir 3 ure en begin bak!
Doop in warm stroop!

Stroop:
8 koppie suiker
4 koppie water
2 teelepel kremetart
4 eetlepel gemmer
2 eetlepel goue stroop

Kook vir 5 minute saam.
Verwyder van stoof.
Doop koeksisters in warm stroop.
Laat afdrup op afkoelrak.
NS: Pak in skinkborde en vries voordat in houers gesit word, anders vries dit aan mekaar vas!!
Sit ook plastiek tussen die lae.
Resep geplaas deur Bets Lourens
Foto: Bets Lourens




MILO BALLETJIES


MILO BALLETJIES
(Maak 3½ – 4 dosyn teelepel grootte balletjies)
1 pakkie Marie beskuitjies (fyn gekap)
1 blikkie kondensmelk
4 eetlepels Milo poeier
½ koppie klapper
ekstra klapper om in te rol

Maak beskuitjies fyn in voedselverwerker. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Smeer jou hande met bietjie botter of olie en skep ‘n teelepel vol op ‘n slag en rol balletjie. Gooi dan in ekstra klapper om te bedek. Plaas in yskas tot ferm.
Resep geplaas deur Bets Lourens
Foto: Bets Lourens




BULLYBEEF POFFERS


BULLYBEEF POFFERS
(Maak 5 dosyn teelepel grootte)
1 blikkie bullybeef
2 koppie koekmeel
½ koppie melk
2 eiers
2 teelepel bakpoeier
1 klein ui (gerasper)
sout en peper na smaak

Druk bullybeef goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep teelepelsvol in warm olie en bak tot gaar en bruin. Dreineer op handdoekpapier.
Resep geplaas deur Bets Lourens
Foto: Bets Lourens