KITSVETKOEKIES

_KITSVETKOEKIEStested
KITSVETKOEKIES

Kitsvetkoekies gebak – verlang na Moeder en omgeetye…
2 kop koekmeel
2 t bakpoeier
1/2 t sout
3t margarien
1 kop melk
2 eiers
Sif droë bestanddele saam, klits eiers en melk saam.
Vryf margarien in meelmengsel, maak aan met melkmengsel.
Skep lepelsvol in warm olie en bak tot gaar.
Bedien met kaas of stroop.

Bron: Drinie Conradie




RINIE SE LEKKER VETKOEK

GIDEON SE VETKOEKtested
RINIE SE LEKKER VETKOEK
Vroulief het vanaand vir ons vetkoek gebak en voorgesit saam met gister se bobotie en was uit die boeke lekker!
Vetkoek:
5 koppies koekmeel
400 ml lou water
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 eetlepels olie
1 sakkie gis (10 g)
olie vir diep braai

Sif alle droë bestanddele en voeg die olie by die water. Meng dan die water, olie en meel tot ‘n elastiese sagte deeg.
Maak lang worse en druk effens plat en sny in stukke van ±50 x 70 mm, laat rys tot dubbel die grote en diep braai in die olie tot mooi bruin en gaar.
Maak ‘n sny in die vetkoek en vul met bobotie en siedaar nog ‘n heerlikheid !!
BRON:  Gideon Louw




MA ANNA SE BAKPOEIER VETKOEK

MA ANNA SE BAKPOEIER VETKOEKtested

MA ANNA SE BAKPOEIER VETKOEK
6 koppies snowflake koekmeel
6 teeleppels bakpoeier
1 teelepel sout
2 en n half tot 3 koppies koue water.
Olie vir diep braai.
Meng meel, bakpoeier en sout saam en sif.
Maak holte in meel en gooi water by en meng goed tot deeg vorm. Sit op bestrooide oppervlakte en knie deeg vir so 5 min tot elasties en glad.
Sit deeg in bak en laat rus vir so n half uur.
Maak olie warm in pot om te kan diep braai.
Vorm ballietjie deeg druk plat tussen vingers en sit in warm olie, braai tot ligbruin aan een kant en draai om en braai anderkant ook bruin. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sit voor saam kaas en stroop, Kerrie maalvleis of sop.
BRON – Thomas En Brigitte Marx




CHRISTINE SE KERKVETKOEK

Christine se kerkvetkoektested

CHRISTINE SE KERKVETKOEK
Ek het n resep wat al jare saam my kom het altyd vir kerk gebak hang af vir hoeveel mense jy wil bak dan maak jy dit met meer di bestandele

1 kg koekmeelblom,
1 pakkie kitsgis,
1 t sout,halwe teelepel suiker,
1 eier vir nog lekker smaak,lou warm water
1 koppie gebruik water soos wat jy knie
As die deeg nie meer aan jou hande vasit nie en dis goed geknie maak toe moet vadoek of groot linnedoek en sit dit op warm plek
Wanneer uitgerys is maak bolletjies
Sodra olie warm is vat die 1 ste een wat jy neergesit het en trek hom dat jy vier kant maak
Nie te veel trek
Sit in warm olie bak albei kante mooi bruin haal uit ek kry omtrent 10 normale groote vetkoeke uit.

Resep: Christine Scheepers




JOHAN SE VETKOEK IN SKAAPVET

johan se vetkoek in skaapvettested

JOHAN SE VETKOEK IN SKAAPVET
4 koppies meel koek of broodmeel
1/2 pakkie kitsgis
1 eetlepel bruin suiker
2 eetlepels poeiermelk
3/4 teelepel sout en ń knippie gemmerpoeier
4 eetlepels botter
2 koppies louwarm water
Meng alles goed saam en en knie tot ń elastiese deeg laat rys op ń warm plek dubbeld die grootte knie af en bak die vetkoek in warm vet ek het so 1 cm diep vet gebruik
Ek gebruik dieselfde resep om brood mee te bak
Die deeg moet net die pan vol reis en word dan teen 180 grade in vooraf vehitte oond vir 30-40 min gebak
Ek het sommer ń broodjie ook gebak het net 1 koppie meel en bietjie ekstra water vir die 4 vetkoeke bygesit
Bron en foto: Johan Coetzee




LIZAAN SE VETKOEK

Lizaan se vetkoektested
LIZAAN SE VETKOEK

1 kg meel
1 pakkie gis
1 e sout
1 e suiker
90 ml smeer
1 t suurlemoensap
550 ml sterk louwarm water

Voeg alle bestanddele in bak. Voeg water by en knie baie goed (tot jou hande en bak skoon is)
Laat rys deeg
Knie af en maak koeke
Laat rys weer so effe
Bak in warm olie.

Resep: Lizaan Ras le Roux




VETKOEK SONDER GIS


VETKOEK SONDER GIS
Warm water vetkoeke
Bestandele: vir 24 vetkoeke – halveer vir 12.
2 Koppies (500ml ongesif afgemeet) Koekmeelblom
2 Eetlepels suiker (nie opgehoop)
2 teelepels bakpoeier
Knypie sout
2 Eiers
1 koppie warm water
Kookolie vir vlak braai
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers in ‘n aparte mengbak. Klits die warm water by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klop met ‘n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap.
Skep dessertlepels vol beslag in matig warm kookolie in ‘n braaipan. Braai die vetkoek totdat die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin kan braai. Plaas die Vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer. Sit die Vetkoek warm voor met botter en heuning of appelkooskonfyt óf met maalvleis
Bron: Petra Nel
Foto: Adam Cloete




GILLIAN SE MAKLIKE VETKOEK

11138147_10153443290032831_169185986582111672_ntested
GILLIAN SE MAKLIKE VETKOEK
1 pakkie self raising flour (500g)
1 koppie amazi
Bietjie sout
ongeveer Kwart koppie of minder olie

Meng alles saam
Breek in Palm grootte. Rol plat uit
Sit genoeg olie in ‘n pot op die stoof dat vetkoek kan dryf, maak warm.  Toets met klein stukkie deeg, as jy dit in die olie gooi moet dit dadelik opkom. Moenie die olie te warm of koud maak nie.
Plaas in olie – blaas op in olie as jy afbak…. bak tot mooi bruin en gaar

Foto en resep: Gillian Bird




ELIZABETH SE HAMBURGER VETKOEK

hamburger vetkoek1hamburger vetkoek2hamburger vetkoek3tested
ELIZABETH SE HAMBURGER VETKOEK

Lui Vrydagaand kossies!
Patties klaar gaar gemaak
Genoeg kaas,
Gesnyde tamatie,
blaarslaai en
sous van jou keuse

Ek het sommer winkeldeeg gekoop. Als in deeg gepak en toe gebraai in diep olie.
Dit het nogal wonderlik uitgekom, ek sal dit weer doen.
Dien op met tjips

BRON EN FOTO: Elizabeth Haupt




BETSIE SE SWEETCORN VETKOEKIES

2015-10-31-betsiesesweetcornvetkoekiestested
BETSIE SE SWEETCORN VETKOEKIES
2 geklitste eiers
125 ml melk
60 ml fyngekapte pietersielie
500 ml bruismeel
1 t bakpoeier
Sout en peper na smaak
1 blik sweetcorn
1 blik pitmielies
Olie om in te bak

Meng nat bestanddele, voeg dit by droe bestanddele saam met die sweetcorn en pitmielies (water afgegooi) en whala bak soos vetkoek….glo jy kan dit seker in muffinpan ook bak…lekker eet
Resep en foto: Betsie Ferreira