CATHLEEN SE GROOTMAAT VETKOEK

CATHLEEN SE GROOTMAAT VETKOEK
Maak ongeveer 27 – 30 vetkoeke
2, 5 kg koekmeel
1 eetlepel sout
1 eetlepel droë gis, lepel nie oorvol wees nie
½ koppie suiker
1 liter louwater

Meng alle droë bestanddele met louwater.  Nie te warm nie, en nie te koud nie. Dit moét lou wees. Knie tot niks meer deeg aan jou hande is nie. Nie te styf nie ook nie so pap nie. Laat staan dat kan rys. Dit vandag so 2 ure gevat om te rys. As klaar gerys, sny porsies op jou tafelblad met meel bestrooi. Bak in warm olie. As jy sien dit begin bruin raak, draai om. Dis maar eenvoudige resepie.
Resep en foto:  Cathleen Februarie




TASCHA SE VETKOEKVLEGSELS

TASCHA SE VETKOEKVLEGSELS
1 kg koekmeel
1 pakkie gis
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
Genoeg lou water om hanteerbare deeg te vorm (ongeveer 600 ml)

Meng al die bestanddele en sit op ‘n warm plek om te rys.
Knie af en laat weer rys.
Sny reghoekige stukke wat jy dan in 3 bene sny. Vleg en knyp die bene onder vas.
Laat weer so 15 min rys.
Bak in matige warm olie tot bruin beide kante.
Resep en foto:Natascha de Jongh




JOHANNA SE BROOD DEEG

JOHANNA SE BROOD DEEG
Ek het brood geknie vandag en my eie bunny chow gemaak en dit was heerlik.
6 koppies meel
1 teelepel suiker
3 teelepels sout
1 pakkie kits gis (10g)
800 ml lou water

Gooi alles bymekaar en gooi water by, eers 500 ml by en daarna bietjie bietjie tot jy n lekker knie deeg het.
Knie vir so 5 min tot elasties.
Maak toe laat rys.
Knie weer af na gerys het, laat weer rys.
Knie dan weer af as hy gerys het en maak balletjies en sit in Teracotta potte en laat rys.
Laat oond vooraf warm word op 180 grade C en bak vir 25 min.
Foto en Resep: Johanna Viljoen Zwiegelaar

Vannaand weer lekker boepens vetkoek en mince gemaak en ek eet dit skoon sonder enige iets op. Ek gebruik my brood resep.




VETKOEK IN OOND GEBAK

VETKOEK IN OOND GEBAK
Ek het iets nuuts probeer vandag, ‘n ander manier om vetkoeke te bak. Dis nie in olie gebak nie dit in die oond gebak.
2 koppies meel
2 eetlepels (10 ml) bakpoeier
(of vervang die meel en bakpoeier met self raising meel)
1 eetlepel suiker
1/2 t (2 ml) sout
1 koppie (250 ml) melk
2 eiers

Genoeg olie vir bak in die oond.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. OF
(Self raising meel en sout saam)
Klits eiers, melk en suiker saam.
Meng droë bestanddele saam, gooi dan jou melk en eiermengsel in en meng baie goed deur tot ‘n sagte deeg. Jy kan nog melk by gooi as jy wil.
Smeer bak met botter of spray met “spray and cook”.
Gooi bestanddele in ‘n bak en sit oond op 180°C.
(Vierkantige glasbak – 21 cm)
Laat dit bak so 30 min, hang af hoe vinnig jou oond is.
Klaar gebak, haal uit en laat dit afkoel of kan warm bedien, sny in blokke soos aangedui.
Kan met kerrie, kaas, jam of stroop bedien.
Resep en foto: Jolene Smith




DOMINIQUE SE MAKLIKE VETKOEKIES

DOMINIQUE SE MAKLIKE VETKOEKIES
Vinnige maklike vetkoekies nou sommer vir lunch gemaak. My kids is mal daaroor en is sag en pof binne en nie olierig nie. Geen gis nodig.
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 koppie water
2 eiers
1 eetlepel suiker

Meng droë bestanddele in jou mengbak en in ‘n aparte bak meng water, eiers en suiker. Roer nat bestanddele in by droë bestanddele. Deeg moet slap en bietjie loperig wees. Maak jou olie baie warm en sit jou plaat op ‘n redelike lae hitte, ek vat myne van 8 af na 3-4. Laat olie bietjie stadig afkoel, sodat dit nog bruis as jy jou bolletjie insit. Met ‘n “nie groter” as ‘n eetlepel lepel, skep deeg en laat loop af in jou olie in. As dit te groot is, kom dit rou binne uit.
Laat vetkoek dan stadig gaar word, as dit te vinnig braai, brand dit en kom rou uit. Dit trek glad nie olie soos gewone vetkoek nie, so steek maar met ‘n mespunt om te kyk of die deeg gaar is voor jy dit uithaal. Dit vat my minder as ‘n halfuur om ‘n groot bak vol te maak met ‘n dubbel beslag.
Kids is mal daaroor omdat dit ‘n soet smakie het en gepof en sag is. Sit gerus bietjie kontyt of stroop op, dis heerlik.
Resep geplaas deur Dominique Oosthuizen
Foto:  Rina Kleinhans
Nota: Ek het die resep halfveer en ‘n halwe teelepel bakpoeier ekstra bygesit, en kon 8 klein vetkoekies uitkry… regtig baie baie lekker

Foto: Ronell Muller Boshoff – Ek het bruismeel en loumelk gebruik nie water nie.

 




WENK OM VETKOEK TE BAK MET GEKOOPTE DEEG

WENK OM VETKOEK TE BAK MET GEKOOPTE DEEG
Vir almal wat so sukkel om vetkoek met gekoopte brooddeeg te bak.
Hier is hoe ek dit doen
Koop die deeg vroeg genoeg en los sommer in die sakkie om te rys. Ek los dit sommer so op die kombuistafel
As die sakkie styf span van die deeg is dit reg om te gebruik. As dit nog te vroeg is kan jy dit eers in die yskas bere sodat die sakkie nie bars nie. Haal dan net vroeg genoeg uit om weer kamer temperatuur te word voor jy dit bak
Gooi klein biki olie op die tafel uit en gooi die deeg uit die sakkie op die olie. Draai deeg om dat altwee kante vol olie is.
Druk liggies platter. Ek sny dit dan (ons eet sommer vierkantige vetkoeke)
Ek gebruik sommer die deeg se sakkie en skeur 2 kante oop dat hy plat is en sit dit oor die deeg dat dit nie uitdroog nie
Maak jou olie warm (medium hitte) as n stukkie deeg begin borrels maak in die olie is dit reg. Ek bak dit in my braaipan dan kan ek klomp op n slag maak.
Genoeg olie dat die vetkoek dryf en nie op die bodem le nie
Draai af en toe om tot dit is soos jy dit wil he. As ek met die agterkant van n lepel of vurk op die vetkoek tik en hy klink hol behoort hy reg te wees
Braai eerder bietjie langer op laer hitte dat hy deurgaar word as wat hy buite te donker word voor hy binne gaar is.
Ons het dit met kerrie maalvleis geeet. En die wat oor is het ek gevul en in plastiese sakkies in die vrieskas gesit vir vinnige middagetes om in die mikrogolf te verhit.
Wenk en Foto: Erna Van der Merwe

NOG WENKE
Erna Van der Merwe
Ek het die deeg al ‘n stukkie platgedruk. Dan sit ek tamatie, kaas en uie in en vou toe. Dan braai ons dit so met die vulsel. Dit is baie lekker so.
Marieta Beeselaar
Om roosterkoek te maak, druk ek die deeg net plat met die hand. Strooi met meel, skud net ergste af en braai.
Maggie Howell
Ek rol my deel met ‘n koekroller en sny sommer kleiner. Dit maak ‘n lekker hol dop vir mince of wat mens ook al wil insit. Ek maak soms bite size vir werk met tuna en mayonnaise.
Linda van Niekerk
Ek gebruik dit ook vir brood. Ek knie bietjie margarien in die deeg, dan is dit ook lekker die volgende dag. Sag!
Elsabe Bird
Voordat ek die deeg in die olie sit om te braai, rol ek elkeen plat met ‘n koekroller, dan pof dit op en word hol sodat dit maklik met maalvleis gevul kan word.
Ronell Muller Boshoff
Sonneblom olie. Ek draai my vetkoeke ook net een maal om. Druk net ‘n sosatie stokkie in vir toets en haal uit . Vetkoek bak vinnig en ek bak grotes en genoeg olie en werk met geen meel nie.
Paul Horsford
Ek maak myne amper so, maar gebruik meel in die plek van die olie. Koop, laat rys, strooi meel op blad, haal deeg uit sakkie en rol in die meel, dan rol ek plat met koekroller waarna ek dit in blokke sny. Sodra olie reg is, plaas ek deeg daarin en draai dit gereeld, vorm dan ‘n oulike sakkie vir die mince of konfyt en kaas.
Hanlie Sanders
Ek maak so met deeg wat ek self ook knie. Ek rol dit partykeer platter dan maak dit so lekker hol boepens vetkoek, net reg vir vul met jou gunsteling vulsel.




ELSIE SE VETKOEK VERRASSING

ELSIE SE VETKOEK VERRASSING
Ek het vandag 38 vet koeke en 5 cheese long.
2,5 kg koekmeel
3 pakkies kits suurdeeg
2 t sout
4 eetlepels suiker
± 1,5 L louwarm water
Meng droë bestanddele, voeg lou warm water by en knie tot glad. Smeer deeg olie . Laat rys, knie af en maak vetkoeke. Vir cheese long, vat een vetkoeke bal en bedek ontvrieste cheese griller. Bak in warm olie tot lig bruin.
Bron en foto: Elsie Lues




LENORE SE VETKOEK

LENORE SE VETKOEK
1 ½ kg koekmeel
1 pakkie gis
sout en suiker na smaak
150 gram margarien
1 eier
500 ml water en 250 ml lou lou melk wat gemeng is

Knie 15 minute. Laat rys vir half uur.
Knie deeg af en laat rys weer vir 15 minute.
Knie af en maak in bolletjies.
Laat rys half uur en bak in lekker diep warm olie
Resep en foto’s: Lenore Combrink
Rina Kleinhans: Lenore baie baie dankie nou wil ek net iets by jou ook hoor wat hulle al hier op die groep bespreek het, as jy die vetkoek optel om dit in die olie te sit, watter kant sit jy eerste in die olie, en trek jy weer die vetkoek plat of sit jy hom net so in asb?
Lenore Combrink: Hi Rina I put the bottom in the oil and don’t strength it, I fry as is I lift it with a spatula.




KNOFFEL VETKOEK VARIASIE

KNOFFEL VETKOEK VARIASIE
3 k koekmeel
1 t bakpoeier
½ pakkie gis
1 t sout
4 e margarien
1 e gemaalde knoffel
2 t knoffel vlokkies
Meng margarien goed deur mengsel en voeg water by. Knie tot ‘n elastiese deeg.
Laat rys vir 2½ uur.  Vorm vetkoeke
Bak in diep olie.
Vervang knoffel met 1½ e anys of 2 e “all in one curry” of 2 e chakalaka.
Vier soorte smaak vetkoeke.

Bron: Danie Barnard Snr




VETKOEK VIR 2 MENSE

VETKOEK VIR 2 MENSE
Lewer 6-7 vetkoeke
2 k koekmeel
1 tlp sout
1 pakkie kitsgis
1 tlp bakpoeier
1 tlp asyn
50 ml kookolie
200 ml louwater
Knie goed en laat rys tot dubbel. As jy ‘n broodmasjien of Kenwood het gebruik dit om die deeg te knie. Anders sal jy maar moet GOED knie.
Strooi die oppervlakte met maizena (mielieblom) en rol dan die deeg uit en druk uit met ‘n glas.
Bak dan in die warm olie. Olie moet nie te warm wees nie, anders is die vetkoek aan die buitekant gaar en nog rou binne.
As jy hierdie vetkoek hol wil hê, dan gebruik jy ‘n lepel en skep die warm olie op die vetkoek sodra jy dit in die olie gesit het.
WENK:
Indien jy die resep vermeerder MOENIE die suurdeeg verminder nie, ek dink dit is waar die geheim lê.
1 pakkie suurdeeg is genoeg vir 1 kg koekmeel om te rys. So baie mense mag dalk dink die resep klink na baie suurdeeg. Maar ek dink dit is waar die geheim lê 2 koppies meel, met die koppie geskep in die houer, nie met ‘n lepel vol geskep nie en 1 pakkie suurdeeg.
Dan gebruik mens 2 bottels van 750ml kookolie sodat die olievlak diep genoeg is.
Ons oumas het nie termometers gehad om die olie se temperatuur mee te meet nie. So wat het hulle gedoen?
Maak die olie warm en gebruik dan ‘n klein toetsstukkie deeg om te kyk of die olie warm is.
As jy die stukkie deeg ingooi, moet dit amper onmiddelik na bo kom. As dit onder bly lê, is die olie nog nie heeltemal warm genoeg nie. Gee nog ‘n minuut of so en toets weer.
Die vetkoek moet ook nie dadelik bruin word nie, dan is die olie te warm.