MARIE SE VETKOEK


MARIE SE VETKOEK
Vanmiddag die heerlikste vetkoeke gebak. Bedien met maalvleis, kaas, tamatie, konfyt en kaas! Net reg vir rugby en lekker smul voor TV! Aldus Marie.
400 ml louwarm water
15 ml suiker
15 ml olyfolie
7,5 ml sout
1 pakkie kitsgis
3 koppies koekmeel of broodmeel
Knie met elektriese klitser met deeglemme vir omtrent sewe minute of met hande vir 10 minute. Laat rys tot die deeg verdubbel het in grootte. Knie af en rol in worsvorm, druk plat en sny vetkoeke in lengtes so groot soos verkies. Laat weer rys vir sowat 20 minute en bak in warm olie tot goudbruin!

Foto en resep: Marie Bateman.




GROOTMAAT VETKOEKE


GROOTMAAT VETKOEKE
Graag plaas ek my moeder se vetkoek resep.
Ek kry tussen 55 en 60 groot vetkoeke, my drukker is 10 cm by 10 cm.
Jy kan resep halfveer en ook in kwarte opdeel.
5 kg koekmeel
5 eetlepels sout
5 eetlepels witsuiker
400 ml sonneblom olie
4 pakkies droë gis (pers of groen)
4 eiers
3.2 liter louwarm water

Sif droë bestanddele saam, voeg die gis by, meng die olie en eiers saam, gooi by die droë bestanddele. Voeg nou jou water geleidelik by en begin te meng tot sagte deeg, knie vir omtrent 10 min tot elasties. Ek gooi altyd meer water ek hou van ‘n sagte deeg, dan rys dit makliker en blaas ook beter, laat staan om te rys vir so 50 min op warm plekke. Keer uit op geoliede werksoppervlak, druk plat met handpalm tot so 1.5 cm dik, sny in blokke of rond, pak op skink bord om ‘n 2 de keer te rys. Wanneer jy hul in die warm olie sit, gooi dadelik warm olie oor, as jy sien dit blaas op, keer dadelik om, dit sal nog wit wees aan die onderkant, maar dit is reg, bak beide kante tot mooi bruin en gaar.
Nota: Met ‘n vierkantige drukker mors ‘n mens baie min deeg, met ‘n ronde drukker is daar baie mors tussen in, jy kan weer daardie off-cuts in ‘n bol vorm, maar ek het gesien so na die 2 de keer raak die deeg taai en wil nie meer ‘n lekker vetkoek maak nie.
Resep en foto: Magda van der Merwe




BAKPRO VETKOEK


BAKPRO VETKOEK
1 kg bakpro vetkoek flour
10 g yeast
150 g white sugar*
15 g salt
600 ml water
750 ml oil for frying

Mix all dry ingredients together.
Add the lukewarm water to form a soft dough.
On a lightly floured surface, knead the dough until it is smooth and elastic. Cover and leave to rest for 60 min.
Knock the dough down, divide it into desired size. Place on greased baking tray, leaving enough space between them to rise. Cover and leave to rest for 15 min.
Bake fat cake in deep oil until cooked and golden brown.
*Nota: ek maak gewoonlik  die suiker minder, anders is dit ‘n bietjie te soet.
Recipe posted by Melandie Gabrielsen
Photo: Melandie Gabrielsen




VETKOEK MET RUSSIAN


VETKOEK MET RUSSIAN
500 ml koekmeel
500 ml broodmeel
10 ml sout
10 ml suiker
1 pakkie kits gis
350 ml lou warm water

Meng alles saam en knie vir 5 minute. Laat rys tot dubbel die volume. Knie weer en rol uit. Plaas worsie in ‘n lagie deeg. Laat staan so 15 minute en braai in warm olie.
Resep geplaas deur Silvia Van Eck
Foto: Silvia Van Eck




BROODDEEG VETKOEK


BROODDEEG VETKOEK
Die brooddeeg vetkoek was ook ‘n paar jaar gelede in Huisgenoot, Ster Resep. Baie lekker en lekkerste van alles geen knie! Jy roer dit met ‘n vurk, skep lepelsvol in diep olie en ‘n bonus: vries baie goed.
10 ml suiker
10 ml korrelsuurdeeg
125 ml sterk lou water
8 x 250 ml koekmeel
500 ml volkoringmeel
15 ml sout
1 liter lou kraanwater
olie vir diepbraai

Los die suiker en suurdeeg in die 125 ml water op en laat dit rys tot skuim.
Meng die koekmeel en volkoringmeel en sout en roer die suurdeegmengsel in met 2 tand vurk.
Voeg die liter water by en roer met vurk tot gemeng.
Bedek skottel en laat rys.
Roer die deeg weer met vurk.
Skep lepelsvol van deeg in warm diep olie.
Bak tot goudbruin.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling




VETKOEK GEBRAAI IN SKAAPVET MET KAIINGS


VETKOEK GEBRAAI IN SKAAPVET MET KAIINGS
Vetkoek:
500 g witbroodmeel
500 g bruinbroodmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
15 ml (1 eetlepel) sout
± 500 ml (2 koppies) water
15 ml (1 eetlepel) skaapvet
uitgebraaide skaapvet om in te bak

Meng al die bestanddele deur die wit- en bruinbroodmeel, die kitsgis, sout, water en die skaapvet goed deur te werk. Knie deeglik, bedek met ‘n deegkombers en laat dit vir 45 – 60 min rys tot dubbel die grootte. Rol die deeg in bolletjies, bedek dit weer met ‘n deegkombers en laat dit vir ongeveer 1 uur verder rys.
Verhit nou die vet en sit die deegbolle een vir een in die warm vet. Bak tot aan albei kante goudbruin.
Skep uit en laat afkoel. (gebruik jou eie vulsel)

Kaiings:
1 kg skaapvet
250 ml (1 kop) melk

Maal die skaapvet grof of sny in klein blokkies. Verhit dit stadig in ‘n swartpot, sodat die vet kan smelt. Skep die kaiings af wat bo dryf. Die oortollige vet kan jy gebruik om op brood te smeer. Gooi die kaiings en melk in kastrol, verhit en kook die melk weg tot die kaiings goudbruin braai, dit moet net nie brand en hard word nie.
Foto en resep: Kokkedoor Tessie Els Kemp




VETKOEK OR BREAD DOUGH


VETKOEK OR BREAD DOUGH
Hi everyone. Just want to share my husbands baking skills.
3 cups white cake flour
3 cups brown bread flour
4 tsp sugar
3 tsp salt
1 pkt yeast (purple)
700 ml warm water (not to hot)

Mix dry ingredients together. Add 500 ml water and mix with wooden spoon. Add the 200 ml and knead until pliable. Let rise for 1 hour (under duvet).
Knead again and let rise for another hour.
Then half the dough.
Put one half in buttered bread tin and other half roll out for vetkoek. Let rise again.
Bake bread for 50 min. (In the home made little oven, like the ‘varkie oondjie) or at 180°C. Deep fry vetkoek until golden brown. Enjoy!
Photo and recipe:  Amanda Coetzee




LELANE SE VETKOEKE

LELANE SE VETKOEKE
3 ½ koppie meel
500 ml karringmelk
1 teelepel koeksoda
1 teelepel kremetart
1 ½ teelepel sout
1 eetlepel strooisuiker
3 eetlepel sagte botter

Sif meel in mengbak.
Meng ander bestanddele bymekaar, behalwe botter.
Voeg meel by en meng.
Werk sagte botter by deeg met hande en knie.
Bedek mengbak met cling wrap en laat staan om te rys.
Vorm vetkoeke
Braai in warm olie tot goudbruin en gaar.
Resep: Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt
Nota: Lelane Van Der Walt – Jy kan direk bak Rina, na hy gerys het, ekt weer hom gerol met roller in meel want dis ‘n taai deeg en uitgedruk, maar dis makliker en skep lepels in warm olie. In die koue sit jou mengbak met deeg toegedraai in glad wrap in bak warm water en bedek.




KITI’S HUNGARIN FRIED BREAD – LANGOS

KITI’S HUNGARIN FRIED BREAD – LANGOS
Die ding het ‘n storie. Ek het dit jare terug op ‘n fete geëet. Toe Saterdag op ons local skou, is daar ‘n Hongaarse omie wat dit maak. Toe koop ek weer een. En toe soek ek ‘n resep want ek wou probeer in vetkoek verander. Die deeg self is sagter om mee te werk, en is nie so “taai” soos vetkoek as dit gebak is nie.

1 large potato, freshly boiled, peeled, mashed and kept warm (don’t use leftover mashed potatoes)
12.5 ml instant yeast
5 ml sugar
1 3/4 cups (245 g) all-purpose flour
15 ml vegetable oil
5 ml teaspoon salt
125 ml milk
2 cloves garlic, cut in half
Celery salt

Ensure there are no lumps in your mash. Place freshly mashed warm potatoes, yeast, sugar, flour, oil, salt, and milk into a medium mixing bowl or stand mixer and combine until well moistened.
Switch to the dough hook and knead for 5 minutes or until smooth and elastic. Transfer to a greased bowl, cover and let rise until doubled. (I kneaded by hand, very easy). Divide dough into 8 equal portions. Shape each piece into a smooth ball and place on a lightly floured board. Cover and let rest 20 minutes.
In a large skillet, heat 1-inch canola oil to 180°C. Flatten and stretch each dough ball to really flat. Make 1 or more slits in the centre of the stretched dough. This is traditional and helps to keep the dough from puffing up in the middle and not frying properly. (for vetkoek do not stretch or cut, keep dough about 1 cm thick.
Fry one langos at a time about 2 minutes per side or until golden. Drain on paper towels. (VERY important, otherwise it can be too oily.
Serve hot rubbed with a cut garlic clove and sprinkled with salt (or celery salt). Do not omit the sprinkle of salt, it elevates the lango to superior. Add sour cream and grated cheddar on top if wished.
Or omit garlic and sprinkle with cinnamon sugar.
Or serve with mince, like Vetkoek.
Recipe posted and photo: Kiti Citi




SHAMIEMA’S VETBROODJIES (VETKOEK)

SHAMIEMA’S VETBROODJIES (VETKOEK)
4 cups cake flour
1 pkt (10 g) instant yeast
1 big or 2 small patatoes, mashed
2 tsp sugar
1 ½ tsp fine salt
2 cups lukewarm water

Mix to a soft dough.
Rise for ± 1 hour.
Punch dough and make a long sausage roll and cut it in round balls.
Rise again on lil oil surface.
Fry in oil until golden brown.
Enjoy!
Photo and recipe: Shamiema Daniels Sadien