SJOKOLADE-GANACHE

ganache
SJOKOLADE-GANACHE

Smelt 100g donkersjokolade en 80ml room in ‘n klein potjie.
Roer oor lae hitte tot gesmelt.
Bedek en sit in die yskas vir ‘n uur tot dik, haal uit en drup oor die koek.

 




LEKKER BOTTER VERSIERSEL

botterversiersel 2tested
LEKKER BOTTER VERSIERSEL
Die resep maak genoeg versiersel om ‘n dubbellaag koek of 24 kolwyntjies te versier. (Ons gebruik Stork Bake vir ‘n heerlike smaak, jy kan egte botter ook gebruik indien jy so verkies)

250 g botter (sag/kamertemperatuur)
500 g versiersuiker (gesif)
30 ml melk
5 ml vanilla essence (of geursel van eie keuse)
kleursel (opsioneel)Die groot geheim le in die klits, jy moet die botter klits totdat dit lig van kleur en romerig is voor jy die versiersel bysit.

 

Room die botter tot glad met ‘n klitser.
Voeg die gesifte versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Meng goed en voeg geursel en opsionele kleursel by.
Meng die melk by om dit gladder te kry.
Smeer op koek of kolwyntjies.
Bron:  Petra Pretorius
Foto:  Tertia Cassell

 




MALVALEKKER-FONDANT


MALVALEKKER-FONDANT

Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop. En is heel eenvoudig, en net ‘n bietjie tydsaam om te maak. Wees reg om te knie!

2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
2 tot 5 eetlepels water
1 kg versiersuiker
½ koppie wit botter (jy gaan jou hande en vingers hiermee smeer, so hou dit waar jy maklik en gou daarby kan kom)

NOTA: Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees

Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker: Sit die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30 sekondes, dan weer oop en roer, doen die totdat alles gesmelt het. Dit neem gewoonlik so 2 minute. Gooi nou 3/4 van die versiersuiker bo-oor die gesmelte mengsel.
Bedek jou hande BAIE GOED met die botter,  palms, agterkant en tussen die vingers. Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en gooi die malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel.
Begin knie soos jy brooddeeg sou knie. Dit is baie taai. Hou aan knie en voeg die oorblywende versiersuiker by en knie nog. Smeer jou hande en werksarea met die botter as die mensgel nog vassit.
As die mengsel maklik skeer, is dit te droog, voeg ‘n 1/2 teelepel water op ‘n slag by en knie. Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry. Dit moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur wanneer dit oor die koek geplaas word nie.
Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag. Maar dit kan ook dadelik gebruik word. As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie of nog water moet byvoeg.
Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter, en sit in ‘n plastiese sakkie en dan nog ‘n sakkie wat kan seel, druk oortollige lug uit.
Die fondant hou goed in die yskas vir weke. Onthou jy kan dit voor die tyd maak en bêre, en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig.

Resep geplaas deur Petra Pretorius Seaton




LEKKER SJOKOLADE-VERSIERSEL

TERT SONDER NAAMtested
LEKKER SJOKOLADE-VERSIERSEL
halwe pak versiersuiker
3 eetlepels kakao
3 teelepels botter
sowat 30 ml kookwater

Meng als saam, as jy bietjie dikker wil maak gooi maar nog icing by!
ek gooi altyd hierdie oor my koeke ook wat so drup
RESEP EN FOTO: Riana Du Plessis




COFFEE BISCUIT FILLING

COFFEE BISCUIT FILLING
COFFEE BISCUIT FILLING

1/4 pct margarine,
1/2 cup sugar,
3 tablespoons milk,
1en 1/2 teaspoons coffee essense,
1/2 teaspoon vanilla essense;
mix everything together in a saucepan and stir over moderate heat until sugar has dissolved. boil for 5 minutes. remove from heat and beat with a wooden spoon until creamy
RECIPE: FLOP PROOF COOKING



SJOKOLADE VERSIERSEL MET MIELIEBLOM

tested
SJOKOLADE VERSIERSEL MET MIELIEBLOM
Ek het dit al gemaak en dit is absoluut fantasties, dit is soos ganache. Die resep is die resep van mej Joubert van Bonnievale,

1 koppie suiker
50 ml mielieblom
50 ml kakao
7 ml kitskoffiepoeier
375 ml water
50 ml botter of margarine

Meng alles saam in boonste deel van dubbele kastrol (ek het myne alles net in gewone kastrol gedoen), plaas dit op kokende water en roer aan houdend totdat die mengsel dik is, dit duur ‘n rukkie. (soos ek se myne het ek direk in ‘n kastrol gedoen met ‘n medium hitte en ja dit neem ‘n lang tyd se roer voordat jy die regte dikte kry maar dit is die moeite werd. Laat die mengsel dan effe afkoel en smeer oor koek, myne het ek so bo-oor laat loop teen die kante af, Dit is nie so soet soos gewone versiersel nie, soos ek se dit proe of daar sjokolade in is.
FOTO: Erina Dell




KLAPPERVERSIERSEL

ICING

KLAPPERVERSIERSEL
4 eetlepels margarine
3 eetlepels melk
½ koppie suiker
½ teelepel vanilla
190 ml klapper

Kook margarine, melk en suiker. Verwyder van stoof en voeg die res van die besanddele by. Terwyl warm smeer oor die koek. Stel oons op rooster en sit koek terug in die oond tot mengsel verkleur. Pasop, dit brand maklik.

 




SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL

sjokolade koek riana
SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL
250 g versiersuiker
50 ml botter/margarine
5 ml vanilla
25 ml kakao
2 eetlepels koue water

Room die margarine en voeg die versiersuiker, kakao en geursel geleidelik by. Voeg water by en klits tot baie lig en donsig.

 




LEMOENVERSIERSEL

ICING
LEMOENVERSIERSEL
2 teelepels gerasperde lemoenskil
1 ½ eetlepels lemoensap
60 ml botter/margarien
Knippie sout
2 ½ koppies versiersuiker
1 eiergeel

Room botter/margarine tot dit sag is. Voeg eiergeel en sout by en meng goed. Meng die lemoenskil en sap, en voeg versiersuiker en lemoensap by bottermengsel. Meng baie goed. Die hoeveelheid is genoeg vir ‘n groot laag koek.

 




MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL

mocca versiersel
MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL
1 koppie versiersuiker
3 eetlepels kakao
2 eetlepels sterk koffie
1 eetlepel botter
½ teelepel vanilla
Sout na smaak

Klits die botter en sif die suiker en kakao daarin. Klits dit goed. Roer die koffie, vanilla en sout by. Roer tot dit mooi glad is. Gebruik binne en bo-op koek vir vulsel en versiersel.