SWISS MERINGUE VERSIERSEL


SWISS MERINGUE VERSIERSEL
175 ml gepasteuriseerde eierwitte
680 g versiersuiker
2.5 ml sout
680 g ongesoute botter in 2 cm blokkies gesny*
30 ml vanielje geursel

Plaas die eierwitte, versiersuiker en sout in ‘n groot mengbak**. Klits vir 5 minute totdat dit glad is en al die suiker opgelos is. Skraap die kante van die bak elke paar minute.
Begin nou die blokkies botter byvoeg terwyl jy klits. So een blokkie elke 5 sekondes.
Wanneer al die botter bygevoeg is, voeg die vanielje by. Dit lyk klonterig en lelik op hierdie stadium, maar moenie opgee nie!
Klits vir nog 10 minute totdat die versiersel glad en romerig is.
Jy kan dadelik die versiersel gebruik, of plaas dit in ‘n lugdigte houer in die yskas vir 2 weke.
Jy kan dit ook in die vrieskas bere vir 2 maande.
Laat die versiersel terugkom na kamer temperatuur, en klits dit weer vir so paar minute om dit mooi glad en romerig te kry.
Notas:
*Die botter moet bietjie kouer as kamer temperatuur wees – haal dit uit die yskas so 15 minute voor jy begin met die resep. As jy net gesoute botter het, los die 2.5 ml sout uit.
**Ek het ‘n groot KitchenAid staan menger – ek weet nie of ‘n klein handmenger sal werk vir hierdie resep nie.
Ek gebruik gel kleursel om die mooi helder kleure te kry.
Resep en Foto: Debbie Edwards




RUSSIESE VERSIERSEL


RUSSIESE VERSIERSEL
500 g regte botter
250 g Holsum (vegetable shortening)
2 blikkies kondensmelk
geursel van jou keuse

Jy klits die botter en holsum tot dit lig en meer as verdubbel het in volume, gooi dan enige geursel by soos bv vanilla en die kondensmelk, klits goed tot dit romerig is, dit sal op ‘n stadium lyk of dit “gesplit” het, hou net aan klits en versier.
Al het dit kondensmelk in is dit glad nie oorsoet nie.
Jy kan enige geursel bv. vanilla of karamel of net dit wat vir jou lekker is, byvoeg.
Resep geplaas deur Dina Venter
Foto: Dina Venter




CREMORA VERSIERSEL


CREMORA VERSIERSEL
1 sakkie cremora poeier (400 g)
1 koppie kookwater
Meng goed en verkoel in vrieskas vir 1 uur.
Klits op hoë spoed vir 8 minute.

Voeg by:
2 pakkies kits poedings van jou keuse,  klits goed deur en spuit of smeer op.
Hou sy vorm baie goed!
Resep geplaas deur Venetia Fourie




RONEL SE BAKKERSVLA


RONEL SE BAKKERSVLA
Plaas 2 koppies melk en 1 koppie room in ‘n pot en klein bietjie sout bygevoeg.
Meng 1 koppie water met ½ koppie koekmeel en 1 eetlepel Maizina en 2 eiers.
Wanneer die melk en room kook voeg  die meel en eier pasta by.
Voeg ‘n proppie vanilla essence en suiker na smaak by.
Laat kook totdat vla dik word.
Ek noem dit sommer bakkersvla, want jy kan dit loperig maak of so maak om op ‘n koek te smeer. Ek maak baie keer dit en smeer dit op puff pastry en pak dan vrugte bo-op en bak dit saam met vrugte. Dis baie lekker.
Resep en foto:  Ronel Muller Thoma




GEKOOKTE “ROOMKAAS” VERSIERSEL


GEKOOKTE “ROOMKAAS” VERSIERSEL
1 koppie melk
2 eetlepels meel
Kook dit saam tot lekker dik en laat heeltemal afkoel.

1 koppie botter
1 koppie suiker
1 eetlepel vanilje
Room saam en meng die afgekoelde mengsel by.
Ek was regtig verbaas hoe heerlik en soet dit was
Resep en foto: Lindi Botha Davis




CINNAMON BUTTER ICING


CINNAMON BUTTER ICING
125 g butter / margarine / Stork Bake
3 cups icing sugar
1 teaspoon vanilla essence
1 tsp Cinnamon

Whisk together. (if you want a stronger Cinnamon flavor, add another tsp)
Recipe posted by Madelein Brinklow
Photo: Madelein Brinklow




SPINASIE VULSEL VIR PANNEKOEK


SPINASIE VULSEL VIR PANNEKOEK
2 eetlepels botter
½ bossie spinasie
1 ui, in blokkies gesny
2 teelepels knoffel
1 teelepel rissie (opsioneel)
1 teelepel paprika
1 teelepel italiaanse kruie
½ koppie room
sout na smaak
varsgemaalde swart peper na smaak
2 wielietjies feta kaas
½ koppie parmasan kaas

Trek die groen blare van die spinasie dik dele af. Sny die dik wit dele in stukkies soos die uie. Snipper die groen blare soos jy verkies.
Braai die uie, dik wit stukkies spinasie are en knoffel tot die dik stukke sag is.
Gooi die room, sout, peper, paprika, kruie en rissie by en roer deur.
Voeg die groen blare by en laat dit verwelp.
Voeg die feta en parmasan by en laat dit afkoel.
Bak jou pannekoeke.
Vul die pannekoeke met die spinasie mengsel en rol op.
Spuit soet rissie bo-oor en geniet!

Vir die pannekoek:
http://www.foodloversrecipes.com/2016/03/petre-se-klein-maat-pannekoek/

Hierdie vulsel sal net so lekker werk in pasteitjies en jaffles.
Foto: Wayne Dugmore




AMARULA BUTTER CREAM ICING


AMARULA BUTTER CREAM ICING
250 g butter
600 g icing sugar
100 ml Amarula

Beat the butter until pale and fluffy.
Add half the icing sugar and half the Amarula. Beat well.
Add the rest of the icing sugar and Amarula and beat A LOT.
The more you beat, the fluffier it gets.

If you want to make this in a different quantity: for every 50 g butter, use 20-30 ml Amarula and 120 g Icing sugar. 30 ml is strong, though, so try 20 ml first and have a taste!!
Recipe posted by Juanri Van Der Walt

AMARULA BUTTER CREAM ICING
4 cups icing sugar
125 g butter
¼ cup Amarula
additional milk

Cream butter until smooth and pale. With mixer on low speed, add the icing sugar (sifted) and Amarula
Mix until combined.
Add milk if too stiff – only an teaspoon at a time.
Recipe posted by: Sophia Erasmus




DIE KOEK TANNIE SE “SWISS BUTTERCREAM”


DIE KOEK TANNIE SE “SWISS BUTTERCREAM”
6 groot eierwitte
360 ml (300 g) suiker
460 ml (240 g) versiersuiker
80 ml (1/3 koppie) melk poeier, cremora
5 ml vanilla essence
500 g botter (moet kamer temperatuur wees)

Roer eierwitte en suiker oor dubbel koker tot suiker kristalle op gelos is.
Klits tot stywe punt en dik en glansend.
Sif versiersuiker in en klits tot styf.
Voeg nou vanilla en melk poeier by en klits weer.
Verdeel botter in 8 dele en voeg een vir een by mengsel. Klop teen hoë spoed.
Moenie skrik as mengsel slap raak na tweede byvoegsel botter, hou net aan met klits, mengsel sal weer dik en glad word.
Skep in versierbuis en versier koek.
Resep geplaas deur Mandy Nel




LEMON AND CARAMEL BUTTERCREAM ICING


LEMON AND CARAMEL BUTTERCREAM ICING
1 ½ cup icing sugar
25 ml butter at room temperature
2 tbs lemon juice
10 ml caramel
10 ml shortening
5 ml vanilla essence

In a mixing bowl add the butter, lemon juice and sugar.
Add the vanilla essence and mix well.
Add the caramel and shortening while mixing.
The buttercream texture must be creamy and fluffy but not runny.
Spread all over the carrot cake and serve!
Recipe posted by Kristie Townsend
Photo: Kristie Townsend