MAAK JOU EIE MAASKAAS
Maak jou eie Maaskaas van afgeroomde melk!
Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik – sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in ‘n gaasdoeklap (cheese cloth material).
Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in ‘n sif oor ‘n bak en plaas ‘n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag. Continue reading