SJOKOLADE LASAGNE POEDING (Suiker vry)

2014-02-01-chocolatelasagnepoeding
SJOKOLADE LASAGNE POEDING (Suiker vry)
Die oorspronklike resep is baie baie soet. Ek het als net vervang met suiker vrye produkte. Daar kom in die volgende:

2 pakke choc chip koekies fyn gemaak,
2-3 pakkies instant chocolate poeding aangemaak volgens die verpakking
1-2 bottels orley whip styf geklits
en 1-2 slabs canderel dark chocolate gerasper

In die volgorde pak jy dit in lae op mekaar. Koekies, instant poeding, orley whip en dan fyn sjokolade tot alles op gebruik is, en heel laaste sjokolade heel bo.
Al die produkte kry jy by Dischem behalwe die orley whip. Dis heeeeeeerlik devine!!!! Die hoeveelhede hang af vir hoeveel mense jy maak. Die bak op die foto is gemaklik vir 10 mense.
Ek laat staan hom nou in die yskas oor nag sodat hy lekker koel is more.

BRON- Elrè van den Heever




FLAT TUMMY WATER

flat tummy water

FLAT TUMMY WATER
1.5 liters filtered water
1 tablespoon grated ginger
1 lemon sliced
1/2 Cucumber sliced
1/3 cup mint leaves
Let mixture infuse overnight
Drink it all the next day.

Foto:  Elize Grobbelaar




GLUTEN-VRYE PLAATKOEKIES

plaatkoekies gluten vry

GLUTEN-VRYE PLAATKOEKIES
2 koppies Gluten-vrye meel
2 eiers
5 eetlepels suiker
1 1/2 eetlepels gesmelte botter
4 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 koppie melk

Klits die eiers en suiker saam.Voeg helfde van die melk en botter by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit by die meelmengsel. Meng.
Moet die mengsel nie roer nadat alles goed gemeng is nie. Bak dit in ‘n goed geoliede pan. Ek drup lepels vol in gesmeede eierringetjies wat binne in die pan is. Bak aan eenkant en as dit bo-op vol lugblasies is, maak dit los van ringetjie en draai dit om..

Geniet met Heuning of lekkerte van jou keuse.
Foto en resep geplaas deur Rina Burger




GLUTEN-VRYE HAM EN KAAS MUFFINS

ham en kaas muffins glutenvry
GLUTEN-VRYE HAM EN KAAS MUFFINS

Dit is ‘n resep van Enterprise Promosies wat ek al jare gebruik en het hom net hier en daar aangepas.
15 ml botter
125 g Enterprise klaar gesnipperde spek
250 ml Glutenvrye Bruismeel
3 ml Sout
10 ml Bakpoeier ( het nog nie glutienvry bakpoeier nie)
1 eier
225 ml melk
50 ml gesmelte botter
250 ml gerasperde Ham
250 ml gesrasperde Cheddarkaas.
Smelt 15 ml botter in pan en braai die spek daarin tot bruin amper bros. Sif bruismeel,bakpoeie en sout in mengbak. Klits eier en melk saam. Smelt 50 ml botter in mikrogolf en maak seker dit is regte hoeveelheid. Voeg eier en melkmengsel saam met die gesmelte botter by ham – en spek mengsel. Voeg gerasperke kaas by en roer deur . Plaas in gesmeerde muffinpanne en bak by voorafverhitte oond van 180’C vir 20minute.
FOTO: Rina Burger




GEMMERKOEKIES VAN PROVITAS

2013-10-06-gemmerkoekiesvanprovitas
GEMMERKOEKIES VAN PROVITAS
Rol 2 provitas fyn met die koekroller.
2 teelepels Sprite Zero
1/2 teelepel gemmer
en 2 sakkies versoeter

Meng deeglik.
Rol 4 bolletjies.
Sit dit op bakplaat en druk plat met ‘n vurk.
Bak teen 200 ºC vir 10 min.
As jy nie van te sterk gemmer hou nie, kan die gemmer verminder word

Ek dink jy kan ander speserye ook gebruik soos kaneel of All spice.
Hierdie koekies op die foto,was 4 dubbeld aangemaak
Foto en resep geplaas deur Dawie vd Heever

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




ERNO SE AANGEPASTE 4 BESTANDDEEL GESONDHEIDS PIESANGBROOD

2013-09-29-ernoseaangepaste4bestanddeelgesondheidspiesangbrood-300x200tested
ERNO SE AANGEPASTE 4 BESTANDDEEL GESONDHEIDS PIESANGBROOD
Hier volg die aanpassing:

Een klein pakkie bruismeel (500ml).
5 middelslag oorryp piesangs (fyn gemaal),
1 Blik Caramel Kondensmelk (360g),
1/3 koppie sonneblom saad
En so 100ml melk (Die melk is nie eintlik nodig nie. Ek het maar gebruik omdat mengsel bietjie droog was. Ek neem aan mens kon dalk net ‘n ekstra piesang of twee ook bygesit het)

Meng alles deeglik saam en skep in twee gesmeerde broodpannetjies. Laat staan vir so tussen 20 -30 minute sodat dit kan rys. Voorverhit oond tot 180 grade en bak dan vir so 20-25 minute (afhangende van stoof gehalte)

BRON- Erno van Dyk




SUIWELVRYE KONDENSMELK

kondensmelk

SUIWELVRYE KONDENSMELK

ek het gelees dat mense wat ‘n suiwel alergie het ook die vlg resep kan gebuik ipv kondensmelk
40ml water
80ml Orley-Whip
160l suiker
15ml mielieblom
200ml cremora (1 op 3 aangemaak)
Knippie sout
2ml xanthan
5ml vanilla essens
Maak cremora aan en meng die water en Orley-Whip in ‘n mengbak.
Klits mielieblom en suiker, wat vermeng is, by tot ‘n gladde tekstuur verkry is.
Voeg die mengsel by die cremora en klits goed.
Voeg ander bestanddele by en kook vir 1 minuut, voeg vanilla by en laat afkoel.
NS: Skep roomlaag af indien gevorm word na opkoking.

Adéle Van Zyl Filmalter




BRUINPOEDING (SONDER EIERS)

bruin poeding marie

BRUINPOEDING (SONDER EIERS)
Baie baie lekker
DEEG
3 eetlepels botter
3 eetlepels gouestroop
2 teelepels koeksoda
1 koppie melk
3 koppies meelblom
Sout

STROOP
6 koppies water
1 eetlepel gouestroop
2 koppies suiker
1 teelepel botter
1 ¼ teelepels gemmer

Plaas alles in ‘n kastrol en kook vinnig terwyl dit goed geroer word. Hou eenkant totdat die deeg gereed is. Stroop moet kokend wees wanneer gebruik word.

DEEG:
Smelt die botter en stroop saam, laat effens afkoel. Los die koeksoda in die melk op en roer by die eerste mengsel. Sif meel en sout saam en voeg by die mengsel. Meng goed. Skep lepelsvol van die deeg in die kokende stroop tot die deeg op is. Laat vinnig kook vir ‘n paar sekondes en dan BAIE STADIG vir 1 uur. Bedien warm saam met lekker vla of roomys.

 




MEATBALLS

FRIKKADELLE
MEATBALLS
1 pound 93% lean ground beef
1 cup uncooked oats (I used the quick cooking kind)
1 egg
1 pkg onion soup mix
Mix and form into 42 one inch balls (about a tablespoon each). Bake at 180 degrees C
for 15 minutes or until no longer pink in the middle.
These are great little meatballs, and they freeze well. Now I don’t feel deprived when I
make spaghetti!
Posted by Cecilia Bedser




British Heart Institute se dieet

hart dieet

British Heart Institute se dieet
DAG 1
(ontbyt) halwe pomelo (of 1/2k pomelosap), 1 sny toast met 2 tl grondboonbotter
(lunch) 1/2k tuna of 2 sardientjies, 1 sny toast
(aandete) 2 snye kouevleis (ons eet warm hoender sonder vel), 1k groenbone, 1/2k beet, 1/2k vanielje roomys en klein appel
DAG 2
(ontbyt) 1/2 piesang, 1 sny toast, 1 eier
(lunch) 1/2k cottage/maaskaas, 5 tuc of provita
(aand) 2 frankfutter, 1/2k brokkoli 1/4k wortel, 1/2 piesang, 1/2k vanilla roomys
DAG 3
(ontbyt) klein appel, 5 tuc of provita, 1 sny cheddar kaas
(lunch) 1 gekookte eier, 1 sny toast
(aand) 1/2k tuna, 1/2k beet, 1/2k blomkool, 1/2 k spanspek, 1/2k vanilla roomys.
NB: dieet werk op chemiese afbreek is is bewys jy kan in 3 dae +-4kg verloor. slegs sout en peper toegelaat en moet niks uitruil nie. droe toast met geen smeer. groente kan gevriesde groente wees tuna in water beter as tuna in olie
Jy kan tee en koffie saam etes drink swart sonder suiker
Ons doen dit Maandag, Dinsdag en Woensdag – dan eet ons normaal Donderdag tot Sondag. Moet net nie oormatig eet nie
My man het in 2005 45kg met hierdie dieet verloor. Dis so ‘n gesonde leefwyse as ons ‘n rukkie bv oor Kersfees oorboord gegaan het, verlang ons liggame na die soort van detoks. Probeer dit gerus

Annetjie van Huyssteen