CLARISSA SE BOELIEBIEF TERT
1 blikkie boeliebief
1 pakkie gesnipperde spek
6 – 8 gerookte worsies
1 ui
knoffel na smaak
2 koppies kaas
3 eiers
Sny ui en braai lekker saam knoffel.
Voeg spek saam en braai tot amper gaar.
Voeg boeliebief by en braai tot spek gaar is.
Voeg gerookte worsies by net om warm te word.
Klits eiers en voeg 3/4 van die kaas by mengsel en meng als goed saam.
Plaas mengsel in oond in vuurvaste bak en strooi res van die kaas bo-oor, bak in die oond op 180ºC totdat die mengsel gestol het.
Resep: Clarissa Schroeder