

CHINESE BIEF MIAMI SOP
5 liter beesvleis aftreksel
8 lekker groot stukke beef brisket, in stukke gesny
2 bossies groen uie
1 gewone ui
5 knoffelhuisies
4-6 ster anys
5 loerierblare
1 groot gemmer wortel, opgesny
3-4 eetlepels vissous
2 pakke egg noodles
sesame olie
5 ml bruin suiker
mielieblom (net genoeg vir sous dik maak)
250 ml soya sous
1 blokkie bees aftreksel
Chinese 5 spice speserye na smaak
Beesvleis aftreksel in lekker groot pot en voeg by die loerierblare, ster anys, 1 pakkie groen uie, gemmer en vis sous by.
Kook alles saam vir 2 ure. As jy sien die aftreksel word minder, gooi water by.
Na 2 ure sit die vleis saam in pot.
Sodra vleis amper sag is, skei die vleis van die aftreksel en skei die groente van die sop, gooi groente weg.
Skep olie bo-op aftreksel af.
Braai die ui, Chinese 5 spice en die knoffel saam met die stukke vleis in ‘n pan. Sodra dit mooi bruin is voeg die soya sous, bruin suiker, bief ekstrakblokkie en peper na smaak by die vleis. Laat prut tot sag genoeg. As dit droog braai, gooi genoeg water by vir vleis om sag te kook. Sodra vleis mooi sag is, gebruik ±10 ml mielieblom in ‘n pasta aangemaak met water om die sous waarin die vleis kook bietjie dik te maak.
In ander pot kook die noodles.
Skep gaar noodles in diep bord, vleis en dik sous bo op die noodles, skep jou sop waarin groente gekook het rondom die vleis en noodles.
Sny res van groen uie op en sit bo-op.
Gooi een teelepel sesame oil bo-oor.
Foto: Maryke Vermeer Clingen