SKAAP SKENKELS MET SUURLEMOEN SKYWE

gigi se lambshank

SKAAP SKENKELS MET SUURLEMOEN SKYWE
1 groot ui, gekap
4 skaap skenkels
90 ml olyfolie
sout
peper
1 knoffelhuisie, gehalveer
60 ml tamatie puree
1 ster anyssaadjie
15 ml koljander
8 tiemie takkies
1 koppie rooiwyn
1 suurlemoen, in skywe gesny
2 koppies vleisaftreksel
Braai die skenkels in die olie tot lekker bruin in n braaipan, geur met sout en peper na smaak. Verwyder die skenkels. Voeg die ui, en knoffel by die oorblywende olie en braai dit tot bruin. Voeg die tamatie, anys, koljander en die helfte van die tiemie by, en braai dit vir n kort rukkie. Voeg die rooiwyn by en kook tot dit verminder. Plaas die skenkels terug in die pan en voeg n koppie aftreksel by en bring tot kookpunt. Bedek dit en plaas dit in n voorverhitte oond by 190 grade vir 2 ure. Na n uur, draai die skenkels om en voeg die oorblywende aftreksel by asook die helfte van die suurlemoen. Bak dit nou verder, onbedek. Geur die sous met sout en peper en garneer met die oorblywende suurlemoen. Is basies die resep wat ek gebruik het, net red peper en aartappels bygevoeg.

Resep en foto:  Gigi Robinson




VLEILAND SE SKAAPAFVAL (in ‘n baksakkie en slowcooker)

2013-11-19-vleislandseskaapafval
VLEILAND SE SKAAPAFVAL (in ‘n baksakkie en slowcooker)

IN ‘n BAKSAKKIE…

Een Skaap afval, +/- 1.5 kg
1 UI in ringe gesny
30 gram sout
5 gram knoffel peper of swart peper..
1 Eetlepel appelkooskonfyt.
2 teelepels kerrie peoier
1 teelepel borrie
2 eetlepels asyn
1 koppie water..

2 groot aartappels…..wat eers later ingesny word..

Meng die speserye en appelkoos konfyt saam met die water,
Pak nou die Afval, saam met 2 uie in ringe gesny… in n BAKSAKKIE, en gooi die sous daaroor..Knoop dit toe, en steek 2-3 gaatjies aan die bokant in die sakkie.
Plaas nou die sakkie met die afval in die “slowcooker” en kook stadig oornag.
Maak die sakkie in die oggend oop, en sny nou 2 aartappels in blokkies en gooi dit in die sakkie, en druk dit onder die sous in, en kook dit op hoog vir nog 1 uur…
NOU is die afval MURG SAG….en nou maak jy n potjie stampkoring daarby en geniet…

Stefaans Blaauw
gooi 2 teelepels KOEKSODA in 5 liter water, laat die pens daarin oornag in die koelkamer…en borsel dit more oggend spierwit af…

Bron- Stefaans Blaauw




SKENKELS IN DIE ELEKTRIESE STOOMPOT

SKENKELS PATRICIAtested

SKENKELS IN DIE ELEKTRIESE STOOMPOT
1 kg skaapskenkels.
60 ml olie vir braai.
1 gekapte ui.
1 fyn gekapte knoffel.
30 ml fyn gekapte roosmaryn (1/2 t gedroogte)
1 blik Italianse tamaties.
500 ml lam of bief vleisaftreksel (stock).
250 ml Port of Sherrie.
Sout en peper na smaak.

Verbruin vleis in pan met olie. Sauteer ui in bietjie olie tot lig voeg roosmaryn, gekapte knoffel, tamaties met sous, vleisaftreksel en Port by en prut saam. Voeg vleis by sous stel op high pressure vir 25 min voeg aartappels by stel 10 min.

Foto:  Patricia Rust Strydom




LAM SKENKEL IN DIE OOND

10011_395093517259819_752621682_n
LAM SKENKEL IN DIE OOND
Voorverhit oond teen 180°C.
Marinade:
3 eetlepels Mayonnaise
5 eetlepels Balls chutney
3 eetlepels sweet en chilli chutney

Smeer skenkels met mint jellie en bedek met foelie, bak vir ongeveer 30 min.
Gooi marinade oor en bak onbedek vir nog 15 min of tot mooi bruin en gaar.

Foto en Resep: Floris Momberg

 




LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE

lamsvleis bredie regtested

LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE

Omdat bredies dikwels hoog in vet is, kan jy gerus jou bredie die dag vooraf maak; sodoende kan jy die vet afskep sodra dit afgekoel het. Die boontjies in dié resep neem die heerlike vleisgeur op en is ‘n gesonde bestanddeel wat sorg vir ekstra proteïen en volop vesel.

Genoeg vir 4-6
1 kg maer lamstowevleisblokkies (met die bene)
2 groot uie, gekap
3 heel wonderpeperkorrels
4 naeltjies
45 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
4 kaneelstokkies
1 stuk gemmer van 5 cm, gerasper
2 blikke tamaties
250 g groenboontjies, gekerf
1 blik niertjieboontjies, gedreineer
gaar bruinrys om voor te sit

Sny enige sigbare vet van die vleis af. Gooi 250 ml water in ‘n groot kastrol, verhit dit tot kookpunt en voeg dan die ui, wonderpeperkorrels en naeltjies by. Laat dit prut totdat die water verdamp het. Gooi die olyfolie by en braai die mengsel totdat die ui goudbruin verkleur. Voeg dan die vleisblokkies, knoffel, kaneelstokkies en gemmer by. Kook die mengsel en roer dit die heeltyd totdat die vleis begin verbruin.

Voeg die tamaties by, sit die deksel op en laat dit vir een uur prut. Haal die pot van die plaat af en laat dit eenkant afkoel. Sodra dit heeltemal koud is, skep al die vet af wat bo-op die bredie gevorm het.

Verhit die mengsel weer en laat dit vir 30 minute prut. Voeg die boontjies by en laat dit prut vir nog 20 minute of tot die boontjies sag is. Sit dit saam met bruinrys voor

Foto: Engela Olckers




JACO SE SKAAPBOUD

tested

JACO SE SKAAPBOUD
Ek hoop dit maak julle nuuskierig Die titel verwys na die liedjie se tweede reël, naamlik “Parsley, Sage, Rosemary and Thyme” – die speserye wat ek gebruik.
My skaapboud-resep is redelik maklik, en vat nie ure om voor te berei nie. Ek begin gewoonlik 10:00 op ‘n sondagoggend, 11:00 is dit in die oond, 15:00 eet ons en vat dan ‘n lekker middagslapie daarna.
2 kg skaapboud
3 groot aartappels
2 tamaties
1 groot ui
1 soetrissie
4 medium wortels
1 suurlemoen
sout en peper
60 ml olyfolie
Speserye : pietersielie, salie, roosmaryn, tiemie
(Parsley, Sage, Rosemary, Thyme) vir die wat dink ek probeer slim klink

Skakel oond aan op 200 °C.
Meng al die speserye, sout en peper. As jy vars speserye gebruik, kerf dit eers baie fyn.
Sny skaapboud in skywe (of gebruik boud-tjops), masseer speserymengsel goed in, steek sosatiestokkie deur om boud weer bymekaar te hou.
Skil aartappels, sny in 1.5-2cm blokkies, versprei onder in “casserole”
Sny tamaties, wortels, ui en soetrissie in skywe of repies (hoe jy dit verkies), meng dit en sit op aartappels.
Plaas vleis bo-op, drup olyfolie oor vleis. Maak seker dat vleis oral olie het, gebruik meer as dit nodig is
Sny suurlemoen in skywe, sit bo-op vleis.
Sit deksel op casserole, sit in oond wat nou lekker warm behoort te wees, kyk gereeld (so halfuur – interval) of dit nog nie begin gaar word nie. Sodra die vleis begin ruik of dit gaar word, stel oond af na 170 °C toe. Hou gereeld dop. Die resep het nie water nodig nie, die sap van die vleis en groente is genoeg vog, en die eerste bietjie olyfolie keer dat alles vasbrand.
Sodra vleis gaar is verwyder ek die suurlemoen heeltemal, dan haal ek gewoonlik die groente uit, gooi die sous in ‘n pot en “braai” dan die vleis sonder die deksel vir so 10 minute om dit bietjie droër te maak. Die suurlemoensap maak die vleis HEERLIK sag!
Vat die sous, maak met Bisto / Gravo aan om ‘n lekker dik bruin sous te hê.
Dien op met bruinrys, soetwortels en murgpampoentjies.
Totale tyd wat ek spandeer aan hierdie gereg is omtrent 2 ure, voorbereiding en “opcheck” ingesluit.
Res van die tyd spandeer ek aan die Sondagkoerant.
BRON: Jaco Steyn




JAPTRAP TJOPPIES

TJOPS LEANNE
JAPTRAP TJOPPIES

Jy vat 2 eetlepels olie en 2 eetlepels matige kerriepasta en smeer dan die lamtjoppies daarmee. Dan sprinkel jy die tjoppies met ‘n teelepel Komynsaad en druk dan ‘n suurlemoen se sap daarop uit.

Dan braai jy dit.

Nota:  Die tjoppies is heerlik hoor, sal dit beslis weer so maak, dit oorweldig nie die vleis nie, beslis ‘n wenner gewees!

Leanne Thurston Coetzer




SUIKERBOONTJIE BREDIE

1240578_10201927307214219_749053114_ntested
 SUIKERBOONTJIE BREDIE
Lekker koud by ons vanaand.
1 pak suikerboontjies geweek
1 kg lamsbredie vleis (Ribbetjies, skenkels ens)
2 groot uie
blik gekapte tamaties
sout en peper
aartappels in stukke
basmati rys
Ek gebruik die stoompot
Kook eers die boontjies in die stoompot vir so 30 min. Voeg die vleis, sout en peper, tamaties en uie by. Stoom vir nog 30 min. Voeg aartappels by en stoom nog so 8 min. Bediem met rys.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman



CURRIE LAMB

2013-09-03-lambroganjoshtested
CURRIE LAMB

1 tbsp vegetable oil
1 large onion, finely chopped
1 tsp Woolworths freshly grated ginger
2 tsp Woolworths freshly chopped garlic
2 red chillis, deseeded and finely chopped
2 tsp ground cumin
1 cinnamon stick
1 x 320g (approx) lamb leg cubes
1 x 400g can Italian chopped tomatoes
4 tbsp tomato purée
a good pinch of salt
200ml organic Greek yogurt

Heat the oil in a pan and gently fry the onion until it starts to soften. Stir in the ginger, garlic, chillis, cumin and cinnamon stick and fry for 2 to 3 minutes. Fry the lamb in the mixture for 2 minutes, constantly stirring until it starts to brown. Add the tomatoes, tomato purée and salt, cover and simmer over a very gentle heat for 40 to 50 minutes or until the lamb is cooked and tender. When ready to serve, stir in the yogurt just a spoonful at a time to prevent it from curdling.

Ek het ‘n eetlepel kerrie poeier by gegooi en 3 eetlepels blatjang. En natuurlik die klein aartappels ook. Het lam skenkels gebruik

Foto- Nikki-Lee de Beer




WATERBLOMMETJIE EN SKAAPNEK BREDIE

waterblomme - ernotested
WATERBLOMMETJIE EN SKAAPNEK BREDIE

Ek het 1.3kg Skaapnek gebruik. Lekker stadig gaargemaak in ‘n swartboom pot. Het sout en peper en olyf olie ook gebruik na smaak vir daai braai gevoel en die deksel toe opgesit om so bietjie te prut. (Ek is seker ‘n ‘pressure cooker sal net so goed werk).

Het die deksel afgehaal en gewag vir die meeste water om te verdamp. Die vleis uitgeskep in ‘n aparte bak en in die oond warm gehou. Toe het ek twee middelslag uie wat fyngekap was in daai lekker skaapvet gegooi en gebraai. Sodra uie lekker sag en bruin gebraai was het ek die Waterblommetjies (500gram en Mooi afgewas) saam met drie medium aartappels (in dik skywe gesny) in die pot geplaas en met 250ml droe wit wyn bedruip.Ek het ook so ‘n ekstra 25ml suurlemoensap bygevoeg. Die deksel toegemaak en vir ‘n lekker rukkie (Ek skat so 20 minute) op ‘n stadige hitte geprut. Ek het daai ‘sauerkraut’ reuk ervaar wat in die lug begin hang het. Ek was baie versigtig om op hierdie stadium nie te veel te peuter met die kos in die pot nie. Intusen het ek die samp en bone wat oornag in water gestaan het begin kook asook die soet pattat medallions. Nadat ek gevoel het die mengsel in die pot het nou lekker begin saamspeel het ek die skaapnek bygevoeg, sommer so in die pot, en goed gemeng. Ek het die plaat so klein bietjie warmer gestel en vir ‘n verdere 20 minute geprut.
En Voila. (Wil net byse dat ek die waterblommetjies vooraf in soutwater laat le het vir so ongeveer 1 uur)

FOTO EN RESEP: Erno Van Dyk