SKAAPSKENKEL IN ROOIWYN

2014-01-02-skaapskenkelinrooiwyn
SKAAPSKENKEL IN ROOIWYN

(my gunsteling-resep).

Was skaapskenkels en droog af met kombuis-papierrol.
Sit koekmeel in ‘n plastiese sak met gemengde kruie, sout en peper (afhangende van aantal skaapskenkels).
Sit skaapskenkels in die meelmengsel sodat die skenkel heeltemal bedek. (Skud oortollige meel af).
Braai skenkels tot ligbruin en sit in ‘n ysterpot (vir oond) of “slow cooker”.
Giet goeie rooi wyn by. (Die meelmengsel help om sous te verdik).
Sit ‘n paar spriete roosmaryn by en bak/kook oor ‘n stadige hitte tot gaar en van die been afval.
Bedien met rys/kapokaartappel en groente van keuse.

BRON- Elize Colton




SANSHA SE SKAAPSTERTJIES

skaapstertjiestested
SANSHA SE SKAAPSTERTJIES

Stoom die stertjies alleen vir 40 minute met net sout, peper, bietjie knoffel en ‘n gekapte ui. Sit dan die aartappeltjies by en stoom verdere 15 minute. Pak die stertjies en aartappels oop op ‘n draadrakkie en bak teen 200°C vir ongeveer 30 minute (draai na 15minute om) tot goudbruin. My man hou van varsgebakte brood met appelkooskonfyt saam met die stertjies en aartappels – maar daar is genoeg sousies in die stoompot vir stampmielies of iets dergeliks

Resep en foto: Sansha Meyer




KERRIELAMSVLEIS

 lamskenkelkerrietested
KERRIELAMSVLEIS
Genoeg vir 6-8 mense
500 g lamsvleis, in blokkies gesny
sout en peper
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 groenrissies, ontpit en gekap
2 kerrieblare
45 ml (3 e) geroosterde masala of kerriepoeier
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
250 ml (1 k) water
15 ml (1 e) suiker
’n hand vol vars koljander, gekap

Geur die lamsvleis met die sout en peper.
Verhit die olie in ’n kastrol en seël die vleis aan albei kante tot goudbruin. Haal uit die kastrol en laat staan eenkant.
Braai die uie, rissies, kerrieblare en masala/kerriepoeier in dieselfde pan tot bruin. Voeg die tamaties en water by en laat 10 minute prut.
Voeg die suiker by en sit die vleis terug in die kastrol. Laat prut nog 45 tot 50 minute, versier met die koljander en haal van stoof af.

Foto en getoets deur Rina Rabie – die kerrie was sooo lekker my skoonseun het twee maal gebel om dankie te se




NAUDEA SE LEKKER LIESLAPPE

lieslappetested
NAUDEA SE LEKKER LIESLAPPE

Sny oortollige vliese en goeters wat nie lekker lyk nie af.Sout die vleis(ek gebruik Ina Paarman se smaakmiddels,Green Onion,Meatspice en Garlic&Herb).
Maak nou die sous aan wat bestaan uit
1 groot ui gerasper,
3 vet knoffelhuisies gerasper,
sap van 2 suurlemoene,
4 eetlepels worcestershire sous,
1 koppie gewone bruinsuiker nie die taai soort wat aanmekaar vassit nie en
1L Coke.
Meng die sous so bietjie en giet oor vleis en plaas in oond wat verhit is by 140 grade C(ek het thermofan oond).Na elke uur draai jy die vleis om en geur met die Ina Paarman soute na smaak en bedruip van die sous wat onder in die pan lê oor die vleis.Na so 5 ure was die lieslappe soos ek hulle wou hê en dit was 1.6kg vleis.

RESEP EN FOTO: Naudéa Visser




MUSHAVI LAMBOUDJIE

download (2)
MUSHAVI LAMBOUDJIE

Ontbeen lamboud en sit in netjie.

Maak die vulsel as volg: Alles op gevoel wat hoeveelhede aan betref.

Dadels in stukkies gesny, songedroogte tamaties in stukkies gesny, swart pitlose olywe al drie in gelyke hoeveelhede, sê so twee koppies vol. Vars kruie na smaak. Ek het sweet basil, fennel, pietersielie, spring onions opgechop.

Daarby het ek ‘n halfkoppie rosemary en knoffel sous/marinade gegooi asook twee eetlepels suurlemoensap plus klompie appelkoos blatjang. Alles meng jy met twee grofgebreekte snye bruin brood en stop dit in die boudjie se kanaal op.

Maak netjie toe. Smeer olyfolie en bietjie stopsel buite om en sit in oond sakkie en bak teen 190 grade vir so 60+ minute

BRON- Deon Huysamen




ROOIWYN EN TAMATIE LAMSKENKEL

2013-12-20-rooiwynentamatielamskenkelstested
ROOIWYN EN TAMATIE LAMSKENKEL
250 ml koekmeel
6 x 300 g lamskenkels
2 e olyfolie
2 uie gekap
4 knoffelhuisies gekap
250 ml rooiwyn
2 x 400 g blikke heel tamaties
500 ml hoender aftreksel
1 e bruinsuiker
4 lourierblare
3 takkies vars tiemie

Metode:
Rol vleis in meel en skud oortollige meel af
Verhit die olie in n groot swaarboom kastrol en braai die lam tot mooi bruin haal uit en hou eenkant.
Braai uie en knoffel in dieselfde pot tot sag en bruin – voeg wyn by en kook 1 min roer met houtlepel.
Voeg nou die tamaties, hoenderaftreksel, suiker, lourierblare en tiemie by, sit nou die vleis in die sous en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte. Sit die deksel op en laat prut vir 2 uur tot vleis sag is en sous dik is. Kan ook in die oond op 140g bak vir so 3 tot 3.5 ure.
Bedien met polenta of kapokaartappels

FOTO- Elize de Kock
Elize se nota:  Dit was nou heerlik dankie vir die resep Linda, het net vars tamatie gebruik geen blikkies het 6 groot tamaties gebruik en 100 ml brandewyn ipv rooiwyn. Rede: ek het dit nie in die huis gehad nie. Maak die ding verseker weer. Teen 160 g C vir 3 ure gebak en toe bietjie gegrill. Die vleis val van die bene af.




GIDEON SE ONTBEENDE LAMSROLRIB

gideon se rolribrolrib gideon 1rolrib gideon 2rolrib gideon 3rolrib gideon 4tested

GIDEON SE ONTBEENDE LAMSROLRIB

Marinade:
12.5ml Worcestersous
12.5ml blatjang
125ml sjerrie
125ml tamatiepuree
125ml tamatiesous
15ml fyn knoffel
sout en peper
knypie fyn naeltjies
knypie fyn gemmer en koljander
12.5ml bruinsuiker
5ml droë mosterd
12.5ml asyn
25ml olie sap en
skil 1 suurlemoen
Meng alles saam, plaas 1.5kg ontbeende rib in marinade. Marineer in yskas vir 3 dae. Vulsel vir gemarineerde rib: 100g bruin sampioene halwe ui fyngekap 15ml fyn knoffel 5ml mixed herbs knypie flippen lekka spice 15ml oxtail sop gemeng met 120ml melk 20ml fyngekapte peppadew 10ml fyngekapte vars roosmaryn 1 wiel feta (blackpepper geur) Braai sampioene en uie tot meeste vloeistof verdamp het. Voeg sopmengsel by en kook op medium hitte vir 2 minute. Voeg res van speserye by en kook verder vir 5 minute. Wag tot mengsel afgekoel het. Smeer mengsel oor “beenkant” van die rib. Strooi feta kaas bo-oor. Rol rib en bind vas met tou. Braai oor stadige kole vir tenminste 1,5 uur. Ekstra vulsel met feta kan gemaak word om as sous te dien.

Gideon Louw




KRUIE BRAAI LAMSTJOPS

 

Kudu Kebabtested

KRUIE BRAAI LAMSTJOPS

5 ml knoffelsout
3ml varsgemaalde swartpeper
15 ml gekapte, vars kruisement
10 ml gekapte, vars roosmaryn
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
l60ml olyfolie
30 ml vars uitgedrukte suurlemoensap
6 lamstjops

Meng alles vir die marinade saam bedek tjops en marineer vir ongeveer een uur. Haal die vleis uit die marinade, braai oor matige kole en geur met sout en peper op die rooster.
Kruisement sous

50 ml gekapte kruisement
15 ml fyn appelkoos konfyt
20 ml wit balsamiese asyn
sout en peper

Meng alles saam en verkoel rukkie in yskas voor bediening. Bedien met lam.

BRON: Elize Groenwald




LAM SKENKELS IN ROOI WYN EN KERSIE TAMATIES

2013-12-15-lambshanksinrooiwyncherrytomatoestested
LAM SKENKELS IN ROOI WYN EN KERSIE TAMATIES

Dis omtrent meer ‘n metode as ‘n resep

Sout en peper die rou shanks en rol liggies in koek meel. Seël in olyf olie in warm pan en sit eenkant.

Braai
2 uie,
1/2t kerrie poeier,
1/2t oregano en
2 knoffel huisies gekap
in dieselfde olie tot sag en deurskynend.
Voeg by 500 g   kersie tamaties en braai vir nog 2min.

Pak skenkels bo-op mengsel en voeg by:
1 k rooi wyn,
1 k water,
1 k chicken stock en
2 blikke plumb tomatoes.

Sit in die oond vir +- 2 ure teen 160°C

BRON- Riaan Jordaan




STUFFING FOR LAMB

 

rolled ribtested

STUFFING FOR LAMB
2 1/2 tablespoons olive oil
2 rashers bacon, rind removed, chopped
300g pork mince
1 small red onion, chopped
60g char grilled red capsicum, chopped
2 tablespoons flat-leaf parsley, chopped
1 teaspoon thyme leaves
1 teaspoon musterd
2/3 cup fresh breadcrumbs
Heat 1 tablespoon of oil in a frying pan over medium heat. Add bacon and onion. Fry until golden. Add mince fry 5 min. Remove to a bowl cool. Add capsicum, parsley, thyme, musterd and breadcrumbs. Season with salt and pepper. Stir until well combined.

Elize Grobbelaar