SEEKOS TAGLIATELLI PASTA

seekos tegliatelli pasta

SEEKOS TAGLIATELLI PASTA
Ek het vandag vir ‘n seekosete gecater. Hierdie tagliatelli pasta met seekossous is so maklik om te maak en almal geniet dit.
Maak die pasta soos gewoonlik gaar. Dan maak jy witsous waarby jy room voeg vir ‘n lekker ryk sous. Meng dan die pasta met die sous in ‘n groot bak om dit makliker te maak. Dan voeg jy maar net enige seekos van jou keuse by en roer liggies deur. Gerookte Paprika is baie lekker in die witsous as jy dit wil byvoeg.
Jy maak gewone witsous, verryk dit met ‘n bietjie room en voeg ook fyngemaakte knoffel by, geurmiddels (Ina Paarman garlic & Herb seasoning) en varsgemaalde swartpeper.
Jy kan enige seekosmengsel gebruik, ek het ekstra mossels bygesit en die garnale bo-op.
Jy kan die seekos in botter stirfry en dan byvoeg.
‘n Heerlike dis as jy ‘n vullende ete vir ‘n klomp mense wil maak.
Louise Groenewald



SHRIMP SCAMPI BAKE

shrimp
SHRIMP SCAMPI BAKE
1 cup butter
2 tablespoons prepared Dijon-style mustard
1 tablespoon fresh lemon juice
1 tablespoon chopped garlic
1 tablespoon chopped fresh parsley
2 pounds medium raw shrimp, shelled, deveined, with tails attached

Preheat oven to 450 degrees F (230 degrees C).
In a small saucepan over medium heat, combine the butter, mustard, lemon juice, garlic, and parsley. When the butter melts completely, remove from heat.
Arrange shrimp in a shallow baking dish. Pour the butter mixture over the shrimp.
Bake in preheated oven for 12 to 15 minutes or until the shrimp are pink and opaque.
POSTED AND PHOTO by Jill Lewis




GIDEON LOUW SE KREEF KELKIE

2013-08-25-gideonlouwsekreefkelkie

GIDEON LOUW SE KREEF KELKIE
Hoeveelhede na smaak:
Kreef
klompie mayonnaise
bietjie tamatiesous
klein fyn gekapte ui
fyn gekerfde tamatie
klein bietjie chili sous
bietjie sout en peper
pietersielie
olive en rosemary
en krop slaai blaar

Meng al die bestandele saam, skep in kropslaai en geniet!!!!
Bron- Gideon Louw

 




GEBRAAIDE PERLEMOEN

abalone

GEBRAAIDE PERLEMOEN
met ‘n pikante sousie en kruieslaai
(bedien 2)
4 perlemoene (100-120g elk) skoongemaak uit die skulp en saggemaak -(gebruik die plat kant van ‘n mes en slaan ‘n paar keer op die spier in die middel van die perlemoen)
2 e -olie
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 e kokosroom
Sous:
1 klein bossie vars koljander
3 knoffelhuisies
3 groen rissies
2.5 e fyn suiker
6 e lemmetjiesap
2 e Thai vissous


Slaai
6 mentblare
6 basiliekruidblare
halwe koppie dun gesnyde komkommer met skil
kwart koppie boontjiespruite
2 sprietuie, opgesny

Sit koljander, knoffel en rissies in ‘n stamper en stamp tot fyn puree. Voeg by suiker, sap en vissous.
Plaas perlemoen in olie, kokosmelk en fyngekapte knoffel. Los vyf minute in die bak. Plaas op braairooster en braai 30 sekondes tot een minuut per kant tot goed gekarameliseer. Meng al die slaaibestanddele bymekaar, plaas perlemoen in sy skulp met slaai en gooi van die sous oor.




GESTOOFDE PERLEMOEN


GESTOOFDE PERLEMOEN
Bedien 4
2 middelgrootte perlemoen, 7mm dik gesny, gestamp en gehalveer
25 ml olie
1 groot ui, dun gesny
250 ml droë witwyn
3 repies spekvleis, in 30 mm-stukkies gesny
12,5 ml gekapte pietersielie
sout, varsgemaalde swartpeper
‘n bietjie neutmuskaat
1 lourierblaar
10 ml hoenderekstrak

1. Verhit olie in braaipan
2. Voeg uie by en kook tot deurskynend
3. Voeg perlemoen by en braai liggies aan albei kante
4. Plaas in ‘n oondskottel, voeg wyn, spekvleis, pieterselie, sout, peper, hoenderekstrak, neutmuskaat en lourierblaar by. Bak teen 175º C vir 1½ uur of totdat perlemoen sag is.
5. As die vleistof verdamp gedurende gaarmaak, kan meer water bygevoeg word om meer sous te maak.
6. Sprinkel met vars gekapte pietersielie en bedien met gekookte rys.

 




GESTOOFDE PERLEMOEN MET GROENTE

abalone


GESTOOFDE PERLEMOEN MET GROENTE
450 g (1 lb) fyngemaakte perlemoen
3 spekvleisrepies (klein stukkies gesny)
2 selderystele (dun skyfies gesny)
1 klein uitjie (fyn gekap)
3 middelslag-aartappels (geskil en blokkies gesny)
2 geelwortels (skywe gesny)
1 teelepel sout
¼ teelepel peper
knippie droë tiemie
5 eetlepels botter of margarien
5 eetlepels meelblom
4 koppies melk
rys

Laat gemaalde perlemoen 1 uur lank, of tot sag, in 2 koppies water prut. Dreineer. Berei groente: Bak spekvleis stadig in braaipan, voeg seldery en ui by en soteer tot deurskynend. Kook aartappels en wortel in 2 koppies water met sout, peper en tiemie tot amper sag, dreineer. Smelt bottet in groot kastrol, roer meelblom in en kook totdat dit borrel. Roer melk geleidelik by. Voeg perlemoen, spekvleismengsel en gaar groentes by. Verhit, maar moenie kook nie. Bedien by rys. Vir 6 persone




CALAMARI STEAK MET GARNAALSOUS

CALAMARI STEAK

CALAMARI STEAK MET GARNAALSOUS

Laat le die calamari steaks eers vir so 10 min in louwarm water waarin  so ‘n teelepel koeksoda opgelos het. Spoel af, doop in eier, dan in krummels en braai in mengsel van botter en olie (ek verkies olyf). Medium hitte en bak net vir 3-4 minute aan elke kant (hang af hoe dik die steak is), want calamari moet nie te lank gaargemaak word nie, ander word dit taai.

Ek gebruik dan dieselfde pan en maak dan ‘n ‘shrimp’ roomsousie daarby om oor die steaks te gooi. Braai eers die shrimps saam met knoffel voeg dan room, wit wyn, aromat en swart peper by. Ryk, maar baie lekker. bedien saam met suurlemoen, ‘fried rice’ en ‘n lekker vars slaai.

Gillian Logan Bredenhann




ROMERIGE KERRIE SEEKOS

romeringe kerrie seekos - heidi

ROMERIGE KERRIE SEEKOS
Sommer so self aanmekaar geslaan.
Braai uie, knoffel en mushrooms in Kerrie en borrie mengsel.
Gooi seekos mengsel(wat afgespoel is in suurlemoensap) by uie mengsel. Prut stadig en verdik sous met maizina, gooi ook biki suurlemoensap by, sout en growwe pepper. MAak witsous, sommer dun, en kook pasta. Gooi in lae, pasta, seekos mengsel en sous Bo-oor. dis sag en yummy.

Foto en resep:  Heidi Rowe




KNOFFEL MOSSELS IN ROOM

knoffel mossels in room

KNOFFEL MOSSELS IN ROOM
250 ml room
250 ml wit wyn
1 teelepel Aromat
2 eetlepels crushed garlic

Meng tesaam in ‘n diep pan en bring tot kookpunt. Plaas dan ± 20 mossels in pan en kook vinnig vir ± 8 min. Pak dan uit op foelie met oop kante bo. Gooi knoffel en wyn reste van pan oor mossels, rasper Mozzarela kaas oor en grill tot kaas begin bruin word en siedaar whalah!
Resep en foto:  Gideon Louw




CRAB SALAD

crab salad

CRAB SALAD
1 lb crab
1/4 cup mayonnaise
1/4 cup celery chopped
1/4 cup dill chopped
1/4 cup dill pickles
1/2 cup green onions
1/2 tsp yellow mustard
1/2 tab dill weed
Mix all together, chill for 2 hours!

Recipe and photo: Janet Anderson