TUNA SAMPIOENPASTEI


TUNA SAMPIOENPASTEI
Porsies: 4
Vulsel
15 ml botter of margarien
1 ui, gekap
2 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer
250 g sampioene, skoongevee en gekap
1 x 70 g-pakkie sampioensoppoeier
15 ml mielieblom
250 ml melk
10 ml gedroogde pietersielie
5 ml gemengde kruie

Kors
1 x 200 g-rol blaardeeg
1 eier geklits
50 g/125 ml gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n bakplaat met botter of margarien.
Smelt die botter of margarien in ‘n kastrol en soteer die ui ongeveer 5 minute. Voeg die tuna en sampioene by en laat goed warm word.
Maak die sampioensoppoeier en mielieblom aan met die melk en roer by die tunamengsel. Prut ongeveer 3 minute.
Voeg die pietersielie en gemengde kruie by en laat afkoel.
Rol die blaardeeg langwerpig op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vulsel in die middel van die blaardeeg.
Smeer geklitste eier aan die kante van die deeg en vou die pastei toe.
Druk die deeg effens vas en sny kepe bo-op die pastei.
Smeer weer geklitste eier oor die hele pastei en strooi kaas oor.
Plaas die pastei op die bakplaat en bak ongeveer 30 minute tot ligbruin. Plaas dit op ‘n dienbord, sny in skywe en sit voor met Pikante aartappelslaai en ‘n Griekse slaai.

Molly-Ann Underwood Schmidt




SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES

varkvleis rolletjiestested
SAMPIOEN EN VARKVLEIS WORSROLLETJIES
30 ml olie
400 g sampioene, fyn gekap
400 g varkmaalvleis
6 sprietuie, fyn gekap
2 eiers
250 ml vars broodkrummels
125 ml gekapte pietersielie (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper
3 rolle gekoopte blaardeeg, ontdooi
30 ml sesam- of papawersaad
soet brandrissiesous (opsioneel

Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die olie in’n braaipan en braai die sampioene tot al die vloeistof weggekook het.
Voeg die maalvleis by en roerbraai dit tot gaar. Voeg die sprietuie by en braai dit nog ‘n paar minute. Laat dit afkoel.
Voeg een eier, die broodkrummels en pietersielie by en meng goed. Geur dit met sout en peper.
Klits die ander eier liggies. Verf die rande van elke vel deeg met geklitste eier en sny die deegvelle in die helfte. Verdeel die vulsel eweredig tussen die deegvelle.
Vorm die vulsel in ‘n wors op die een lang sy van elke deegvel en rol dit op. Druk dit goed vas.
Verf die rolle met geklitste eier, strooi die sesam- of papawersaad 00r en sny elke rol in 8 kleiner rolletjies.
Rangskik dit op gesmeerde bakplate. Bak dit 20 minute of tot goudbruin.
Variasie : Vervang die varkvleis met hoendermaalvleis.
Adele Van Zyl Filmalter
Foto:  Adam Cloete




WORSROLLETJIES

worsrolletjies

Vulsel:
1kg maalvleis
15ml sout
25ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
knypie neutmuskaat
tafelsmaakmiddel na smaak
2 snye witbrood (gekrummel)
25ml asyn
10ml koljander
knypie kaneel


Deeg:
4 x 250ml koekmeelblom
500g botter
1 eiergeel
5ml sout
12.5ml suurlemoensap
250ml water
Vulsel:
Braai all vulsel bestanddele saam totdat totdat die vleis bruin verkleur. Laat afkoel.


Deeg:
Sif meelblom en sout saam. Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels. Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg
water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm. Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Plaas bietjie vleis bo-op deeg.
Smeer kante met eierwit. Rol op. Verf mengsel van geklitse eiergeel en melk bo-oor. Bak vir 45 minute lank in ‘n voor-
verhitte oond teen 180°C tot goudbruin. Sny in worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn worsrolletjies.

uit ons kombuis




JOEY SE SOUTTERTJIES

mini-savory-tartstested
JOEY SE SOUTTERTJIES
Deeg:
Vryf 625g margarien in 6 k meel, 1/2t kremetart en 1 en n half t sout.
Maak Aan Met:
3 eiergele en
60 ml witasyn saamgeklits in
3/4 k yswater
Vou Toe in plastiek En Plaas in yskas vir ±6 ure
Deeg Moet yskoud Wees
Rol Uit


Vulsel
37,5 ml meelblom
30 ml margarien
750 ml melk
sout
4 eiers
375g blik weense worsies, gesny
12,5 ml ui, gerasper
750 ml kaas , Grof gerasper
knippie rooipeper
2 ml mosterdpoeier

Metode
Maak witsous Van eerste 4 bestanddele
Klits eiers en Voeg By
Voeg Res Van bestanddele by en Meng Goed
Skep in rou korsies in kolwyntjiepanne
Bak by 180 grade Tot ligbruin.

Bron: Joey Pienaar




BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES

BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES
BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES

BESTANDDELE
125ml rou rys
200ml beesvleisaftreksel
knypie sout
15ml botter
300g (1 blik) soutbeesvleis, in blokkies gesny
30ml gekapte pietersielie
45ml gekapte uie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5ml suurlemoensap
30ml blatjang
30ml tamatiesous
250g gekoopte, onversoete brosdeeg
1 eier, geklits
METODE
Plaas rys in ‘n kastrol. Voeg aftreksel, sout en botter by. Verhit tot kookpunt, bedek en laat
saggies prut vir sowat 15 minute of tot rys sag is en al die vloeistof geabsorbeer is. Meng vleis,
pietersiele, uie, sout, peper, suurlemoensap, blatjang, tamatiesous en gaar rys. Rol deeg uit en
sny in vierkante van 10cm x 10cm. Plaas van die rysmengsel op elke vierkant. Bestryk die
kante liggies met geklitste eier en vou oor om ‘n driehoek te vorm. Verseël die rante deur
liggies met ‘n vurk daarop te druk. Plaas pasteitjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bestryk met
geklitste eier. Bak in ‘n voorverhitte oond by 220C vir 12-15 minute of tot goudbruin. Bedien
warm. Sit voor met groente of ‘n groen slaai.

BRON: Keurgereg samestelling Anna Eksteen




MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI

marcel-se-beesvleisblokkie-terttested
MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI
Skilfer kors:
500 g ongesoute botter
500 g koekmeel
250 ml sodawater
15 ml brandewyn of suurlemoensap

Sny botter in blokkies.
Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly. Rol uit en sit bo-oor jou vulsel.
Bak 1ste 10 min so op 200 ºC en dan 20-30 min op 180 ºC.

VULSEL
Vulsel is sommer beesblokkies  (500 g) wat ek lank en stadig gekook het in blokkie hoender stock, wortel en seldery bygesit, droë tiemie, roosmaryn , braaivleis speserye, en titseltjie cumin, later eers aartappel bygesit en gekook tot alles sag en gaar was – die vulsel was heerlik!!

Marcel-Rounel Siecker




MAALVLEIS PASTEI IN KONVEKSIE-OONDJIE


MAALVLEIS PASTEI IN KONVEKSIE-OONDJIE
Vulsel
1 kg maalvleis
500 ml koue water
250 ml sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml Sout
1 ml peper

Kors
1 Eier
125 ml melk
125 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml Sout
Plaas al die bestanddele vir die vulsel in n kastrol en meng met n groot vurk
Verhit tot kookpunt, roer gereeld en kook 5 min. tot mengsel nie meer pienk is nie, maar steeds souserig.

Kors
Klits eier, olie en melk saam
Sif meel bakpoeier en sout
Meng dit met eiermengsel
Skep beslag oor warm vulsel
Bak sowat 30 min by 180 º C
Ek het helfte van vulsel gebruik en hele kors en dit so 15 min. in konveksieoond gebak.

Plasing: Frieda Greyling