GEBRAAIDE RYS (OOK VIR PAELLA)


GEBRAAIDE RYS (OOK VIR PAELLA)
Fried Rice – Ook die basis vir my Paella a la Maria!
paar draadjies saffraan in ¼ koppie kookwater getrek
6 hoenderfilette, in okkerneutgrootte blokkies gesny en goed gegeur
2 groenpepers, in blokkies gesny
2 uie, fyn gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
500 gram gesnyde sampioene
2 koppies jasmyn of basmatie rys
olyfolie en eetlepel botter vir braai van bestanddele
sout en peper na smaak
2 liter aftreksel, vis of hoender werk goed

Braai uie, knoffel, sampioene en groenpeper saam tot sag en geurig, soms sit ek steranys en fyngesnyde basilie en roosmaryn by vir geur maar dis nie noodsaaklik nie.
Skep die mengsel uit en hou eenkant.
Braai die hoender tot bruin en amper gaar.
Voeg uiemengsel by die hoender en braai nog so 2 minute.
Gooi die rys eweredig bo- oor die vleis en uie, net so rou.
Begin nou die aftreksel bietjies- bietjies byvoeg, elke keer nog as die rys die vloeistof geabsorbeer het. Hou jou hitte matig dat die rys nie brand nie.
Gooi die saffraan wat jy in kwart koppie kookwater getrek het by die rys wanneer jy so liter aftreksel oor het.
Tot hier kan jy maar met jou houtlepel roer.
Draai hitte nog laer en voeg die laaste liter by. Nou moet jy ophou roer, dit prut nou verder gaar en die rys maak ‘n dekadente skil onder in jou pan of wok.
As die rys gaar is kan jy ‘n hand vol vars pietersielie byvoeg en deurmeng. Die geur en groen doen net iets saam met die saffraan.
Hierdie resep is ook die basis vir my paella, maar net soms maak ek dit net tot hier. Jy kan verskillende variasies maak, steakrepies wat jy krummel en braai werk heerlik, churisio wors in wieletjies is ‘n heerlik geurige opsie en as jy wil kan jy saam met die hoender visfilette bo-op jou rus gaar stoom vir die laaste 10 minute.
Sonder hierdie resep sou my lewe saai wees.
Resep: Dricus Bosman




AMANDA’S SEAFOOD-MIX PAELLA


AMANDA’S SEAFOOD-MIX PAELLA
2 boneless chicken breasts or thighs, skin on and cut into bite-sized chunks
sea salt
freshly ground black pepper
plain flour, for dusting
olive oil
100 g chorizo, sliced
6 slices streaky bacon, chopped into pieces
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
1.5 liter hot chicken stock
2 large pinches saffron
1 heaped teaspoon smoked paprika
250 g paella rice
1 small bunch flat-leaf parsley, leaves picked and chopped, stalks chopped
¾ cup fresh or frozen peas
½ packet (400 g) good quality seafood mix (do not rinse… you want to keep the sea flavour!)

Season the chicken pieces and dust with flour. Heat a little olive oil in a large deep pan or wok and fry the chicken until golden brown. Add the sliced chorizo and bacon and fry until browned and crispy. Add the onion and garlic and cook until soft. Meanwhile infuse half the hot chicken stock with the saffron. Add the smoked paprika, rice and infused stock to your pan and leave to cook on a medium heat, stirring from time to time. After 20 minutes the rice should be nearly cooked. At this point, pour in the rest of the stock.
Cook till rice is tender, keep stirring from time to time. You can add a little water if too dry. Take off heat. In a separate pan, add a little olive oil with a knob of butter. Flash fry your seafood mix for approximately 6 minutes (or till done). Add to your rice and mix carefully. Be sure not to stir! Finally, serve paella, sprinkled with chopped parsley and a wedge of lime.
Recipe and photo: Amanda Conradie




EEN POT VIS PAELLA


EEN POT VIS PAELLA
1 eetlepel botter
1 eetlepel olyfolie
4 knoffel toontjies, opgekap
1 opgekapte kleinerige ui
knippie sout
1 teelepel borrie
1 tot 2 teelepels paprika
250 g gemengde gevriesde groente (klein soort)
1 groot opgekapte tamatie
1 ½ koppie kort korrel rys
3 koppies water
sout en peper na smaak vir die rys
sap van ‘n halwe suurlemoen of lemmetjie
3 groterige wit vis fillette (ek het stokvis gebruik)

Smelt die botter en olyfolie in ‘n groot oondvaste kastrol en voeg die gekapte knoffel en ui daarby saam met ‘n knippie sout. Braai dit oor medium-lae hitte vir 3 tot 4 minute Voeg die gemengde groente en tamatie by.en roer deurmekaar. Kook vir ‘n paar minute. Voeg die rys, 3 koppies water, borrie, sout, peper en helfte van die suurlemoensap by. Roer deurmekaar en proe. Indien nodig kan bietjie meer sout bygevoeg word, aangesien van die sout deur die water geabsorbeer wees teen die tyd dat dit kook. Bedek die kastrol en kook oor medium hitte vir ongeveer 15 minute. Hou dit maar dop en voeg meer water by en roer dit, indien dit droog kook voor die tyd om is.
Sny die vis in groterige stukke soos jy verkies vryf sout en paprika oor beide kante van die stukke en plaas dit bo-op die half gaar rys in die kastrol..
Bedek die kastrol, plaas dit in die oond en kook dit vir 10 minute op 180ºC. Draai die vis om en kook verder vir nog 7 tot 10 minute tot die vis deur gaar is. Sprinkel die orige suurlemoen sap oor en bedien warm of by kamer temperatuur
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.




ANSI SE SEEKOS PAELLA


ANSI SE SEEKOS PAELLA
1 pak gemengde seekos
1 pak mossels
1 pak prawns
knoffelbotter, genoeg
sout en peper
vars suurlemoen
vars pietersielie
ertjies, reeds gekook
rys, gaar

Ontvries die seekos. Braai in die seekos en prawns vinnig in knoffelbotter, sodra die prawns pienk word is hulle reg, ek het heel laaste mossels bygegooi en vinnig gebraai anders is dit taai. Sout en swartpeper na smaak. Kan nog knoffel ook bysit. Kook ertjies apart sag, as sag is, meng liggies met seekosmengsel
Ek het ‘n pakkie gegeurde rys gekoop, (jou smaak) ek het die een gekoop met parmezaan in, of maak jou eie rys.
Skep mengsel op rys, bedien met genoeg vars suurlemoen en pietersielie. Ek het ook vars koljander gebruik. (RESEP KAN AANGEPAS WORD NA SMAAK)
Resep en foto: Ansi Pypers Fourie




ZELDA’S PAELLA

ZELDA’S PAELLA
Stork margarine
1 pkt bacon
3 large chicken breasts
500 g calamari, diced
1 large onion
1 red pepper
4 cloves garlic, crushed
600 ml rice
1 chilli, chopped
5 ml paprika
200 ml dry white winegenerous pinch saffron, soaked in 5 ml boiling water
1 liter chicken stock, warm
12 whole mussels
4 large tomatoes, skinned and chopped

Heat margarine in large frying pan. When it begins to bubble add bacon onions and peppers and when browned, remove.
Add seafood.
Add the rice, chilli and paprika and stir well.
Increase the heat and add wine, chicken stock and stir well.
Add chicken and bacon and leave to simmer for 10 minutes, stirring occasionally.
Add the mussels and tomatoes and simmer for another 10 minutes.
Reduce heat, add prawns and calamari and heat through.
Season to taste. Enjoy
Recipe and photo: Cloete Zelda Anne




NICO SE CALAMARI PAELLA MET APPELKOOSKONFYT EN SAFFRAAN

NICO SE CALAMARI PAELLA MET APPELKOOSKONFYT EN SAFFRAAN
500 g calamari ringe
500 g graatlose vis
1/2 sak bevrore broccoli en blomkool
5 stokke gekerfde seldery
1 koppie sheba
2 tl gekapte knoffel
‘n Knippie saffraan
125 ml fyn appelkooskonfyt
2 tl kerrie
1 tl paprika
1/2 tl komyn
3 tl sout
1 tl swart peper
1 blokkie hoender- of visekstrak
1 houertjie jogurt
Meng alles saam en kook stadig in een koppie water vir 10 min. (Dis gaar sodra die vis of bromkool sag is.) Verdik sousie met meel indien nodig.
Resep geplaas deur Nico Conradie
Foto: Nico Conradie




ELANA SE SEEKOS PAELLA

ELANA SE SEEKOS PAELLA
Braai saam:
1 rooi ui
1 groen soetrissie
1 rooi soetrissie
bietjie olyfolie
1 teelepel knoffel

Voeg so paar stukkies salami (eintlik chorizo wors) maar kon nie kry en braai weer paar minute. Voeg dan so 1 en half teelepel borrie en so 2 teelepels paprika by. Gooi 1 en half koppie rou rys by en roer deur en gooi 1 koppie witwyn by en paar takkies vars tiemie en laat so minuut kook en gooi daarna so 750 ml of meer as nodig hoenderstock stadig by en laat kook tot rys net net gaar is. Daarna het ek calamari ringe, seekosmengsel en shrimps bygegooi en vir paar minute laat kook tot sag is en heel laaste die halfskulp mossels. Kook nog paar minute tot mossels gaar is en draai af en laat staan vir ruk om te rus. Geur met nog sout en peper. Strooi net voor opdiening vars gekapte pietersielie oor en suurlemoen wiggies.

RESEP EN FOTO:  Elana Koch




ALBERT SE PAELLA-DIE PROSES

 

imagetested

ALBERT SE PAELLA-DIE PROSES

Paella

Die kuns van Paella maak lê eintlik in die proses en glo my, as jy die proses onder die knie het, hoef jy nooit weer ń resep daarvoor te gebruik nie. Dit klink na ń groot werk, maar dit is een van die maklikste geregte om onder die knie te kry. So hier gaan ons:

Stappe vir “Mise en place” (voorbereiding).

Stap 1.

Kies die vleis wat jy wil gebruik soos bv.
• 2 porsies/stukkies hoender per persoon
• 2 porsies/stukkies haas of konyn per persoon
• ½ koppie Chorizo wors wieletjies per persoon
• Enige vleis wat sal lekker wees, dis jou Paella
• 3 of 5 garnale (prawns) per persoon
• 3 of 5 mossels (in skulp) per persoon
• 3 tot 5 ringe Calamari per persoon
• 180g Monik vis in blokkies gesny (enige stewige vis GEEN GRATE)
Julle kry die idee, kies so twee vleise en drie seekosse per persoon vir ń gemengde Paella of hou dit skoon, vleis of vis.

Stap 2
Maak jou sofrito of (geur groente mengsel). Al die onderstaande in per persoon:
• ½ koppie gekapte ui
• ½ koppie gekapte peppers
• ½ koppie choriza wors wieletjies (bacon blokkies werk ook goed)
• 1 teelp (5ml) knoffel – gepers
• 2 Eetlp (30ml) olyf olie
Tot hier toe is my sofrito, maar dit is jou Paella, as jy nog iets soos sampioen wil bysit, moenie dat iemand jou vertel dis verkeerd nie, dit is nie.j
• ½ koppie tamatie blokkies 1cm x 1cm – hou eenkant
• ½ koppie groen ertjies – hou eenkant
• 1 teelp (5ml) gerookte paprika
• ń Goeie knyppie safraan – as jy wil uithang

Stap 3

Dis hier wat jy jou rys moet afmeet, ½ koppie rys per persoon.
As jy nie regte aftreksel het nie, maak nou jou aftreksel (stock) aan soos op die blikkie of pakkie, 1 ½ koppie per ½ koppie rys.

Proses

• In jou gekose pan, braai die sofrito in die olyf olie tot deurskynend
• Haal uit maar los soveel as moontlik olie in die pan
• Sprinkel die hoender (of ander vleis) met sout, peper en bietjie gerookte paprika in die pan tot gaar, haal uit.
• Roer die rys en oorblywende speserye in die olie wat oor is in die pan. Plaas jou sofrito in, gooi aftreksel oor en kook vir 15 minute
• Roer jou ertjies, tamatie en seekos in, bring weer tot kookpunt, plaas jou vleis bo op, draai jou plaat af tot sy laagste verstelling en los vir ń verdere 20 minute of totdat die rys gaar is.
• En dis dit, ń regte Paella

Bron:  Albert Buitenhuis

Hier is Albert se paella resep
http://www.foodloversrecipes.com/2016/01/albert-se-paella/




ALBERT SE PAELLA

 

imagetested

ALBERT SE PAELLA

Ek maak hierdie Paella in my drukkoker omdat ń mens nie altyd ń Paella pan beskikbaar het, of die plek om een te gebruik nie.

Bestandele:
2 koppies rys
2 groot uie – grof gekap
2 groot rooi pepers – in 2cm x 2cm blokkies gesny
2 – 4 huisies knoffel – fyn gedruk
1 blikkie (+/- 410g) tamatie stukkies
1 Chorizo worsie van sowat 250g in wieletjies gesny
3 hoender aftreksel blokkies
2 eetlepels gerookte paprika
3 eetlepels olyf olie
1 koppie groen ertjies
1.5 kg hoenderstukke (ek verkies boudjies of te wel drumsticks)
500g garnaal (prawn) sterte – lekker grootes – skoongemaak maar los die stertjies aan.
500g Calamari ringe
500g mossels in hul skulpe

So maak mens:
1. Braai die uie, rooi peper en Chorizo wors wieletjies in jou pot totdat die uie deurskynend is. Voeg knoffel by en braai vir nie langer as ń minuut nie.
2. Voeg nou die blikkie tamatie plus 3 blikkies vol water in die pot. Roer hoender aftreksel blokkies, sout en gerookte paprika in.
3. Plaas hoender in die pot en kook vir 30 minute.
4. Verwyder die hoender en plaas op ń bak plaat, besprinkel met sout en gerookte paprika en rooster in die oond tot goudbruin.
5. Gooi die inhoud van die pot deur ń sif en meet die vloeistof. Indien nodig, vul aan tot 1.25 liter deur water by te voeg.
6. Gooi die vloeistof, dit wat jy uitgesif het asook jou 2 koppies rys terug in jou pot. Kook totdat jy die rys net-net begin sien. Voeg nou die Calamari, ertjies en garnale by en roer in. Bring weer tot kook punt. Strooi die mossels oor. Plaas deksel op. Verwyder vanaf die hitte en laat staan vir 20 minute voor jy die deksel afhaal.
7. Skep op in ń diep bord, plaas 2 stukke hoender bo-op en garneer met ń skyf suurlemoen en ń takkie petersielie.

FOTO EN RESEP:  ALBERT BUITENHUIS

Lees ook hier vir meer inligting
http://www.foodloversrecipes.com/2016/01/albert-se-paella-die-proses/




SPANISH PAELLA

 

2015-08-17-spanishpaellatested

SPANISH PAELLA

INGREDIENTS
1xDosed Chouriso sausage
2xCubed chicken breast
1xcup calamari cubes
1x250gr mussels in shells
1kg prawns in she’ll (cleaned)
2xtastic rice
Half cup olive and sunflower oil mixed
1xfinelly chopped onion
3xred/yellow/green bell peppers
1chopped clove garlic
1xgrated tomato
1xtsp salt
1xtsp paprika
1/2xtsp pepper
1/2xtsp saffron
Juice of a lemon

METHOD
In large pot add oil, and half call all ingredients separately with exception to rice and veggies. Set aside.
Then brown onion, peppers, garlic add rice and 6 teacups chicken stock. Cook till water is absorbed and stir in chicken and seafood.
Squeeze lemon juice and serve!
Enjoy

SOURCE/PHOTO: Sylvia Thomaides Argyroula Spandagou