JUDY SE MELKSNYSELS
2 ½ koppies meel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
knippie sout
2 groot eetlepels margarien
4 liter melk
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in. Maak deeg aan met bietjie water. Rol uit en sny baie dun repies. Laat melk kook en gooi snysels in.
Ek laat die melk kook op die stoof en gooi dit dan in die slow cooker. Laat op low prut vir ‘n paar ure. Maak ook net die helfte. Gooi die ander snysels in ‘n roomysbak met baie meel oor en vries vir later gebruik. Gooi kaneelstokkie by die melk. Bedien met kaneelsuiker.
Foto en resep: Judy Bester