LAE GI PEER KOLWYNTJIES

peer muffins rinatested

LAE GI PEER KOLWYNTJIES
4 ekstra groot eiers
1 koppie suiker
30 ml canola-olie
10 ml vanieljegeursel
2 koppies vanieljegeur laevet jogurt
1 koppie vetvrye melk (kan ook volroom gebruik)
2 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
15 ml fyn kaneel
2.5 ml sout
2 koppies hawersemels (oat bran)
1 koppies volkoring Pronutro, ‘original’ of ‘apple bake’
3 groot pere, fyn gekap

Klits die eier tot donsig en voeg dan die suiker by. Voeg die res van die vloeistowwe by en meng goed. Meng al die droë bestanddele in ’n aparte bak. Voeg dan by die nat mengsel, klits goed en voeg die gekapte pere by.
Voorverhit die oond tot 220°C. Spuit twee reuse kolwyntjie panne met kossproei en vul met beslag. Sit die kolwyntjies in die oond, verlaag die hitte tot 190°C en bak vir 25min.
Wag totdat jou baksel afgekoel het voordat jy die kolwyntjies uitlig.
Hulle is wonderlik met kaas en konfyt en vries ook baie goed. Lekker bak!
Foto:  Rina Kleinhans




CRANOLA BARS

 

2014-12-17-cranolabarstested

2 cups steel cut oats
1/4 cup Sunflower Seeds
1/2 cup dried Cranberries
1/2 cup sliced Almonds
1/4 tsp Salt
1/2 cup Almond nut Butter
3/4 cup Maple syrup
1 tbsp Coconut Oil
3 tbsp Brown Sugar
mini Chocolate Chips
1. Preheat oven to 350 degrees F
2. Grease a 9X13 inch baking dish.
3. Mix Oats, Sunflower seeds, Cranberries & Almonds altogether in a bowl. Spread mixture on a cookie sheet and toast in preheated oven for about 8 minutes. Return mixture to bowl.
4. In a medium saucepan mix together Salt, Peanut Butter, Honey, Coconut Oil & Brown Sugar.
5. Bring to a boil over medium heat, Stir.
6. Pour over Oats mixture in bowl and Stir well, add chocolate chips if using.
7. Pour into baking dish. Press mixture down into pan.
8. Bake for 20 minutes.
9. Let completely cool and then Cut.
Ek het so 5 minute na dit uit oond gekom het dit met die beskuit ‘cutter’ gesny en dit het perfek gewerk. Beter om dit te doen terwyl nog warm want ek het dit al probeer wanneer dit koud is maar baie moeilik om dan te sny want dit is dan hard. Ek het hierdie resep verdubbel en ook so ongeveer 1k chocolate chips bygegooi en dit maak hierdie groot beskuit pan vol.
Geplaas deur Esme Slabbert (Bron: Onbekend en aangepas na smaak)




LOW CALORIES BROWNIES

LOW CALORIES BROWNIES
3/4 cup nonfat Greek yogurt (I used vanilla)
1/4 cup skim milk
1/2 cup Cocoa powder
1/2 cup Old fashioned rolled oats (like Quaker)
1/2 cup Truvia (or any natural/stevia based sweetener that pours like sugar)
1 egg
1/3 cup applesauce
1 teaspoon baking powder
1 pinch salt
Preheat the oven to 400°F. Grease a square baking dish (I used 8″x8″). Combine all ingredients into a food processor or a blender, and blend until smooth (about 1 minute). Pour into the prepared dish and bake for about 15 minutes. Allow to cool completely before cutting into 9 large squares.




MAAK JOU EIE MAASKAAS

MAAK JOU EIE MAASKAAS

Maak jou eie Maaskaas van afgeroomde melk!

Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik – sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in ‘n gaasdoeklap (cheese cloth material).
Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in ‘n sif oor ‘n bak en plaas ‘n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag.
Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil – fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop – heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie.

Gerdie van Zyl




LAEVET WITSOUS:

FLR BB be the first to give us a photo!!

LAEVET WITSOUS

250 ml laevet melk
15 ml mielieblom
sout, peper, rooipeper en gerasperde neut na smaak
125 ml gerasperde Lichten Blanc-kaas

METODE
Verhit die melk.
Meng die mielieblom met 30 ml van die melk.
Roer mengsel by die kokende melk. Voeg geurmiddels by.
Kook drie minute. Roer al die kaas by.




VERLAAGDE KALORIEË KAASKOEK

FLR BB be the first to give us a photo!!

 VERLAAGDE KALORIEË KAASKOEK
Bestanddele
3 eetlepels (45ml) verlaagde suiker konfyt (weigh- less)
225g lae- vet maaskaas (smooth)
275g onversoete muesli
225g lae- vet roomkaas
300ml tropiese vrugtejogurt
2x 11g sakkies gelatien, opgelos in 6 eetlepels water
2 eetlepels (30ml) versoeter/ suiker
Gesnyde vars vrugte vir versiering


Metode
Voer ‘n 23cm losboomkoekpan uit met waspapier.
Meng muesli en konfyt saam en druk onder in pan vas. Verkoel vir 20 minute.
Klits maaskaas, roomkaas, jogurt en versoeter/ suiker saam.
Roer afgekoelde gelatien in en skep op mueslikors.
Verkoel vir 30 minute of tot geset. Maak kante los met mes en verwyder kaaskoek.
Plaas op bord en versier met gesnyde vars vrugte. Genoeg vir 8- 10 mense