SPONSKOEK VIR YSTERVARKIES
1 ½ kp koekmeel
1 ½ teelepel bak poeier
1 koppie suiker
3 eiers
¾ koppie melk
3 eetlepels botter
Meng eiers en suiker goed, kook melk en botter. Giet by meel en bak poeier by eier mengsel.
As die melk en botter klaar gemeng is, voeg by die ander mengsel en meng goed, en bak in matige oond, 180°C vir 30 min, toets met stokkie om te sien of dit gestol het.
Ek weet dit werk vir ‘n sponskoek om enige iets by te sit.
Nota: moet asb nie margarine gebruik nie (sponskoek)
Resep: Ninky Bekker