YSTERVARKIES
Stel oond op 200ºC en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klop botter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.
Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute.
Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Laat verkieslik die koek staan vir ‘n dag, dan is die koek nie so “soggy” nie.
Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop
375 ml kookwater
600 g (750 ml) suiker
1 ml sout
15 g (30 ml) kakao
15 g (15 ml botter of margarien
5 ml vanieljegeursel
400 g (5 x 250 ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater. Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn
RESEP: Sonja Young