1

RANDKOEK GEMMER- EN SJOKOLADEVULSEL

RANDKOEK GEMMER- EN SJOKOLADEVULSEL
Twee heerlike flan vulsels.

GEMMERVULSEL
1 kopppie water
¾ koppie suiker
stukkie botter
1 gelyke eetlepel vlapoeier
1 teelepel gemmer
Kook die water en suiker saam. Sit ‘n stukkie botter in die water. Laat goed kook.
Meng vla en genoeg water om te meng en voeg by die suiker water.
Wanner gekook het haal van hitte af voeg die gemmer by die mengsel, meng deur laat afkoel.
Shep in die flan.
Die mengsel moet lekker dik wees soos melktert vulsel.

SJOKOLADEVULSEL
2 oz botter (56 g)
2 eetlepels melk
1 teelepel vanilla
1 eetlepel kakao, opgehoop
4 eetlepels versiersuiker
Smelt die botter in die pot. Haal die pot van die stoof af.
Meng al die bestanddele in die pot buiten die versiersuiker
Roer met ‘n houtlepel tot glad. Plaas terug op stoof en laat dit net opkook.
Voeg die versiersuiker by en meng deeglik. Laat afkoel en skep in flan.
Resepte: Marie Nel




GREAT SUCCESS SWISS ROLL


GREAT SUCCESS SWISS ROLL
4 eggs (seperated)
50 ml ice cold water
5 ml vanilla essence
5 ml baking powder
250 ml castor sugar
150 ml apricot jam
250 ml cake flour
¼ teaspoon salt
¼ teaspoon cream of tartar

Grease a baking/biscuit tray, line it with greaseproof paper and grease the paper, dust the paper greased with flour and shake off excess flour.
Set oven at 200°C and ensure the oven rack is in the middle of the oven.
Beat together the egg yolks, iced water and castor sugar till light in colour and fluffy, set aside.
Sift together the flour, cream of tartar and baking powder, fold into the egg yolk mixture using a perforated metal spoon (do not beat!!)
Beat/whisk the egg whites with the salt to form stiff peaks and fold into the cake mixture (do not beat!)
Pour the mixture into the prepared tray and spread it evenly.
Bake for EXACTLY 10 minutes (NOT more!!)
Whilst the cake is in the oven, dampen (not too wet) a clean kitchen towel, sprinkle with white sugar.
When the 10 minutes is up remove the cake from the oven, working quickly turn the pan over onto the sugary kitchen towel, carefully remove the paper, spread the warm jam evenly over the cake.
Trim away the long edges from the cake to prevent it from breaking.
Using both hands, begin rolling up the cake using the dishtowel to help as the cake will be hot (don’t roll up the dishtowel with the cake 😜)
keep rolling in this manner until your swiss roll is done!

Recipe: Helené Smith




WARM WATER SPONGE CAKE / CUPCAKES

WARM WATER SPONGE CAKE / CUPCAKES
3 large eggs
280 ml sugar
3 ½ teaspoon baking powder
375 ml flour
3 tablespoons butter
200 ml water
Beat eggs and sugar until white and fluffy.
Fold in the flour and sprinkle the baking powder over the mixture.
Heat the butter and water in a small pot until boiling point and pour over mixture immediately.
Fold the water mixture into the flour mixture until well combined.
Pour the batter into 2 prepared baking tins or into cupcake moulds.
Bake in a preheated oven at 180ºC for 20 min or at 160ºC for fan ovens.
Cupcakes bake for 15 to 18 minutes.
Recipe posted by Anneliese Niemandt




TIENKIE SPONSKOEK


TIENKIE SPONSKOEK
4 eiers, wit en geel geskei
1 koppie suiker
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie melk
⅓ koppie olie

Klits die eierwit lekker styf en net voor dit punterig word, gooi die helfte van die suiker by die wit en klits weer goed.
Klits die geel van die eier ook goed en voeg die ander helfte van die suiker hier by en klop tot dit lig in kleur word.
Sif die koekmeel en die sout saam. NIE die bakpoeier nou al nie. Voeg die meelmengsel by die geklitste eiergeel. Roer goed deur en voeg nou die wit van die eier by en meng weer goed.
Kook die melk en die olie in ‘n potjie.
Strooi die bakpoeier oor die meelmengsel en giet die kookmelk/olie by en meng dit goed.
Plaas dit in miniatuur broodpannetjies en bak vir so 20 minute teen 180ºC. Toets met ‘n stokkie vir gaar. Laat dit heeltemal afkoel.
Gebruik of gekookte karamel of lekker botter versiersuiker en ‘n lang nozzle om dit in die middel van die koekie in te spuit, lengte gewys.
NOTA
Die resep kan ook vir ‘n gewone wit koek gebruik word. Dis regtig lekker!!
Resep gepos deur Stien Rust




RYK SJOKOLADEKOEK


RYK SJOKOLADEKOEK
My vriendin Salomé, het eendag hierdie koek by die werk geëet en die resep in die hande gekry. Dit is ‘n maklike koek wat nie baie skottelgoed maak nie en in ‘n plat bak gebak word. Geen koekpanne en versiersel en wat nog nie. Ryk en romerig.
Smelt saam en laat effens afkoel:
220 g botter
½ koppie kakao
1 teelepel koffiepoeier
1 koppie kookwater
Klits saam:
2 eiers
1 ½ koppie suiker
Voeg die kakao- en kookwatermengsel by die eiermengsel en roer goed saam.

Meng by:
1 ¾ koppies bruismeel
½ koppie room
2 teelepel vanilla geursel
Giet die deeg in ‘n gesmeerde oonbak en bak vir 30 minute teen 170˚C. Toets die koek met ‘n “tweetand vurk”, indien die koek gaar is, kom die vurk skoon uit.  Druk die koek vol gaatjies met die vurk en plaas eenkant.
Bolaag:
3 x 58 g bar-one sjokolades
½ koppie room
1 teelepel botter
Smelt die bolaag bestanddele saam in ‘n potjie op die stoof of in die mikrogolf en giet die sous oor die warm koek waarin gate geprik is.

Resep en foto:  Tosca de Villiers




SPESIALE GRANADILLAKOEK


SPESIALE GRANADILLAKOEK
KOEK
250 g margarien
375 ml strooisuiker
4 groot eiers
750 ml koekmeel
25 ml bakpoeier
1 x 115 g (blikkie) granadillamoes
125 ml granadillasap
250 ml drinkbare granadillajogurt

Voorverhit oond tot 180ºC. Voer 2 koekpanne (20cm) met bakpapier of liggies gesmeerde
botterpapier uit.
Klits margarien en suiker tot lig van kleur en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits baie goed met elke byvoeging.
Sif droe bestanddele saam en vou om die beurt met granadillamoes,
sap en jogurt by eier-bottermengsel in.
Skep beslag in koekpanne en bak vir 30 minute.
Laat koeke heeltemal afkoel voordat dit versier word.

VERSIERING
125 g margarien
500 ml versiersuiker
75 ml granadillajogurt
25 ml suurlemoensap

Klits margarien en versiersuiker tot lig van kleur. Klits jogurt en suurlemoensap by.
Meng goed deur. Smeer kwart van versiering tussen die twee lae en ‘n kwart op
boonste laag.
Versier orige met spuitbuis.
Garneer boonste laag met kiwiskyfies.

Resep: Magda Graaff




WORTELKOEK MET BRUISMEEL


WORTELKOEK MET BRUISMEEL
4 eiers
500 ml suiker (ek het helfte gebruik)
250 ml olie
625 ml bruismeel (ek het koekmeel gebruik met 4 teelepels bakpoeier)
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
1 ml sout
750 ml gerasperde wortels
Klits die eiers en suiker saam tot romerig, voeg olie by en klits goed.
Meng droë bestanddele en voeg by eiermengsel.
Voeg wortels by en meng liggies.
Skep in twee panne en bak 40 min op 180 °C tot gaar.
Keer uit en laat afkoel.
Versiersel:
100 ml sagte botter
700 ml versiersuiker
200 ml gladde maaskaas
2 ml vanila
Meng botter en versiersuiker deeglik.
Voeg vanilla en maaskaas by en meng tot glad. Indien dit nie mooi bond of glad is nie, gooi nog versiersuiker by.
Smeer tussen en buite om koeke. Ek het donker sjokolade oor gerasper.
Resep en foto: Mclouwrens De Beer




KOFFIE EN PIESANG KOEK

KOFFIE EN PIESANG KOEK
125 ml (1/2 koppie) olie
375 ml (1 1/2 koppie) strooisuiker
4 eiers
5 ml (1 teelepel) vanielje
500 ml (2 koppie) koekmeel
2,5 ml (1/2 teelepel) bakpoeier
Knippie sout
2,5 ml (1/2 teelepel) koeksoda
7,5 ml (1 1/2 teelepel) koffiepoeier
15 ml (1 eetlepel) warm water
125 ml (1/2 koppie) karringmelk
250 ml (1 koppie) fyngedrukte piesang

Stel oond op 180°C
Klits olie, suiker en eiers saam. Voeg vanielje by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Roer koeksoda, koffie en warm water bymekaar tot opgelos. Roer karringmelk en piesangmoes by.
Roer die meel en piesangmengsel om die beurt by eiermengsel tot goed gemeng.
Skep in twee gesmeerde en gevoerde 20 cm koekpanne en bak vir 25 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat goed afkoel voor versier word.

VERSIERSEL:
5 ml (1 teelepel) koffiepoeier
20 ml (4 teelepel) warm water
125 g (1/4 blok) botter
750 ml (3 koppies) versiersuiker
20 ml (4 teelepel) sjokoladelikeur

 




MOIST CHOCOLATE CAKE – GLUTEN FREE OPTION


MOIST CHOCOLATE CAKE – GLUTEN FREE OPTION
8 inch pan.
1.5 cups cake flour
1 cup sugar
1/3 cup cocoa
1 teaspoon baking soda
½ teaspoon salt (I add a bit more)
1 tablespoon apple cider vinegar
½ cup vegetable oil
1 cup water

Put all dry ingredients in a bowl and stir through with a whisk.
Add the vinegar then oil.
Add water a little at a time while mixing by hand until its all mixed. Dont over mix
Bake at 190ºC for 45 mins.
Notes:
This batter is a little thick so don’t stress and add more liquid.
Baking time is never just 45 mins unless you mixed a single batch. Bigger cakes takes an hour usually.
Also good for cupcakes…about 20 mins
I have made this into different flavours, take out cocoa (I add a bit more flour then) and add vanilla.
If you substitute the water for 100% orange juice it makes an amazing zesty cake… cream cheese frosting is great for this.
Recipe and photo: Mona Croukamp

Nota:
Ek het ‘n gluten free koekmeel substitute gekoop en dis koppie vir koppie so jy volg die normale resep.




WENNER SPONSKOEK


WENNER SPONSKOEK
Om koek te bak is lekker. Vandag deel ek met jou ‘n lekker gewone sponskoek resep en die outjie kan jy versier nes jy verkies!
Ek gebruik een-en-drie-kwart koppies meel en vul dit aan tot twee koppies met kakao.
Sif saam:
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
knippie sout
Kook saam:
½ koppie kookolie
½ koppie melk
½ koppie water
Laat afkoel.
Klits saam baie goed:
4 eiers en
1 ½ koppie suiker
Vou meelmengsel by eiermengsel. Voeg gekookte melkmengsel bietjie-bietjie op ‘n slag by en klop goed.
Mengsel genoeg vir twee panne. Bak 35 minute of tot koeke gaar is by 180 °C.
Hierdie koek vries baie goed.
GENIET!
Resep en fotos: Lenore Combrink.