1

KERRIEWORTELS MET VARIASIE


KERRIEWORTELS MET VARIASIE
(Hierdie resep kan ook gebruik word vir kool, groenboontjies of eiervrug)
2 kg wortels, geskil en in ringe gesny
12 ml sout
500 g uie, in skywe gesny
500 ml suiker
20 ml kerriepoeier
750 ml asyn
25 ml mielieblom
5 ml borrie
5 ml rooi rissiepoeier(opsioneel)

Plaas die wortels in ‘n kastrol, bedek met water en voeg die sout by. Laat prut oor matige hitte tot die wortels halfgaar is. Dreineer die wortels en plaas dit terug in die kastrol. Plaas intussen die uie in ‘n bak en bedek met kookwater. Laat 15 minute staan en dreineer goed. Voeg die uie by die wortels in die kastrol. Meng die suiker, kerriepoeier, borrie, asyn en mielieblom en giet dit by die wortelmengsel. Bring tot kookpunt terwyl gedurig geroer word en laat prut dan 5 minute. Skep dit in gesteriliseerde flesse en seël die fesse goed.
Maak sowat 2 liter

Resep en foto:  Aletta Lettie Brown




PIEKEL WORTELS


PIEKEL WORTELS
Sny, skil, en was  die wortels.  Gooi wortels vir paar uur in pekelwater.
Spoel goed af.
Meng die volgende:
2 koppies asyn
1 koppie water
2 koppies suiker

Gooi bietjie of baie pekel speserye (pickeling spice by food lovers los te koop) by.
Kook wortels daarin vir so 4 min. Gooi in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
LEKKER piekels vir eet saam met vleis, slaaie en garnering.
My kleinkinders eet soos lekkergoed.
Resep:  Annemarie Friedrich




MAKLIKE KOPERPENNIE WORTELSLAAI


MAKLIKE KOPERPENNIE WORTELSLAAI
1 kg wortels, geskil en in skywe gesny
2 middelslag soetrissies, ontpit en sny in stukkies
2 uie, gekap
Kook wortels tot half gaar en dreineer oortollige water.
Gooi rissie en uie by wortels in kastrol.

Meng volgende sous:
1 pakkie (82 g) tamatiesop
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml Worcestersous
5 ml droë mosterd (of 7 ml aangemaakte mosterd)
sout en peper na smaak

Kook sous en roer aanhoudend tot kookpunt en kook dan vir 2 min.
Gooi sous by wortels en meng goed deur.
Sit terug op stoof laat sous deur kook. Bottel warm.
Resep Nicolette Papas




LORRAINE SE KERRIEWORTELS


LORRAINE SE KERRIE WORTELS
2 kg geelwortels
1 kg uie
2 x 500 ml witsuiker
50 ml matige kerrie poeie
50 ml mielieblom (ek sit so ‘n eetlepel meer in)
25 ml mosterd poeier
5 ml sout
750 ml wit asyn

Skil en sny die wortels in skyfies. Kook dit gewoon weg in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Laat dit goed dreineer.
Skil en kap uie fyn. Bedek dit met kookwater en laat dit 15 minute staan. Laat dit goed dreineer.
Meng die suiker, kerriepoeier, mielieblom, mosterdpoeier en sout. Voeg die asyn by en meng goed. Verhit die mengsel tot kookpunt. Voeg die wortels en uie by, meng en laat opkook.
Skep in gesteriliseerde flesse en verseël.
2de foto en resep: Lorraine de Vries
Foto:  Gideon Louw




KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL


KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL
MAAK EERS DIE SOUS:
250 ml (1 koppie) suiker
375 ml druiwe asyn
1 blikkie tamatiepasta
10 ml worchestersous
10 ml (2 teelepels) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
30 ml (2 eetlepels) mielieblom, aangemaak met bietjie koue water

Meng al die bestanddele en verhit tot suiker opgelos is.
Laat goed deurkook – (die resep hier bo is een basiese tamatiesous).

NOU DIE VOLGENDE:
750 g geelwortels, geskil en in skyfies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groot ui, in ringe gesny

Kook die wortels in water tot sag maar nog bros (nie pap).
Dreineer en voeg die rissie en uie by asook die kokende sous en laat weer so rukkie kook.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël.
Dit hou letterlik ‘n jaar en langer.
Resep: Esmé Randall




LINDA SE KERRIE KOOL- EN WORTELSLAAI


LINDA SE KERRIE KOOL- EN WORTELSLAAI
8 koppies gekapte kool
4 koppies gerasperde wortels
6 koppies gekapte uie
3 koppies Bruinsuiker
3 koppies bruin asyn
30 ml mosterdpoeier
6 eetlepel kerriepoeier
4 teelepel sout
6 eetlepel maizena

Kook saam: kool, wortels,uie,suiker en twee koppies asyn tot amper gaar.
Nog lekker crispy.
Meng res en voeg by.
Kook nog so 5 min. En bottel warm soos normaal.
Hierdie resep lewer ongeveer 9 x 375 ml botteltjies.
Resep: Linda J van Vuuren
Foto: Christelle van Rooyen




KOPERPENNIE WORTELSLAAI

KOPERPENNIE WORTELSLAAI
1 kg wortels geskil en in skywe gesny
2 middelslag soetrissies, ontpit en sny in stukkies
2 uie gekap
Kook wortels tot half gaar en dreineer oortollige water.
Gooi rissie en uie by wortels in kastrol.

Meng volgende sous:
1 pakkie (82 gr) tamatiesop
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml worcestersous
5 ml droë mosterd (of 7 ml aangemaakte mosterd)
sout en peper na smaak

Kook sous en roer aanhoudend tot kookpunt en kook dan vir 2 min. Gooi sous by wortels en meng goed deur. Sit terug op stoof laat sous deur kook. Bottel warm.
Foto en resep deur Aneen Ferreira




TASCHA SE KERRIE BOONTJIES EN WORTELS

TASCHA SE KERRIE BOONTJIES EN WORTELS
1.5 kg gekerfde boontjies
1.5 kg blokkie wortels
1 kg gekerfde uie
2 teelepels (gelyk geskraap) sout
Kook 10 min in stoompot.
1 bottel asyn (750ml)
3 koppie suiker
2 teelepels kerrie (gelyk geskraap)
2 eetlepels (hoogvol) Maizena

Kook asyn en suiker saam.
Maak pasta van maizena en kerrie.
Roer in kokende mengsel.
Gooi oor bone.
Kook 5 minute
Bottel warm
(Ons hou van brand… so ekt geproe tot hy reg is terwyl ek meer kerrie by gegooi het)
Resep en Foto: Natascha de Jongh




MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL

MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL
Ek het 3 bottels uit die resep gekry (agurkiebottels) en nog oor gehad wat gisteraand vir 4 mense as slaai gebruik was.
1 kg uie gekerf
2 kg wortels (ringetjies of blokkies gesny)
2 ¼ teelepels sout
2 ½ koppies suiker
3 koppies asyn
1 teelepel borrie
½ koppie koekmeel
¼ koppie mosterdpoeier
Kook wortels en uie saam tot sag (met die sout bygevoeg)
Gooi water af as gaar
Meng al die ander bestanddele en voeg by groente
Kook vir 15 minute (lae hitte) en roer gedurig (dit brand baie maklik)
Bottel warm
Veral lekker as slaai saam met braaivleis of koue vleis
Resep en foto: Ragiela Cloete




PETRE SE KERRIEWORTELS

PETRE SE KERRIEWOTELStested

PETRE SE KERRIEWORTELS
2 kg wortels, geskil en in wieletjies gesny
1 kg uie, gekap
Kook in water tot sag maar nie pap nie. Dreineer.

Meng saam en bring tot kookpunt:
5 koppies asyn
1 koppie water
3 koppies suiker
2 opgehoopte teelepels borrie
3 eetlepels kerrie
1 eetlepel sout

Voeg sag gekookte wortels en uie by, en kook goed deur.
Meng 6 teelepels Maizena met water en voeg by kerriewortels. Kook goed deur en bottel warm.
BRON – Petré van Jaarsveld