KERRIEWORTELS MET VARIASIE
(Hierdie resep kan ook gebruik word vir kool, groenboontjies of eiervrug)
2 kg wortels, geskil en in ringe gesny
12 ml sout
500 g uie, in skywe gesny
500 ml suiker
20 ml kerriepoeier
750 ml asyn
25 ml mielieblom
5 ml borrie
5 ml rooi rissiepoeier(opsioneel) Continue reading
Search Results for: wortels
PIEKEL WORTELS
PIEKEL WORTELS
Sny, skil, en was die wortels. Gooi wortels vir paar uur in pekelwater.
Spoel goed af.
Meng die volgende:
2 koppies asyn
1 koppie water
2 koppies suiker
Gooi bietjie of baie pekel speserye (pickeling spice by food lovers los te koop) by.
Kook wortels daarin vir so 4 min. Gooi in gesteriliseerde bottels en seël dadelik.
LEKKER piekels vir eet saam met vleis, slaaie en garnering.
My kleinkinders eet soos lekkergoed.
Resep: Annemarie Friedrich
MAKLIKE KOPERPENNIE WORTELSLAAI
MAKLIKE KOPERPENNIE WORTELSLAAI
1 kg wortels, geskil en in skywe gesny
2 middelslag soetrissies, ontpit en sny in stukkies
2 uie, gekap
Kook wortels tot half gaar en dreineer oortollige water.
Gooi rissie en uie by wortels in kastrol.
Meng volgende sous:
1 pakkie (82 g) tamatiesop
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie Continue reading
LORRAINE SE KERRIEWORTELS
LORRAINE SE KERRIE WORTELS
2 kg geelwortels
1 kg uie
2 x 500 ml witsuiker
50 ml matige kerrie poeie
50 ml mielieblom (ek sit so ‘n eetlepel meer in)
25 ml mosterd poeier
5 ml sout
750 ml wit asyn
Skil en sny die wortels in skyfies. Kook dit gewoon weg in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Laat dit goed dreineer.
Skil en kap uie fyn. Bedek dit met kookwater en laat dit 15 minute staan. Laat dit goed dreineer.
Meng die suiker, kerriepoeier, mielieblom, mosterdpoeier en sout. Voeg die asyn by en meng goed. Verhit die mengsel tot kookpunt. Voeg die wortels en uie by, meng en laat opkook.
Skep in gesteriliseerde flesse en verseël.
2de foto en resep: Lorraine de Vries
Foto: Gideon Louw
KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL
KOPERPENNIE WORTELSLAAI VIR BOTTEL
MAAK EERS DIE SOUS:
250 ml (1 koppie) suiker
375 ml druiwe asyn
1 blikkie tamatiepasta
10 ml worchestersous
10 ml (2 teelepels) aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
30 ml (2 eetlepels) mielieblom, aangemaak met bietjie koue water
Meng al die bestanddele en verhit tot suiker opgelos is.
Laat goed deurkook – (die resep hier bo is een basiese tamatiesous).
Continue reading
LINDA SE KERRIE KOOL- EN WORTELSLAAI
LINDA SE KERRIE KOOL- EN WORTELSLAAI
8 koppies gekapte kool
4 koppies gerasperde wortels
6 koppies gekapte uie
3 koppies Bruinsuiker
3 koppies bruin asyn
30 ml mosterdpoeier
6 eetlepel kerriepoeier
4 teelepel sout
6 eetlepel maizena Continue reading
KOPERPENNIE WORTELSLAAI
KOPERPENNIE WORTELSLAAI
1 kg wortels geskil en in skywe gesny
2 middelslag soetrissies, ontpit en sny in stukkies
2 uie gekap
Kook wortels tot half gaar en dreineer oortollige water.
Gooi rissie en uie by wortels in kastrol.
Meng volgende sous:
1 pakkie (82 gr) tamatiesop
250 ml water
200 ml wit asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
10 ml worcestersous
5 ml droë mosterd (of 7 ml aangemaakte mosterd)
sout en peper na smaak
Kook sous en roer aanhoudend tot kookpunt en kook dan vir 2 min. Gooi sous by wortels en meng goed deur. Sit terug op stoof laat sous deur kook. Bottel warm.
Foto en resep deur Aneen Ferreira
TASCHA SE KERRIE BOONTJIES EN WORTELS
TASCHA SE KERRIE BOONTJIES EN WORTELS
1.5 kg gekerfde boontjies
1.5 kg blokkie wortels
1 kg gekerfde uie
2 teelepels (gelyk geskraap) sout
Kook 10 min in stoompot.
1 bottel asyn (750ml)
3 koppie suiker
2 teelepels kerrie (gelyk geskraap)
2 eetlepels (hoogvol) Maizena Continue reading
MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL
MOSTERDWORTELS WARM GEBOTTEL
Ek het 3 bottels uit die resep gekry (agurkiebottels) en nog oor gehad wat gisteraand vir 4 mense as slaai gebruik was.
1 kg uie gekerf
2 kg wortels (ringetjies of blokkies gesny)
2 ¼ teelepels sout
2 ½ koppies suiker
3 koppies asyn
1 teelepel borrie
½ koppie koekmeel
¼ koppie mosterdpoeier
Kook wortels en uie saam tot sag (met die sout bygevoeg) Continue reading
PETRE SE KERRIEWORTELS
PETRE SE KERRIEWORTELS
2 kg wortels, geskil en in wieletjies gesny
1 kg uie, gekap
Kook in water tot sag maar nie pap nie. Dreineer.
Meng saam en bring tot kookpunt:
5 koppies asyn
1 koppie water
3 koppies suiker
2 opgehoopte teelepels borrie
3 eetlepels kerrie
1 eetlepel sout
Voeg sag gekookte wortels en uie by, en kook goed deur.
Meng 6 teelepels Maizena met water en voeg by kerriewortels. Kook goed deur en bottel warm.
BRON – Petré van Jaarsveld