LEKKER MAKLIKE HOENDER

MAKLIKE HOENDER

LEKKER MAKLIKE HOENDER
9-12 hoenderporsies
1 koppie mayonnaise
1 koppie blatjang
1 pakkie bruin uie soppoeier
300ml water

Voorverhit oond op 160ºC.
Meng die mayonnaise, blatjang en uie soppoeier goed bymekaar.
Gooi die mengsel oor die hoenderstukke en bak in ‘n toe skottel op 160ºc vir 1 uur.
Verwyder deksel en verbruin.
Resep en foto: Joey Krüger




BACON KIP HOENDERPASTEI

tested
BACON KIP HOENDERPASTEI
1 kg hoender
250 ml mayonnaise
250 ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of bacon kips

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie.
Maak fyn en haal al die beentjies uit.
Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850 ml is.
Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C.
Maak chips of bacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min.
Bedien saam met lekker vars slaai.
*Vriendin – Rina Kleinhans




DURKY SOUS HOENDERSTUKKE

DURKY SOUS HOENDERSTUKKE
(spur buffalo wings resep:
gewone asyn
fyn knoffel
rooi peper
hoender stukke

Meng sous na smaak (ongeveer 1 koppie asyn + 1/4 koppie fyn knoffel en rooi-peper soveel soos jy kan hanteer <brandsgewys>) (dit is die durky sous)

‘deep fry’ die hoender stukke tot crispy.
Haal uit olie uit, dip direk in die durky sous
Sit in vlak olie, braai die hoender stukke (wat in die durky sous was) vir so paar minute.
**opsioneel (ek doen dit soos c.) –
Dip weer in die sous en bedien
Bedien en sit nog van die sous oor
Dip weer in die sous en bedien met nog extra sous bo-oor.
Resep:  Karin Rheeders Pearson




CHICKEN ALA QUEEN NATS


CHICKEN ALA QUEEN NATS
1/2 koppie baconbits
4 hoender borsies blokkies gesny of oorskiet hoender.
1 groot ui grof gesny
1/2 koppie ertjies
1/2 koppie mielies
1/2 koppie wortel ringe
1/2 teel.  rooi paprika
2 huisies knoffel gepers


500 g sampioene gesny
Sout, peper, chicken spice, tiemie en vars pietersielie
1 pakkie sampioensop poeier.
Braai spek, uie en hoender (nie as dit leftovers is nie)en alle kruie en knoffel behalwe pietersielie tot goudbruin.
Braai nou kort die groente by behalwe die sampioene, (en die leftover hoender) voeg genoeg water by tot alles bedek is. Kook tot alles gaar is en die water al redelik verdamp het. Gooi nou sampioene en pietersielie by en die sop aangemaak met ‘n koppie (kook)room. Kook tot sous lekker dik en alles gaar is.
Bedien met basmati rys of gewone rys. En mengelslaai.
Geniet.
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot



APPELKOOS GLANS HOENDER

MIKROGOLFOOND

APPELKOOS GLANS HOENDER
(4-6 PORSIES)

Heel hoender ongeveer 1.5 kg
5 ml appekooskonfyt
sout
bietjie paprika
bietjie hoenderspeserye
sousmengsel
swartpeper
witpeper
5 ml botter

Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10 sekonders op hoog tot sag en smeer oor hoender. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8 min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3 min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2 min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22 min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20 min staan voor dit gesny en bedien word.

Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof

Sousmengsel: http://www.foodloversrecipes.com/2013/05/bere-sousmengsel/#more-4664




KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT


KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT

BESTANDDELE
30 G Botter
8 Hoenderstukke
Basieliekruid
Origanum
Tiemie
Sout En Peper
35 Ml Suurlemoensap
250 Ml Droe Wit Wyn
250 Ml Warm Hoenderaftreksel
12, 5 Ml Sjerrie
100 Ml Room
Mielieblom

METODE
Gooi Die Kruie Oor Die Hoender En Braai Bruin In Die Stoompot. Gooi Die Suurlemoensap, Wyn En Aftreksel In, Bedek, Bring Tot Hoog En Kook Vir 15 Minute.Verminder Die Drukking En Haal Die Deksel Af Meng Die Sjerrie, Room En Mielieblom En Roer By Die Hoendermengsel .Laat Die Sous Verdik En Bedien




PARMASAN MAYONNAISE BAKED SKINLESS CHICKEN BREAST

tested

PARMASAN MAYONNAISE BAKED SKINLESS CHICKEN BREAST
Serves 4
I found this recipe online and tried it tonight. It was a WINNER!!! Yummy!

3-4 skinless boneless chicken breasts trimmed
1 cup mayonnaise
1/2 cup Parmesan cheese grated (fresh preferred)
1 1/2 t seasoning salt
1 t garlic powder (I used crushed garlic)
1/2 t pepper
1/3 cup Italian Bread Crumb
1) Preheat oven to 200. Trim, rinse and pat dry 3-4 skinless boneless chicken breasts. Pound them with a rolling pin or wine bottle to tenderise and flatten slightly
2) In a bowl, mix 1 cup mayonnaise, 1/2 cup Parmesan cheese, 1 1/2 tsp seasoning salt, 1 t garlic powder or crushed garlic and 1/2 t pepper.
3) Spray a baking tray with oil
4) Dip the chicken breasts in the mayonnaise Parmesan mixture. Be sure to get all surface coated. Finger use allowed but be sure to wash well after.
5) Lightly sprinkle with some Italian bread crumbs on both sides. I used less than 1/3 cup on four large breasts. You are not coating them. Just adding some crispy and flavor.
6) Bake for half an hour or so. Let rest for 5 to 10 minutes before serving.
Recipe posted by Angela Landsberg



HANNALIE SE HOENDERKERRIE

2015-07-23-hoenderkerrietested

HANNALIE SE HOENDERKERRIE
3 hoenderborsies
3 groot aartappels
2 geelwortels
1 groot ui
1 piesang
1 granny smith appel
Knoffel
Sout
Peper
Gemengde kruie
Maizena
Blatjang
Kerrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel
Borrie poeier ± 1 opgehoopte teelepel

Kook die hoender in ± 1½ koppies water, voeg sout, peper, knoffel en gemengde kruie by.
Kook tot sag. Haal vleis uit en laat eenkant om effens af te koel. Sny op in stukkies.
Sny aartappels in blokkies en die wortel in skyfies en kook tot sag in vleiswater.
Intussen braai gekerfte ui in bietjie olyfolie tot glaserig, voeg gerasperde appel en gesnipperde piesang by.
Voeg nou die Kerrie- en borriepoeier by en braai vir 2-3 min. Voeg nou die hoender en uiemengsel by die saggekookte groente en meng deur. Indien water min is voeg nog by. Voeg nog geurmiddels en blatjang by na smaak. Meng ongeveer 2 teelepels Maizena met ‘n bietjie melk (¼ koppie) en voeg by kerriepot om te verdik. Kook goed deur tot lekker sous gevorm het. Bedien op bruinrys met gestoofde vrugte.

RESEP:  Hannalie Kitshoff
FOTO:  Amanda Conradie




GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP

tested

GERDA SE LEKKER HOENDER RESEP

Ek het die jare terug by my Ma geleer.

Jy pak jou hoenderstukkies in ‘n bak en smeer DIK Mayonaise oor. Die hoender moet droog wees en daar moet geen deksel opkom as dit in die oond ingaan nie, anders gly al die mayonaise af en le op die bodem van die pan. Dit maak so ‘n heerlike bruin korsie.Ek gaan ook van Ina Paarman se sousie probeer en Rina vir ‘n klaar gaar hoender is dit defnitief op die spyskaart.
Dan nog ‘n hoender resep wat my ma gemaak het.
Skud hoenderstukkies in ‘n plastieksak met meel en sout. Braai bruin in vlak olie. Pak nou laag hoender stukkies, rasper dik laag uie oor, dan laag dik laag tamaties. Herhaal die lae. Strooi tussen die lae speserye van jou keuse Dis njammies lekker
dit moet lekker lank bak. Die uie tamaties en wortels moet nie meer apart wees nie maar so ‘n lekker dik sous maak.

Wat n hoenderpastei besonder lekker maak is Bacon Kips.Krummel die Bacon kips dat dit kleinerige stukkies is. Voeg dan net meer vloeistof by. Ek gooi altyd Ideal Melk of Carnation melk by. Die Bacon Kips moenie droog wees nie. Dit raak dan heeltemal ‘deel’ van die pasteie met ‘n besondere smaak.

Resep: Gerda Potgieter




ROERBRAAI HOENDER


ROERBRAAI HOENDER
Kookolie
2 groot uie gesny
750 ml gekerfde kool
3 Geelwortels
½ Engelse komkommer in repe gesny
1 Soetrissie
1 blik pynappelstukkies
Sout en peper na smaak
4 gaar hoenderborsies in stukkies gesny

Verhit ‘n bietjie kookolie in ‘n groot pan.
Voeg al die bestanddele, behalwe die hoender by en braai tot amper gaar. Voeg die hoender by en geur. Braai deur tot hoender lekker warm is en bedien.

Mariaan van der Westhuizen