GEKRUMMELDE HOENDERGEBAK

GEKRUMMELDE HOENDERGEBAK
8 hoenderstukke
1 eier
¼ pakkie Bacon Kips, gekrummel
250 ml mayonnaise
5-10 ml kerriepoeier
1 ui
1 pakkie sampioenroom soppoeier
600 ml water

Voorverhit oond tot 180°C.
Doop die hoender in die eier en dan in die gekrummelde koekies, pak in oondbak en bak 30 minute.
Meng die mayonnaise, kerriepoeier, soppoeier en ui, en roer die water geleidelik by.
Gooi die sous oor die hoender en bak verder vir 35 minute.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




HOENDERLASAGNE

HOENDERLASAGNE
(12 ruim porsies)
Hierdie gereg vries baie goed, en is eers lekker na ‘n dag of 2 in die koelkas.
2 gaar hoenders- ontbeen en in stukke gesny
½ pak Groen lintnoedels
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene gekerf
2 gekapte groenrissies
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek gesnipper
2 pk Room van hoendersop aangemaak met 3-4kp hoenderaftreksel
2 huisies knoffel gekap
Sout, peper, kruie en mostert na smaak

Kook noedels gaar in kookwater. Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur. Geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis en noedels. Gooi in plat gesmeerde oondskottel en strooi kaas bo-oor. Bak by 180°C vir 45min. Bedien saam met slaai en lekker vars broodjies.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans




LEMOEN HOENDERGEREG

Lemoen Hoendergeregtested|
LEMOEN HOENDERGEREG

12 hoenderporsies, gegeur met sout, peper en hoenderspeserye.
Braai in warm olie tot bruin.
Pak in oondskottel en gooi ½ koppie sultanas bo-oor.
Meng:
1 ½ kp lemoensap,
1 kp blatjang en
1 teel bisto en gooi oor hoender.
Bedek met foelie of deksel en bak vir 1 uur teen 180 grade
Verwyder die deksel en bak nog 30-45min.
Bedien met rys en mengelslaai

RESEP: Onbekend
FOTO: Charmaine Du Toit Meldrum




ANDRE SE HOENDERKERRIE

ANDRE SE HOENDERKERRIE
(vir 12 vlerkies/boudjies) – of vleis van jou keuse
2-3 eetl sterk kerriepoeier (R***h Hot)
1 tlp knoffel
2 groot uie gekap
1 tlp borrie
½ tlp rooipeper (pas aan na smaak)
1 blikkie tamatiepasta
½ tlp fyn komyn (Jirrah) (engels – cumin)
Sout en Peper
½ tlp fyn gemmer

Verhit olie in pot. Braai uie tot bruin. Gooi alles behalwe tamatiepasta by en braai STADIG saam met uie vir ± 2 minute. Moenie laat brand nie, anders raak mengsel bitter. Voeg klein bietjies water by indien dit droogbraai.
Sit die vlerkies by en voeg ± 250-500ml water by en laat prut tot vlerkies sag is. Sit paar aartappels en tamatiepasta by en kook verder tot sag. Bedien op rys met tamatie-salsa, blatjang, klapper en piesangskywe. Of ons gunsteling is deesdae plein joghurt met fyn gesnipperde vars mint.
To die for!!
Resep:  Lorraine Weitz Brand



MOROKAANSE HOENDERGEREG

marokaanse hoender
MOROKAANSE HOENDERGEREG

BESTANDELE
16 hoenderdye en ‘boudjies
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml paprika
7.5 ml fyn koljander
7.5 ml fyn komyn
½ ml kaneel
5 ml gedroogde tiemie
10 ml bruinsuiker
30 ml olyfolie

Metode:
Meng die speserye, tiemie en bruinsuiker met die olyfolie.
Besprinkel die hoender mildelik met sout en swartpeper. Gooi die spesery-oliemengsel oor en meng goed deur sodat al die hoender met die mengsel bedek is.
Laat dit minstens ‘n halfuur alleen om te marineer, dit kan egter oornag ook marineer.
Dan kan jy dit buite op die vuur braai, of bak dit in die oond teen ‘n hoë temperatuur (200 – 220 °C) vir ‘n uur, afhangend van die grootte en dikte daarvan.



BOURBON CHICKEN

tested

BOURBON CHICKEN
4 chicken breasts
1/2 cup soy sauce
1/2 cup brown sugar
1/2 tsp garlic powder
1 tsp ground ginger
2 tbs onion flakes
1/2 cup Bourbon
How To
1 . Mix all of the marinade ingredients together in a large bowl, then add the chicken pieces,
stirring well until the chicken is completely coated.
2. Cover the bowl and place in the fridge to marinate overnight.
3. To cook, heat the oven to 325 degrees F ( 1 60 degrees C), and bake the chicken in an
oven dish for 90 minutes (or until well browned and cooked through completely), basting frequently.
4. Delicious served with noodles or rice.




GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER

2015-06-25-gebaktebroccoli-hoendertested

GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER
1 klaar gaar hoender gepluis en vel verwyder of 4 ontbeende hoender borsies klaar gaar gemaak en opgesny
250 g broccoli
15 ml (1 eetleepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
SOUS
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ koppie) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180C.
Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier saam. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ‘n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar

 

PHOTO: Lisinda Blaauw

NOTE: I used one pkt brown onion soup with 700 ml milk instead of the mushroom soup.




HOENDERGEREG MET SIMBA

HOENDERGEREG MET SIMBA
BESTANDELE
500g Ontbeende hoender
1 Koppie rys
1 Pakkie hoenderroom soppoeier
150g Cheese&Onion / Chutney Simba chips
125ml Mayonaisse

METODE
Kook hoender tot sag en gaar (hou die water).
Maak hoender fyn.
Kook rys in die water van die hoender (hou enige oortollige water).
Meng soppoeier met oortollige water, en voeg water by tot 750ml water.
Maak chips baie fyn.
Meng alles saam en skep in ‘n gesmeerde, oondvaste bak.
Bak oop vir 30 minute teen 180C.
Genoeg vir omtrent 5 mense.
Marie Rheeder Troskie



FEESTELIKE HOENDER

hoender - gewatermerktested

FEESTELIKE HOENDER
8 hoenderporsies skoongemaak
Meng saam:
Sout en peper
80 – 100 ml koekmeel (hang af hoe groot jou hoenderporsies is)
5 ml kerriepoeier
2 ml borrie
Braai saam:
1 ui fyngekap
2 knoffel vingertjies opgekap
Groen soetrissie opgekap na smaak
50 ml olie
Sous:
125 ml blatjang of sweet chilli sous
125 ml tamatiesous
30 ml worcestersous
150 ml water
OPSIONEEL: fyn naeltjies, pietersielie en 125 ml sultanas

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.
Meng die volgende saam in -plastieksak: koekmeel, kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies.
Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak.
Gooi die res van die meelmengsel in die sakkie oor die hoender.
Soteer die uie, knoffel en groen soetrissie in die olie tot sag.
Voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar.
Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10 min tot lekker bruin.
Bedien met rys en slaai.

Resep en foto:   Rina Kleinhans




HOENDER PASTA GEREG

hoenderpaste gereg Diane
HOENDER PASTA GEREG
Ek het 1 heel Hoender in water met sout & hoender ekstrak gekook tot sag. Hou die water eenkant. (Genoeg water)

Kook 1 pak Elbow Macaroni (Ek gebruik altyd Elbow)
Braai saam:
2 green peppers (gekap)
3 groot ui (gekap)
2 pak sampioene (gesny)
2 pak spek (gesnipperd)
2 tamaties (fyngemaak)
crushed garlic (sommer baie)

Kook 1 pak macaroni sag en dreineer (hou 1 kant)
Voeg by gebraaide mengsel 1 pakkie mushroom soppoeier en vloeistof (tenminste 3 koppies) waarin hoender gekook is en kook deur.

Voeg pasta en hoender in oondskottel
Voeg 2 teel. Robertsons kruie by en roer deur
Gooi gebraaide mengsel bo-oor enroer deur
Gooi 250 ml Ultraroom oor
Sprinkel dik laag gerasperde kaas bo-oor
Bak 3/4uur teen 180°C

Resep en foto:  Diane Roode Hancox