OVEN-BAKED BBQ CHICKEN


OVEN-BAKED BBQ CHICKEN
6 tablespoons packed light brown sugar, divided
1 1/4 teaspoons kosher salt, divided
2 teaspoons freshly ground black pepper, divided
1 teaspoon smoked paprika
1 teaspoon garlic powder
1 whole chicken, cut into 2 wings, 2 breasts, 2 drumsticks and 2 thighs
1 1/2 cups ketchup
1/4 cup Worcestershire sauce
3 tablespoons yellow mustard
2 tablespoons apple cider vinegar
1 1/2 tablespoons fresh lemon juice
2 tablespoons vegetable oil

1 – Preheat the oven to 350F. Line a large baking sheet with parchment paper.2 – In a small bowl, combine 2 tablespoons of the brown sugar, 1 teaspoon of the salt, 1 teaspoon of the pepper, the paprika and the garlic powder to a small bowl. Stir to combine. Rub the mix on the chicken pieces.3 – Combine the ketchup, Worcestershire, mustard, vinegar, lemon juice and the remaining 4 tablespoons of brown sugar, 1/4 teaspoon of salt, 1 teaspoon pepper in a medium saucepan. Cook over medium-low heat, stirring, for 5 minutes.

4 – Heat the oil in a Dutch oven or heavy bottomed pan. In batches, add the chicken to the hot pan and cook until browned on both sides, about 3 minutes per side. Transfer the browned chicken pieces to the prepared baking sheet. Add 1/2 cup of the prepared bbq sauce to a small bowl and brush over both sides of the chicken. Bake for 25 to 35 minutes, or until cooked through. Remove from the oven and brush with additional sauce and serve the remaining sauce for dipping.

Tips:
*I used all dark meat because it was on sale at the store that day.
*I used regular paprika instead of smoked paprika because that is what I had on hand, but I’m guessing the smoked paprika would be great!

Peggy Devine




HOENDERPOTJIE MET IDEAL MELK

HOENDERPOTJIE – MAAK ‘n LAS
12 Stukkies hoender
1 blikkie pynappel
1 blikkie sampioene
1 pakkie wit uiesop
1 pakkie beesstertsop
1 blikkie idealmelk
geel aromat
braaivleis speserye
groente van eie keuse
5 uie
1 pakkie streep spek

Vryf braaivleis speserye in vleis
Braai uie en spek in 30 ml. olie
Voeg pynappelsap by en dan vleis. Kook vir 20 min.
Voeg aartappels by en kook nog 10 min.
Meng sop met idealmelk en voeg by. Voeg dan groente by en kook stadig tot gaar. Oppas dit brand vinnig.

2de foto en resep geplaas deur Lida Pieterse
Foto van Resep: Marlize Williams




HOENDER EN ASPERSIEROOMPOT

HOENDER EN ASPERSIEROOMPOT

50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
250 g gekleurde skroefnoedels
15 klein aartappels, geskil
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 geel soetrissie, in repe gesny
250 g knopiesampioene, heel
250 ml gerasperde chedderkaas
Sous

410 g aspersiestukke met vloeistof (1 blik)
250 ml vars room
750 ml witwyn
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
30 ml aromat
30 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml knoffelsout
2 ml varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie oor matige kole in die pot. Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit. Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank. Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender. Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by. Strooi die kaas bo-oor.

Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor. Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole. Moenie die potjie roer nie. Roer dit deur net voor bediening.

Resep geplaas deur Heiner Lange




STICKY CHICKEN

Skulpie noedelslaai

Less than 1.5 hours
Serves: 6
Main Ingredients
6 pieces chicken drumsticks and thighs
250 ml no name apricot jam
1 cup PnP mayonnaise
1 packet PnP brown onion soup
1 pinch salt and milled pepper
Method:
Pre-heat oven to 180°C
Trim the chicken pieces of all excess fat and place in an oven-proof dish
Mix together the apricot jam, mayonnaise & brown onion soup and pour over chicken pieces
Season with salt & pepper and cook until sauce is bubbly and chicken pieces are cooked
Serve with a large green salad and crusty bread
Foto:  Alta West




SOET-SUUR HOENDER

HOENDER IN MEEL
SOET-SUUR HOENDER

4 hoenderborsies in blokkies gesny
gegeurde koekmeel
kookolie vir braai
Terwyl hoenderstukkies (gerol in gegeurde meel) vinnig bruin braai, meng die volgende en verhit tot amper kookpunt:
9 eetlepels Suiker
3 eetlepels Tamatiesous
3 eetlepels Worcestersous
3 eetlepels Chutney (opsioneel)
1 1/2 koppie Water
1 koppie Asyn

Gooi dan oor hoender stukke en “kook” oor lae hitte tot sous lekker dik is en hoender gaar.
Ek het die volgende aanpassings gemaak en dit het heerlik gekom:
Sny 1 groot wortel in repies en 3 “gerkins” in stukkies, voeg saam ‘n klein blikkie fyn pynappel by die sous.

Resep:  Maureen van Jaarsveld
Foto en aapassings:  Rina Kleinhans




SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE

HOENDER STUKKE
SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE

Hoenderporsies [8-10]
1blik pynappelstukke[440g]
30ml tamatiesous
15ml suurlemoensap
15ml suiker
sout en peper
40ml mielieblom [2e]
2 uie fyn gekap
30ml asyn
20ml soyasous
5ml med. kerriepoeier
250ml hoenderaftreksel
Metode:
Pak jou hoenderporsies in n gesmeerde oondskottel en meng al jou bestanddele goed. Gooi oor jou hoender en bak by n vooraf verhitte oond by 180*C tot gaar en mooi bruin!!!

Yummy baie lekker




HOENDER TERREIN

2013-06-19-hoenderterrein
HOENDER TERREIN
hoender, eie hoeveelheid
ready dough
1 middelslag ui, fyngekap
8 sampioene, gesny
sout en peper, na smaak

Kook hoender in ‘n stoompot soos wanneer jy pastei sal maak.
Voer ‘n bak uit met ‘ready dough’, bodem en alle sye.
Braai die ui en sampioene tot amper gaar, geur met sout en peper. Meng met die hoender en skep die vleis in die bak.
Wanneer jy klaar is, maak snytjies aan weerskante van die deeg op die kort sye en vou na binne. Vou dan die lang sye se deeg oor hierdie. Bak by 200°C tot gaar.

Resep en foto: Jaco Redelinghuys




LEKKER HOENDER KERRIE

970741_10200553677057655_1993928689_n
LEKKER HOENDER KERRIE
1 ui, in blokkies gesny
1 groen rissie, in blokkies gesny
1 eetlepel knoffel, fyngekerf
8 hoender fillette, in blokkies gesny
1 opgehoopte eetlepel kerrie pasta
Orley whip room (die vir kook doeleindes en nie die rooi kartonnetjie met die aarbei op nie)
baba aartappels
± 750 ml water
kersie tamaties (ek het so 12 in die 750 ml kookwater gegooi om dit bietjie te laat swel
vars gemaalde swart peper/ bietjie sout
pakkie cook in a bag speserye (hoender geur)

Braai die uie/groenrissie/knoffel/ kerrie pasta en hoender in bietjie olyfolie tot hoender verkleur (wit) in ‘n groot genoeg kastrol sodat daar genoeg spasie is vir die res van die bestanddele en kook proses.
Strooi die cook in sauce speserye oor saam met die peper en sout oor. Gooi nou die tamaties met die water in die kastrol en sit die deksel op.
Prut vir so 30 minute.
Intussen sny die klein aartappeltjies in die helfte en maak dit in die mikrogolf oond gaar totdat dit sag maar tog nog ferm is (so plus minus 12 minute).
Gooi dit in die kerrie hoender en gebruik een pakkie Orley Whip en roer dit vinnig deur sodat die room nie skif nie. Laat dit verder prut totdat die hoender basies uit mekaar val.
Dien op met rolletjies en slaai.

Foto en resep:  Amanda Verster Vd Merwe




BLATJANG MAYONNAISE HOENDER

blatjang mayo hoendertested

BLATJANG MAYONNAISE HOENDER
Vir elke hoender of agt stukkies wat jy gebruik maak die volgende sous:
½ koppie mayonnaise
1 koppie chutney
1 pakkie bruin uie soppoeier
2 koppies kookwater

Meng al die bestandele hierbo saam en gooi oor die hoender wat gespice is met Aromat, sout en peper. Sit ook stukkies aartappels en ui in vir die smaak. Indien jy meer hoender neem, maak jy elke keer die sousresep net meer. Dit hang natuurlik af hoeveel sous jy vir jou hoendergereg wil he. Sit die hoender in die oond en bak vir 1uur en 30 minute op 180 °C. Haal die deksel af en braai totdat dit mooi goudbruin is.
Sit voor met basmati rys en garneer

 




GEVULDE HOENDERBORSIES

GEVULDE HOENDERBORSIES
(genoeg vir 4)
4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
1 dik sny mozzarella-kaas, verdeel in 4
4 dun snye ham
sout en varsgemaalde swartpeper
100 ml droë broodkrummels
100 g parmesaankaas, fyngerasper
2 eiers, geklits
sowat 60 ml olyfolie
15 ml olyfolie
400 g klein rosa-tamaties, gehalveer
1 knoffelhuisie, fyngekap
100 g ontpitte swart olywe
40 g vars roket

Verhit oond tot 180 °C.
Sny aan dik kant van elke borsie ‘n diep keep. Druk ‘n sny kaas in en dan ham. Maak toe en geur. Meng krummels en parmesaan. Doop hoender in eier en rol in krummelmengsel. Gooi helfte van 60 ml olie in oondbak en plaas hoender in bak. Sprinkel res van olie oor en sit in oond. Oondrooster vir sowat 30 minute. Verhit 15 ml olie in pan en voeg tamaties en knoffel by. Braai tot sag. Geur. Voeg olywe en roket by. Braai tot roket verlep, skep op en plaas vleis bo-op.

Bron: Onbekend