LORRIANE SE AVOKADO DOOPSOUS


LORRIANE SE AVOKADO DOOPSOUS
My seun het onlangs hierdie variasie van ‘n advokado doopsous gemaak. Dit was ERG lekker . . . so ‘n ekstra vars smaak . . . ek was eers ietwat skepties maar sal NOOIT weer dit op ‘n ander manier maak nie.
1 ryp advokado
2 stokkies seldery – fyn gemaal in menger
1 klein bakkie plein joghurt
Sout en Peper
2-3 druppels Tobasco sous

Druk advokado fyn en voeg die res by.
Meng goed.

Heerlik!!

Resep: Lorraine Weitz Brand




AVOKADO DOOPSOUS ALA BENHET


AVOKADO DOOPSOUS ALA BENHET
2 koppies avokadopere
125 ml mayonnaise
50 ml suurlemoensap
5 ml sout
1 ml swartpeper
1 knoffelhuisies fyn
1 klein uie
1 ml paprika
5 ml suiker
½ t Aromat

Plaas al die bestanddele in versapper en versap tot dik en romerig.
Ek het gevind die “dip” proe die volgende dag nog beter!!!  baie lekker!

Resep:  Benhet Nieuwenhuis




TAMATIE EN SARDIENTJIEDOOPSOUS

TAMATIE EN SARDIENTJIEDOOPSOUS

112 g roomkaas
3 eetl mayonnaise
2 eetl vrugteblatjang
1 eetl gerasperde ui
3 eetl tamatiesous
3 fyn gedrukte sardientjies
Sout en peper na smaak
¼ teel fyn gekapte pietersielie

Meng alles saam tot dit romerig is, en bedien.




PIKANTE DOOPSOUS

PIKANTE DOOPSOUS
112g roomkaas
2 eerl mayonnaise
2 eetl vrugteblatjang
½ kp fyn gemaakte pynappel
Sout en cayenne peper na smaak

Meng alles baie goed, en bedien.

 




PYNAPPELDOOPSOUS

PYNAPPELDOOPSOUS
225g roomkaas
½ kp fyn gemaakte pynappel en stroop
¼ teel knoffelsout
1 teel kerriepoeier
Sap van halwe suurlemoen
Sout en knypie cayenne-peper

Meng alles saam en indien nodig gooi nog bietjie van die pynappelstroop by.





HEERLIKE DOOPSOUS

No Photo Available

Ek het Saterdag aand by iemand gebraai, en die lekkerste dip daar geeet, en die resep sommer gevra. Is so eenvoudig en vinnig, so ek moes net met julle deel:
Jy Meng Mayonnaise, Gerasperde Kaas, Paprika en Gedroogte Pietersielie. Meng dit goed en Viola! Smaak heerlik saam met enige Chips.

NADINE CARSTENS




“COME BACK” SOUS

comeback sous
“COME BACK” SOUS
1 koppie mayonnaise
¼ koppie tamatie sous
¼ koppie chilli sous
1 teelepel mosterd poeier
1 teelepel uie poeier
½ teelepel knoffel poeier
2 teelepels worchestire sous
1 eetlepels growwe swart peper (of na smaak)
¼ teelepel tobasco sous
¼ koppie olyf olie
sap van 1 suurlemoen

Meng alles lekker saam en sit in yskas vir ten minste 3 ure, dan “trou” die geure. Die sous kan so maand in die yskas bewaar word, maar glo my hy vlieg vinniger as die melk van die koffie. Ons eet dit oor alles, dit het begin by die Hoenderburgers wat ek gemaak het, ons het nou al vark en steak en vis saam dit geeet. Sy naam doen hom gestand -comeback sauce
Resep geplaas deur Lizelle Lehman De Jager
Foto: Rina Kleinhans

 




“LIGTE BYT” PEPPER SOUSIE-DOOPSOUS


“LIGTE BYT” PEPPER SOUSIE-DOOPSOUS

Sousie met so ligte byt, heerlik saam met hoender- en visvingers

BESTANDELE
3 groot ryp tamaties geskil
1 groot ui geskil en gekap
1 groot green pepper gekap
3 jalepino’s peppers
4 Bishops crown peppers
2 klein chillies (na smaak)
3 stukke sun dried tomatoes
5ml basil pesto
5ml coriander pesto
5ml korrelmostert
2.5ml gekapte knoffel
20ml olyfolie
2kp asyn
1 kp suiker
sout en vars gemaalde swart peper na smaak

METODE
Gooi die asyn en suiker in ‘n pot, en kook tot suiker opgelos is, gooi die res van die bestandele by, draai hitte af en kook stadig tot alles sag gekook het.  Laat afkoel, sit in voedselverwerker en maak lekker fyn.  Indien verkies, kan mens dit terug skep in die pot en die sousie bietjie dikker maak met bietjie maizina wat in koue water opgelos is en saam met die mengsel gekook is. Bottel warm, of bere in die yskas indien koud gebottel.
Resep:  Rina Kleinhans




HUMMUS


HUMMUS
Dit is ‘n smaak wat ‘n mens moet aanleer, maar heerlik as jy daaraan gewoond raak, ek dink dit is die komyn.  Hier is ‘n eenvoudige resep:
Prep time: 5 minutes
15-oz. can garbanzo beans (chickpeas), drained, liquid reserved
2 garlic cloves, minced
1 tsp. ground cumin
1 tbsp. olive oil
1/2 tsp. black pepper

Combine garbanzo beans, garlic, cumin, salt, and olive oil in a food processor.
Blend on low speed, gradually adding reserved garbanzo bean liquid, until desired consistency is achieved.

Posted by Dalene Brits
Photo borrowed from  Lesdee Gloak Bam




Lovely DIP

lovely dip

(Crackers/raw veggies)Ingredients
2 Red Onions
1 bunch of spring onions
4 Packets of cheap cream cheese
1 x Sour Cream (Schmand in German)
Salt & Pepper
Seasoning by choice: Garlic Salt, wild garlic , Chilli powder
Method
Mix all in a bow as follows:
Cut the onions in small pieces
Cut the spring onions in small pieces (incl. some green bit)
Add the 4 pakets of cream cheese
Add the sour cream
salt & pepper (careful, not too much salt)
Additional seasoning, whereby the natural dip is nice too…
Mix all ingredients very well together. I use my electrical mixer, too lazy to stir so long.
Use the empty cream cheese packaging to refill with the dip. Saves you looking for
suitable containers or dishes.