KOLWYNTJIES


KOLWYNTJIES
Kook saam:
125 ml olie
185 ml melk
Laat heeltemal afkoel.

Klits saam:
250 ml suiker
4 eiers (klits een vir een eier by suiker tot lig van kleur)

Meng droë bestanddele saam:
375 ml meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
Meng goed.

Voeg nou droë bestanddele om die beurt met melk, so in drie gedeel om die beurt by.
Voeg nou 5 ml vanilla essense by deeg mengsel.
Skep in kolwyntjie pannetjie en bak 15 minute in oond van 180ºC.

Heerlike versiering:
Klits saam tot lekker glad:
1 koppie versiersuiker
¼ koppie botter
Roer die volgende by, moenie klits:
¼ koppie roomkaas
5 ml vanilla essense
Versier kolwyntjies soos verkies.
Heerlik, lekker eet!
Resep: Lynne Du Plessis




VANILLA KOLWYNTJIES


VANILLA KOLWYNTJIES
375 ml koekmeelblom
7.5 ml bakpoeier
160 ml witsuiker
knippie sout
3 groot eiers
60 ml melk
125 ml margarien

Versiersel
500 g versiersuiker
100 g margarien
5 ml vanielje geursel
± 60 ml melk

Klits margarien goed. Klits versiersuiker stadig by. Voeg dan melk bietjies gewys by terwyl jy aanhoudend klits totdat dit die regte smeerbaarheid het. Voeg geursel by en klits tot romerig.
Meng meel, bakpoeier en sout in ‘n bak.
Klits botter en suiker vir 5 minute op medium spoed.
Voeg eiers een vir een by en klits goed tussen byvoegings.
Sit menger op stadige spoed en voeg helfte van meelmengsel by. Klits vir paar sekondes tot goed gemeng.
Voeg melk en geursel by en klits tot net gemeng. Roer oorblywende meel in. Skep in muffin pan met papierhouertjies.
Bak 20-25 minute by 180°C tot gaar.
Maak 12 groot kolwyntjies.
Versier soos verkies.
Foto en resep:  Elaine Steyn Steyn




EASY VANILLA CUPCAKES


EASY VANILLA CUPCAKES
2.5 cups all purpose flour
2 cups sugar
3 teaspoons baking powder
1 teaspoon salt
1 cup milk
1 tablespoon vanilla extract
2 large eggs
1 cup water

Preheat oven to 176°C and line trays with cupcake cups.
In mixing bowl mix together the flour, sugar, baking powder and salt. Set aside.
In a seperate bowl mix together the milk, vanilla extract and eggs.
Now add the wet ingredients to the dry ingredients till all is combined, slowly start adding the water.
Mixture is runny!
Fill cups about halfway with mixture and bake for 15-17 minutes.
Photo: Lize Van Jaarsveld
ICING
http://www.foodloversrecipes.com/2014/09/heerlike-versiersel-op-die-stoof/




WORTEL KOLWYNTJIES (VEGAN)


WORTEL KOLWYNTJIES (VEGAN)
Ek het die lekkerste vegan wortelkoek kolwyntjieresep ontwikkel wat so ‘n klein bietjie gesonder is. Dit bevat 75% minder vet en 75% minder suiker as ‘n tradisionele wortelkoek.
1 koppie koekmeelblom
1 koppie volkoringmeel (nutty wheat), of gebruik altesaam 2 koppies koekmeelblom as jy nie volkoringmeel het nie
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml droë gemmer
5 ml droë kaneel
1,25 ml (kwart teelepel) droë neutmuskaat
1,25 ml (kwart teelepel) sout
250 ml rosyne

Neem nog ‘n mengbak en plaas die volgende bestanddele daarin:
625 ml (2 ½ koppies) grofgerasperde wortel
85 ml (derde koppie) kook-of-Canola olie
190 ml (¾ koppie) vars uitgedrukte lemoensap
125 ml bruinsuiker (of wit as jy nie bruin het nie)
Meng hierdie nat bestanddele saam.

Gooi die inhoud van die bak droë bestanddele by. Meng goed met ‘n sterk lepel – die mengsel is baie styf en moet so wees. Plaas 12 kolwyntjie papiertjies in die holtes van ‘n muffin pan.
Spuit liggies met kleefwerende kossproei sodat dit nie bo-op vassit nie. Verdeel die deeg tussen die 12 papiertjies en druk effens gelyk bo-op sodat hul mooi vertoon. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 25 minute. Haal uit die oond en los vir 5 minute. Verwyder kolwyntjies van muffin pan en plaas op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.

Maak nou jou versiersel:
30 ml gesmelte margarien
500 ml versiersuiker
bietjie water
Meng baie goed en drup bietjie-bietjie water by om ‘n gladde, smeerbare versiersel te maak. Verdeel tussen die 12 kolwyntjies en smeer dit oor met die agterkant van ‘n teelepel.
Vir versiering benodig jy:
1 pakkie okker-of-pekanneute (ek het ‘sprinkle nuts’ gebruik want dis vrek goedkoop)
Kap neute en gooi in ‘n bordjie.
Keer kolwyntjies om en druk liggies in die neute sodat dit aan die versiersel vassit.
Bewaar kolwyntjies in ‘n lugdigte houer.
Resep en foto’s: Malcolm Wilson




KARRINGMELK EN SJOKOLADE KOLWYNTJIES


KARRINGMELK EN SJOKOLADE KOLWYNTJIES
Genoeg vir ongeveer 44 groot kolwyntjies of 1 groot koek
250 ml (1 koppie) water
125 g (¾ koppie) botter, in blokkies gesny
80 ml (¹⁄³ koppie) kakaopoeier, gesif
500 ml (2 koppies) koekmeel, gesif
5 ml (1 teelepel) koeksoda
500 ml (2 koppies) strooisuiker
2 eiers
125 ml (½ koppie) karringmelk
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel

Karamel Sjokolade Versiersel – genoeg vir ongeveer 30 groot cupcakes:
370 g (1 houer) Blonde Caramel van Nataniel OF Caramel Treat
100 g (1 blok) sjokolade, ruweg gekap

Voorverhit die oond tot 160 °C.
Plaas kolwyntjie papiertjies in pannetjie. Verhit die water, botter en kakao in ’n klein kastrol oor matige hitte en roer tot dit gesmelt is. Sif en meng die meel, koeksoda en suiker saam en voeg die bottermengsel by. Meng goed. Voeg die eiers, karringmelk en vanieljegeursel by en klop om ’n gladde mengsel te vorm. Gooi gelyke hoeveelhede van die beslag in die kolwyntjie papiertjies en bak vir 20 min of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min rus en haal uit die kolwyntjie pannetjies. Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker. Voeg die karamelkondensmelk by en meng deeglik.
(Die Blonde Caramel wat ek gebruik het, het ‘n sout smakie ook en dit breek die ergste soetigheid)
Resep geplaas deur Cecile Mortimer van Greunen
Foto: Cecile Mortimer van Greunen




ANNA-MARIE SE KOLWYNTJIES


ANNA-MARIE SE KOLWYNTJIES
Hi. Ek het die volgende resep, nog in ‘n ou rooi rose se kinderpartytjie bylae gekry. Dit gee 12 cupcakes wat mooi uitrys.
125 g sagte botter
170 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 groot eiers
280 g bruismeel
200 ml melk

Klop botter en strooisuiker saam tot lig. Voeg vanieljegeursel en een eier by. Klop goed, en klits dan ander eier daarby. Vou bruismeel en melk daarby in. Skep lepelsvol in ‘n kolwyntjiepan wat met kolwyntjiepapiertjies uitgevoer is. Bak by 200°C vir 12-15 minute tot goudbruin en gaar. Haal uit die pan en laat op ‘n draadrak afkoel. Met my kombinasie-oond kom ek agter die tyd moet aangepas word, is nog besig om dit uit te toets.
Foto en resep: Anna-marie Bradshaw




KLAM CUPCAKES


KLAM CUPCAKES
Probeer gerus hierdie een. Heerlike, klam cupcakes en flop nooit. Jy gaan baie komplimente vir hulle kry. Die geheim: meet bestanddele noukeurig af, gebruik die korrekte grootte eiers, volg instruksies noukeurig en bak slegs 16 minute)
4 (LARGE) eiers
15 ml bakpoeier
125 ml kookolie
125 ml kookwater
5 ml Vanilla essens
310 ml koekmeel
250 ml suiker
2,5 ml sout
30 ml kakao (vervang met maizena vir vanilla cupcakes)

Voorverhit oond tot 180°C.
Skei eiers (eierwitte in mengbak waarin jy dit later kan styf klits; eiergele in aparte mengbak).
Voeg kookolie en dán kookwater en vanilla essens by eiergele en meng goed.
Meet koekmeel, suiker kakao (óf maizena) en sout af in mengbak waarin jy lekker kan klits.
Klits eierwitte styf saam met 10 ml van die bakpoeier en hou eenkant.
Voeg vloeistofmengsel (met eiergele in) by meelmengsel en klits vinnig totdat al die suiker opgelos is.
VOU nou styfgeklitste eierwitte en ander 5 ml bakpoeier by meelmengsel in, nét tot goed gemeng.
Giet in cupcake bakkies. (vul bakkies so twee derdes vol) Bak vir nét 16 minute by 180 °C. Lewer 20—24 standaard grootte cupcakes.
Foto en resep: Daleen Stephens




CHOCOLATE CUPCAKES WITH BUTTERMILK


CHOCOLATE CUPCAKES
1 cup all-purpose flour
1 cup granulated sugar
½ cup cocoa powder
1 teaspoon baking powder
½ teaspoon baking soda
½ teaspoon salt
1 large egg, room temperature
½ cup buttermilk, room temperature
½ cup vegetable oil
1 teaspoon vanilla
½ cup very hot water

Heat oven to 180 ºC. Line a cupcake pan with paper liners.
Combine the flour, sugar, cocoa powder, baking powder, baking soda, and salt together in a bowl and whisk together.
Combine the egg, buttermilk, oil, and vanilla in another bowl and whisk together.
Add the wet ingredients to the dry ingredients and mix using a stand mixer until combined.
Add the hot water to the batter and mix again, scraping the sides of the bowl as necessary, until combined. Batter will be thin.
Fill cupcake liners half full, then bake for 18-21 minutes, until a toothpick comes out with only a few moist crumbs when used to test a cupcake.
Cool completely before frosting.
Recipe and photo: Elaine Steyn Steyn
Comment:
Dit is heerlik klam.




GOEDKOOP VANILLA CUPCAKES


GOEDKOOP VANILLA CUPCAKES
Ek het gisteraand die lekkerstes gebak. Goedkoop en baie lekker.
sif die volgende saam:
2 koppies bruismeel
1 koppie suiker
½ teelepel sout

Meng die volgende saam:
2 derde koppies melk
1 derde koppie olie
2 eiers
5 ml vanilla

Gooi die natmengsel by die meelmengsel en meng.
Skep in muffin panne.
Ek het 18 mooi grootte uitgkry.
Bak 18 min by 180 ºC.
Foto en resep: Susan Van Dyk




BAR-ONE CUPCAKES


BAR-ONE CUPCAKES
42 g butter
85 g dark brown sugar
1 egg, separated
60 g dark chocolate
125 ml (½ cup) flour
2 ml (½ teaspoon) baking powder
2 ml (½ teaspoon) bicarbonate of soda
pinch of salt
125 ml (½ cup) milk
50 g currants

ICING:
200 g Bar-One chocolate, sliced
225 g butter
15 ml (1 tablespoon) milk
500 ml (2 cups) icing sugar
extra Bar-One chocolate to decorate

Preheat the oven to 180 °C. Line a cupcake baking tin with paper cases.
Cream the butter and brown sugar together in a mixing bowl. Add the egg yolk, beating until well blended. Melt the chocolate carefully in the microwave and add to the butter mixture.
Sift the flour, baking powder, bicarbonate of soda and salt into the butter mixture. Pour the milk in and mix until a smooth batter forms. Stir in the currants.
Whisk the egg white until soft peaks form. Using a spatula, fold into the batter.
Fill the cupcake cases to two-thirds and bake for 25 minutes or until cooked through. Leave to cool completely.

Icing:
Melt the sliced Bar-One chocolate and mix in the butter and milk. Sift in the icing sugar and beat until thick and smooth. Place in a piping bag and ice the cupcakes.
Place pieces of Bar-One chocolate on top.
Recipe posted by Amanda Conradie