1

BEEFSTEW WITH DUMPLINGS


BEEFSTEW WITH DUMPLINGS
2 roughly chopped onions
1 green pepper, also roughly chopped
500 g beef cubes
2 cubes of beef pot stock
veggies of your choice
1 packet of oxtail soup powder

Fry onions and green pepper and add the beef cubes of your choice.
Add pepper, potjiekos spice and beef pot stock.
Give a good stir before adding 1 cup of water.
Put the lid on and simmer for 1 hour.
Add veggies (I used baby potatoes and big chunks of peeled carrots) and cook until tender – add water if needed but not too much, it must not cover the food completely.
Mix oxtail soup (I used the 2 in 1 with BBQ spice) with a cup of water and add to the meat. Put on lowest temperature, cover and make the dumplings.

Dumplings:
Sift together:
1 cup flour
2 teaspoons baking powder
2 ml salt

Rub a tablespoon of butter into the flour.
Add an egg to 125 ml milk and mix.
Add to the flour mixture and mix until a smooth dough.

Drop tablespoons of the dough on top of the meat, cover and simmer for 30 minutes (do not open the pot whilst cooking the dumplings).
Remove from stove and let it rest for 10 minutes before opening the pot.
Serve immediately.

Photo: Natacha Visagie




GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIE BREDIE IN DIE STOOMPOT

GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIE BREDIE IN DIE STOOMPOT
1 kg gemsbok skenkeltjops
500 g bredie varkvleis
1 groot ui
2 aartappels
800 g waterblommetjies
sout na smaak
1 teelepel wit peper
1 eetlepel gerookte paprika
5 kruienaeltjies
1 teelepel koljanderpoeier
2 eetlepels olyfolie

Braai uie in die olyfolie, in die stoompot saam met die speserye, behalwe die sout, tot sag. Braai die skenkeltjops en die varkvleis vir ‘n paar minute saam met die uie en voeg ‘n koppie water by. Stoom vir ongeveer 30 minute. Voeg nou die waterblommetjies en die aartappels by, geur met sout en stoom vir nog 10 minute. Roer versigtig deurmekaar en plaas oor in opdienbak.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




PAMPOENBREDIE MET BASMATI RYS


PAMPOENBREDIE MET BASMATI RYS
Pampoenbredie:
2 groot uie, gekap
1 koppie water
4 naeltjies
3 wonderpeperbessies
3 eetlepels kookolie (ek het om en by 6 gebruik)
1 kg skaap/lamsvleis
4 knoffelhuisies, fyngedruk
5 cm stuk gemmerwortel, fyngedruk
4 stukkies pypkaneel
2 kg pampoen, geskil en in blokkies gesny
2 eetlepels bruinsuiker
3 eetlepels botter
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
gekapte grasuitjies vir garnering

Plaas die uie, naeltjies en wonderpeper in n groot kastrol en verhit tot kookpunt. Laat prut tot al die water weggekook is. Voeg die kookolie by en soteer die uie tot goudbruin. Voeg die vleis, knoffel, gemmer en kaneel by en stowe by medium hitte tot die vleis ‘n ryk bruin kleur het en amper gaar is.
Voeg die pampoenstukke by en roer, sorg dat die pampoen en vleis goed gemeng is. Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en laat die bredie prut tot die pampoen sag is. Teen hierdie tyd behoort die vleis al van die been te val. Voeg die bruinsuiker, botter, sout en peper na smaak by. Garneer met gekapte grasuitjies en sit voor saam met vars gekookte rys.
Foto: Petré van Jaarsveld
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld




BEESVLEIS EN GROENTE BREDIE


BEESVLEIS EN GROENTE BREDIE
5 ml olyf olie
500 g beesvleis goulash
2 mediumslag uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 ml rooiwyn
4 middelslag wortels in die lengte middeldeur en dan in kwarte gesny
5 ml gedroogde origanum
5 ml gedroogte roosmaryn
60 ml splitlensies (ek het die uitgelaat want ek het nie gehad nie)
1 biefaftreksel blokkie opgelos in 250 ml kookwater
5 baba aartappels in kwarte gesny
1 blikkie tamatie pasta (65 g)
15 ml blatjang
varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olie in ‘n groot kastrol en roerbraai die vleis oor hoe hitte tot bruin. Skep uit die kastrol en sit eenkant. Verminder die temperatuur effens en braai die uie en knoffel liggies in dieselfde kastrol en sonder ekstra vet of olie. Braai vir ongeveer 5 minute terwyl af en toe geroer word. Voeg die wyn, wortels, origanum, roosmaryn, lensies ( as dit gebruik word) en aangemaakte aftreksel by, bedek en laat vir 10 min oor lae hitte kook. Voeg die gaar vleis, rou aartappels, tamatiepasta, blatjang en ongeveer 125 ml water by die groentemengsel, bedek en laat kook vir 45 min of tot die vleis en groente sag is. Roer af en toe en voeg nog water by indien nodig om genoeg sous te vorm. Geur na smaak met die peper en sit voor met bruin rys en ‘n mengel slaai

Nota: ek het 5 ml tiemie ook bygegooi want ek is mal oor die smaak. Die splitlensies is ‘n plaasvervanger van mielieblom en help om die sous dik te maak. Dis iets wat ek nie geweet het nie en gaan meer toepas op my bredies in die toekoms. Daar is nie nodig vir sout nie omdat die biefaftreksel genoeg sout bevat maar gaan volgens smaak. Ek het so klein bietjie sout bygegooi want ek het gevoel dit het so bietjie gekort. Ek het ook leeks en baby marrow bygegooi, want dit was in die yskas en dit was steeds heerlik. Ek het dit nie met rys voorgesit nie want daar was klaar aartappels en wortels in wat albei stysel groentes is en ek het my porsie stysel vir aandete gehaal. My man is lief vir bredie met ‘n broodjie en hy het ‘n lae GI broodjie saam met syne geniet.
Foto: Juanita Vermeulen




HUNGARIAN GOULASH

HUNGARIAN GOULASH
SERVINGS: 6 SERVINGS
Tender beef and potatoes in a beefy broth seasoned with paprika.
2 medium onions
2 teaspoons butter
1 teaspoon caraway seeds
2 tablespoons paprika
1/4 cup flour
1 kg stewing beef (goulash)
2 cups beef broth or water
2 tins diced tomatoes
3 cups potatoes optional
1 1/2 cup carrots
1 teaspoon salt
1/4 teaspoon pepper

In a large pot, melt butter and add onion. Cook till translucent. Stir in caraway seeds and paprika and mix well.
In a bowl, dredge the stew beef with flour. Add beef to the onion mixture and cook for about 2-3 minutes.
Slowly add about 1/4 cup of the beef broth to lift the brown bits off the bottom of the pan. Then add remaining broth, diced tomatoes, potatoes, carrots, salt and pepper.
Stir and bring to a boil, cover, then reduce to a simmer for about 1 1/2 -2 hours or until tender.
Photo:  Petré Van Jaarsveld




ALTA SE WATERBLOMMETJIE BREDIE


ALTA SE WATERBLOMMETJIE BREDIE
1 ½ kilogram lamsvleis (gemeng: stukkie vetrib, paar stertjies, en skenkels)
1 kilogram waterblommetjies, skoon gemaak, precook in mikro vir 10 min
Braai vleis lekker bruin, haal uit kastrol. Braai nou 2 uie tot bruin en sit vleis terug in kastrol, braai vleis verder.
Voeg by en kook stadig:
2 koppies water
2 hoogvol teelepels Aromat
mespunt fyn naeltjies
2 teelepels fyn koljander
2 rondvol teelepels braai speserye
varsgemaalde swarpeper na smaak
3 eetlepels suurlemoensap

Roer deur en kook vleis tot amper sag. Pak nou waterblommetjie bo-op vleis, kook vleis en blommetjies verder, gooi bietjies water by, laaste aartappels kook tot sag. Voeg nog sout of aromat by indien te vars.
Nota: Ek gooi geen sout by in begin nie, bedien met rys en beetslaai of gepiekelde rooikool, beet en kool self ingelê.

Skoonmaak:
As jy vars blommetjies koop, sny die harde stingel onder af, maak blommetjie oop en spoel elke blommetjie onder lopende water af. Kyk mooi vir muggies, hulle is baie lief om daar vas te sit. Dan precook ek dit in sakkie vir 10 min, koel vinnig af in yswater, verpak en vries.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




LAMSPOTJIE IN DIE OOND


LAMSPOTJIE IN DIE OOND
Met rys, soetpampoen, soet ertjies, mielies en beetslaai.
2 kg lamsvleis eie keuse van soort
1 kg aartappels
1 kg gemengde groente gevries
2 groot uie, opgekerf
1 eetlepel vars gekapte knoffel
vleis speserye, sout en peper, roosmaryn en sage uitdraai droë kruie na smaak
3 eetlepels bisto en halwe pakkie soppoeier beef en uie
1 potjie vars room (250 ml)

Braai uie in bietjie olie in warm gemaakte swart pot tot lekker bruin.
Voeg die vleis by en braai aan albei kante met speserye tot bruin.
Draai van die kruie uit en voeg vars knoffel by.
Pak jou gehalveerde aartappels bo-op vleis en gooi bietjie sout en peper en vleis speserye.
Pak die gemengde groente bo-op met bietjie sout. Sit deksel op.
Daar is klaar vog in die pot, nie nodig vir water.
Bak in oond by 180ºC vir uur en ‘n half voorverhitte oond.
Maak Bisto en halwe pakkie soppoeier met room aan.
Giet sous bo-oor kos en bak nog ‘n halfuur sonder deksel.
Resep geplaas deur Ronell Boshoff
Foto: Ronell Boshoff




TOMATO BREDIE


TOMATO BREDIE
Supper is Tomato Bredie
500 g to 800 g beef pieces
2 onions, finely chopped
3 allspice
1 teaspoon crushed garlic
3 tablespoons fish oil
1 big tin Koo tomato paste
salt & black pepper to taste
4 potatoes, cut into halves
sugar to taste (to balance out the acidity of the tomato paste)

In a pot add the oil and add the washed meat and allspice.
Allow meat to cook and let it burn/braise so onions and meat has a little brownish color, add about a cup of water and cook until meat is tender and almost soft, add the crushed garlic, potatoes and tomato paste, allow to cook for 10 minutes, add salt and pepper as well as sugar (very important) add little more water, and simmer until potatoes are soft. Make sure you have a lekker sauce in pot. Serve with white fluffy rice.
Recipe en photo: Colleen Heugh




EEN POT HOENDER BREDIE OP RYS


EEN POT HOENDER BREDIE OP RYS
2 koppie rys, apart gaar gekook
1 ui, in ringetjies gesny
2 aartappels, in blokkies gesny
6-8 stukke hoender (kook eers gaar) en gebruik dan al die water vir die bestanddele na die tyd
½ pak gemengde groente
1 eetlepel gekneusde knoffel
3 eetlepel suiker
blerts tamatiesous
blerts blatjang
3 teelepel Worcestersous
2 teelepel barbeque speserye
2 teelepel hoender speserye
2 teelepel steak & chops speserye
3 eetlepel Bisto (voeg eers by na als gaar is)

Kook hoender eers tot gaar.
Voeg res van bestanddele by en kook tot sag en gaar ongeveer 20 tot 30 min.
Voeg bisto by en kook goed deur tot spis regte dikte is.
Bedien op rys.
Jy kan die resep verander nes jy lus het, byvoeg, uit haal ens.
Resep en foto: Juanri van der Walt
Tweede foto: Eugestine Poplap Petersen – sonder die groente gemaak




WATERBLOMMETJIE BREDIE MET SKENKELS EN RIB

WATERBLOMMETJIE BREDIE MET SKENKELS EN RIB
1 kg waterblommetjies
1 groot ui, gekap
1 kg lams vleis – rib en skenkels
4 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
1 koppie warm water
1 suurlemoen se sap

Laat waterblommetjies in sout water spoel oornag, spoel weer met vars koue water.
Ek braai die uie tot dit bruin is, dan voeg ek my vleis met sout na smaak by tot dit geseël is.
Nou gooi ek die koppie warm water by en sit die deksel op dat dit prut, draai die stoof plaat op 3 en los vir so uur en half.
Daarna sit ek my waterblommetjies en aartappels by met nog water, as daar kort en sout en peper.
Deksel gaan op en los vir nog ‘n uur.
Dan sit ek my stoof af. En los vir 10 min.
Bedien op lekker wit Basmati rys met tamatie, uie, rooi rissie, asyn en groen peper slaai
Foto en resep: Reuben K Coskey