BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI


BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI
VOORGEREGTE
Om die hongerpyne te stil kan crudités en doopsouse, taramasalata en bros, vars brood of patees en beskuitjies. Op ‘n koue dag kan self ‘n warm sop in bekers bedien word, maar omtrent 20-30min voordat die hoofgereg bedien word.
BYGEREGTE
Stysel:
Alle vorms van brood is baie gewild, franse brode, rolletjies, kruie- of knoffelbrood, potbrood, mieliebrood, stokbrood en vetkoek
Pap van mieliemeel, stywe- of krummelpap met die tradisionele tamatie en uiesous
Aartappels in die skil gebak, of in foelie in die kole, bedien met botter, suurroom en grasuie
Groente
Warm slaai – vars gekookte groente wat nog bros is met franse slaaisous, of die gewone groenslaai, of die eindelose lys van slaai soos aartappel, wortel, beet, drie bone, koolslaai ens om net ‘n paar te noem. Hou net die balans reg, moenie gebakte aartappels en aartappelslaai maak nie, of pasop vir teveel slaai met mayonnaise oor.
As mens plek het om die disse warm te hou, is die mieliegereg en die mieliepaptert ook ‘n goeie voorstel.

Geplaas deur Rina Kleinhans




PERFEKTE BRAAIBROOD

tested
PERFEKTE BRAAIBROOD
BESTANDDELE
vetkoekdeeg
uie (soos nodig)
spinasie (soos nodig)
Genoeg gerasperde cheddarkaas
bacon (soos nodig)

Metode:
Braai gesnipperde spinasie, uie en bacon saam. Maak deeg plat en versprei gebraaide bestanddele
oor. Strooi gerasperde kaas oor. Rol op. Smeer pan lig met olie/ spray & cook. Sny kepe in deeg en
braai gaar. Laat rus vir 10 minute.

RESEP: Sanchen Grobler




BRAAIVLEIS BAKED BEANS

2015-07-05-braaivleisbakedbeanstested

BRAAIVLEIS BAKED BEANS
1 x 410g Kook Baked Beans in tamatiesous
25 ml bruinsuiker
2 ml droe mosterd
65 ml tamatiesous
4 repe spekvleis fyn gesnipper
50 ml gepkapte ui
50 ml worcestersous

Stel oond op 180°C. Meng alles saam en gooi in oondvaste bak met deksel en bak vir 20 min. Verwyder deksel en bak verder vir 20 min.
Kan ‘n dag voor die tyd gemaak word. Bedien warm of koud.
Foto:  Marie Fourie
Heerlik! Ek het Kerriepoeier en vars gemaalde swart peper asook ekstra ui bygesit. Ek persoonlik sal volgende keer eers alles braai en dan saam baked beans meng en dan sal ek dit vir korter in oond sit. Ek so bietjie bisto ook by gesit toe ek sien sousie bietjie loperig en toe terug in oond gesit. Baie lekker!

 




PYNAPPEL OOR DIE KOLE

PYNAPPEL OOR DIE KOLE
2 pynappels
75 ml botter of margarine
5 ml kaneel
125 ml bruin suiker
125 ml soet wit wyn

Skil die pynappels af en sny in stukke. Rol die stukke in die suiker en deel in 4 porsies op. Plaas elke porsies op aluminium foelie, (blink kant binne) en sprinkel bietjie botter op. Gooi die wyn en kaneel oor. Maak mooi toe en braai vir omtrent 10-15 min oor medium hitte kole.
Heerlik en maklik




MIELIEPAPBOLLETJIES

MIELIEPAPBOLLETJIES
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
om bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Braai spekvleis tot bros
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag
Voeg by mieliepap en meng goed
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin
Bron: Izette Pretorius Smit

 




MIELIEPAP BOLLE

mieliepap balle Jorina

MIELIEPAP BOLLE
vir Braaivleis
Maak lekker stywe mieliepap, laat effens afkoel, rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel.
Braai ui, tamatie, sampioen en spek saam.

Maak lekker groot gat in elke bal met jou duim en skep die mengsel daarin.
Gooi een houertjie room bo-oor en sommer genoeg gerasperde kaas, en bak in die oond, 180ºC vir so ongeveer ‘n uur.
Maak seker die room gaan tussen die balle in.
As jy baie balle maak gebruik meer room, alles gebruik mens na gelang van die hoeveelheid balle jy gaan maak.
Bedien warm.

VARIASIE
Kan ook suikermielies in die mieliepap gooi vir variasie
Jy kan ook drie kleure peppers insit en die room meng met potato bake –
Rina Kleinhans – eie resep
Foto: Jorina Claassen

 




AARTAPPEL EN UIE POFFERS

aartappel poffers Roneltested

AARTAPPEL EN UIE POFFERS
Beslag:
375 ml koekmeelblom
knippie sout
12 ml bakpoeier
1 eier, geklits
genoeg water om ‘n stywe beslag te vorm ..ongeveer 200ml
4-6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
1 ui, in ringe gesny
olie vir diep vetbraai

Meng die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net genoeg water by om ‘n stywerige beslag te vorm. Laat staan. Kook die aartappelskyfies in ‘n bietjie kookwater tot sag maar nie stukkend nie. Dreineer. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Plaas ‘n uiering tussen 2 aartappelskywe. Plaas op ‘n lepel en doop in beslag tot goed bedek. Plaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin buite-om en totdat die aartappels heeltemal gaar is. Dreineer op handdoek papier

Foto: Ronel Muller Thoma
Nota: Ek het bietjie gerasperde kaas nog binne in uie ring gesit. Heerlik.

 




PERI-PERI PLATHOENDER


PERI-PERI PLATHOENDER
1 hoender, oopgevlek aan die borskant
Marinade:
15 ml (1 eetlepel) growwe sout
3 knoffelhuisies, gekap
2 lourierblare, fyn gebreek
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 eetlepels) olyfolie
15 ml (1 eetlepel) peri-perisous
15 ml (1 eetlepel) Olof Bergh Solera Brandewyn

Bedruipsous:
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 eetlepels) botter, gesmelt
10 ml (2 teelepels) peri-perisous

Maak addisionele snitte met ‘n mes in die hoenderboude en – dye sodat die marinade deeglik.
Vryf die marinade met die hand deeglik in en plaas die hoender ten minste 3 uur lank in die yskas.
Braai die hoender 1 uur lank op ‘n hoogte van 30 cm oor stadige kole. Draai dit gereeld.
Meng die bestanddele vir die bedruipsous deeglik.
Verwyder die hoender van die kole en bedruip dit deeglik met ‘n kwas aan beide kante voor bediening.
Resep geplaas geur Marie Rheeder Troskie




FOOD LOVER’S RECIPES SE EIE MINI BRAAI PAAI

braai pie
FOOD LOVER’S RECIPES SE EIE MINI BRAAI PAAI
Die groot braai paai is nie maklik om te hanteer nie daarom ons eie weergawe.
Gekoopte deeg effe uitgerol en in blokke van 12 x 12 cm gesny
Filling:
Bacon , Uie, Vars koljander blare fyn gekap en Mushrooms lekker saam gebraai
Dan het ek die sweetcorn Chakalaka bo-op geskep en vars basil fyn oor gesny
Lekker baie kaas
Sit boonste deeg lagie op en druk die kante geod toe met ‘n vurk
Spuit toebroodjie rooster goed met Spray & Cook
Braai en geniet
Dis heerlik en word so vinnig gaar. Pasop net vir brand vuur moet nie te warm wees!

Bron: Sommer my eie resep
Plasing: Henriettte Wessels