CHICKEN DELIGHTS

1240176_10151869764984885_1830740886_n

CHICKEN DELIGHTS
Hoender Fillets gaar gemaak op die kole. Intussen op die stoof, braai uie tot bruin. Genoeg gerasperde kaas en Feta kaas. Enige BBQ sous van jou keuse. (ek gebruik altyd Wellintons BBQ sauce)

Plaas genoeg gebraaide uie op elke (gaar) hoender fillet, gooi BBQ sous oor die uie, dan gerasperde kaas (van jou keuse) bo-op die uie en sous. Plaas in voorverhitte oond totdat die kaas gesmelt het, haal uit en sit gekrummelde Feta kaas bo-op. Plaas terug in oond vir so 3 min. So maklik en baie baie lekker.

Ek het hierdie resep van ons buurman (Frans Pretorius) gekry wat sy eie wegneemete winkel het.
Foto: Sharon Viljoen




GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK

foil pascelstested
GEURIGE HOENDER-FOELIEGEBAK
Vriendin se kamp hoender- sy kan nie onthou waar sy die resep/beginsel gekry het nie. Dalk kan n kosmater help.
GEEN SKOTTELGOED: Geurige hoender-foeliegebak
Soms het ‘n mens iets nodig wat nie te veel moeite is nie, en wat ook geen moeite agterlaat nie. Tog moet dit vingeraflek-lekker wees en sommer ‘n yslike gesin kan voed:
Ek is mal oor kos wat ‘n mens net so kan saamflans – veral die wat nie regtig skottelgoed maak nie. Hierdie hoender- en worsiegereg maak jy in foelie toe voordat dit oor die kole, of in die oond gebak word. Die lekkerste is dat jy die bestanddele kan aanpas soos jy die dag voel. En die beste is dat jy dit met brood kan voorsit, wat jy dan deur die sous kan trek! Geen moeite. Moenie nog huiwer nie – maak dit vanaand!

Vir die sous:
25 ml bruinsuiker
25 ml balsemieke asyn
25 ml Worcestersous
25 ml olie
50 ml blatjang
5 ml heelkorrel- of soetmosterd
paar druppels Tabasco, opsioneel

Vir die foeliepakkie:
8 hoenderstukke: vlerkies, boudjies of dye
dun boerewors, of dun spek- en kaaswors
verskeidenheid sampioene – groot bruin, knopiesampioene, portabellinis
1 ui, sny in agt skywe
kersietamaties
sout en varsgemaalde swartpeper
25 ml witwyn (of water)

Begin deur ‘n plastiese sakkie te kry. Dis nou as jy regtig nie skottelgoed wil maak nie, anders kan jy ‘n bakkie gebruik. Gooi al die bestanddele vir die sous daarin. Voeg ook die hoenderstukke by en meng sodat die hoender heeltemal bedek is met sous.
Kry nou die foelie gereed.
Mens het ongeveer ‘n meter nodig hiervoor. Vou dit in die helfte, met die blink kant na buite.
Gooi die hoender in die middel van die foelie uit.
Sny die wors in ongeveer 5 cm-stukke. Rangskik dit tussen die hoender.
Voeg dan ook die sampioene, sommer so heel, en die uie en kersietamaties by. Werk dit maar so uit hoeveel elke persoon omtrent van elke item sal eet.
Gooi sout en swartpeper oor en rangskik alles mooi. Sprinkel die wyn oor alles.
Bring nou al die kante van die foelie in en maak dit styf toe. Kry maar ‘n groot snybord, bak of pan om dit in te sit soos jy dit van die een plek na die ander dra.
Sou jy op die punt agterkom dat jou foelie te min, of jou bestanddele te veel is, kan jy net eenvoudig nog ‘n stuk foelie omdraai, of bo-oor sit.
Die kan jy nou op die warm vuur sit, of in die gasbraaier, of in die oond by 220 °C. Dit neem sowat ‘n uur om gaar te word.
Al wat jy hoef te doen is om die pakkie na ‘n halfuur oop te maak en te kyk of alles nog reg is – jy kan dan ook sommer die hoender omdraai. Vou die foelie weg en laat dit dan oop verder gaar word.
As jy over the top wil gaan, kan jy fetakaas oorstrooi net voor jy dit tafel toe dra. Swart olywe is net so ‘n lekker toevoegsel – veral as jy dit saam in die foelie bak.
Sit die foeliegebak net so in sy foelie voor. Gee vars snye brood, broodrolletjies of chips om deur die sous te trek
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels

 




ROOSTERKOEKE

roosterkoek - rou
ROOSTERKOEKE
4 koppies koekmeel,
`n pakkie kitsgis,
1 eier,
125 g botter,
100 ml melk,
1 teelepel sout en
2 teelepels suiker
Meng bogenoemde met louwarm water net genoeg  om ‘n deeg te vorm wat lekker hanteerbaar is   vir die knieslag. Knie die deeg lekker baie tot elasties.  Vorm jou roosterkoeke, en pak op ‘n meelbestrooide oppervlak waarop jy ‘n stukkie waspapier gesit het soos in die foto.
Laat rys tot dubbel die grote.  Braai op matige kole op ‘n oop rooster tot gaar en nie te bruin nie.
(As die kole te warm is sal die roosterkoek nie kans kry om binne gaar te word nie)

Hulle was betyds gaar vir middagete, met appelkoosjam en sterk cheddar kaas

Bron en Foto: Moira Kemp




MARINADE VIR SPITBRAAI

2013-08-23-marinadevirspitbraai

MARINADE VIR SPITBRAAI

Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20kg skaap/of lam

1 bottel olie
1bottel wit asyn’
1bottel bruin asyn
200ml sout
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices”
1 bottel worstersous
2 eetlepels garlic
200ml bruin suiker
3 tot 4 groot uie )gerasper

Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit –
Bedruip skaap die heeltyd met die sous
Ek smeer ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai




POTBROOD

POTBROOD

POTBROOD
Gebruik dié resep vir die allerlekkerste brood. Hy wérk, as jy sorg dat die kole net warm genoeg is. Die idee vir dié brood en vulsels kom eintlik van daai mollige Ingelsmannetjie met die skoeter – Jamie Oliver.

Jy het nodig vir 1 potbrood of 2 langwerpige brode:

7 koppies witbroodmeel
2 x 10 g-sakkies kitsgis
2½ koppies louwarm water
2 eetlepels suiker
3 teelepels fyn sout

Laat dit gis. Gooi die meel in ’n diep bak. Meng die gis, water en suiker in ’n ander kleiner bak en laat vir tien minute staan totdat die gis begin skuim. Gooi dit by die meel en voeg ook die sout by.

Oefen daai spiere. Meng tot al die bestanddele goed gemeng is en haal dan die bol deeg uit en sit dit op ’n plat, meelbestrooide oppervlak. Druk, knie, vou en rol die deeg vir sowat 10 minute of totdat dit lekker sag en elasties is.

Rus ’n rukkie. Sprinkel ’n bietjie meel in ’n bak, sit die deeg daarin en sprinkel ook ’n bietjie meel oor die deeg. Maak die bak toe met kleefplastiek en ’n klam vadoek en los dit in ’n warm plek om te rys tot dubbel die oorspronklike grootte.

Weer ’n bietjie spiere. Knie dit weer af vir ’n paar sekondes en sit dit in die ronde ysterpot (of twee broodpanne) om vir ’n tweede keer te rys tot dubbel die oorspronklike grootte. Hanteer die ysterpot versigtig sodat jy nie al die lug uit die deeg uitskud nie.

Kole toe met jou. Sodra die deeg uitgerys is, kan jy die pot op die kole sit en kole op die deksel stapel. Kyk ná ’n halfuur of die brood begin bruin word en sit die deksel terug met nuwe kole op. Dit behoort ná ’n uur gaar te wees. Haal die pot van die vuur af en los dit vir ’n halfuur om af te koel voor jy die pot omkeer om die brood uit te haal.

Rene Truter Wessels




BIER EN SOP BROODJIES

bierbroodjiestested

BIER EN SOP BROODJIES

1 pk bruismeel
1pk bruin uie soppoeier of sop van jou keuse
1 blikkie bier/karringemelk/melk of water  ongeveer 330ml

Meng alles goed saam, sit in ‘n broodpannetjie  gooi gerasperde kaas oor en bak by 180 Grade C vvir ongeveer 1 uur.

Variasies:
Gebruik sampioene sop en sny vars sampioene by
Mens kan regtig enige iets insit soos biltong, peppers, chilli, of net waarvoor jy lus het.

Resep:  Rina Kleinhans
Foto: Mandy van Wyk




Gideon se potbrood en wors gereg

gideon se worsgeregtested

Gideon se potbrood en wors gereg

eindelik my vrou oorreeg om sover te kom ommie reseppie te gee x mos rekenaar gestremd, ,,,
4x250ml koekmeel ,
halwe t sout ,
10gr droe kits gis ,
1 e suiker
2e kookolie ,
400ml louwatm water
sif meel en sout saam voeg suiker en gis by en meng ,voeg olie en water by om n sagte deeg te vorm ,
knie deeg tot glad en nie meer klewerig nie bedek en plaas in geoliede bak en laat op nwarm plek rys tot
dubbel in volume. knie af en vorm n bal plaas in gesmeerde pot ,
smeer deeg met eier waar geklop is plaas pot op ligte kole asook bo op deksel bak so +- 20min ,
plaas jou gunsteling pakkie wors bo op brood en bak nog so 20 -25 min ,,,,,en siedaar !!?

Gideon Louw
Sorrie julle ek sien nou eers die vraag neeeee ek het nie die wors vooraf gaar gemaak nie maar eers die brood n rukkie gebak totdat die deeg styf is en toe die wors opgesit met bietjie meer kole op die deksel !

Foto en idee:  Gideon Louw




PAPTERT MET KAASKRULLE


PAPTERT MET KAASKRULLE
Ek het toe die naweek paptert met kaaskrulle gemaak, my familie het hul vingers afgeeet.
Braai saam:
1 pak spek, in blokkies gesny
1 groot uie, gekerf
1 bakkie sampioene, opgekerf
Voeg by:
2 pakke kaaskrulle fyn gedruk (pas aan na gelang van die hoeveelheid pap)
250 ml room

Maak  genoeg slap pap vir die aantal mense wat jy wil bedien,
Meng spek mengsel by, gooi in bak, strooi kaas oor en bak in oond (180°C) vir ± 20 min. Heerlik!
Foto: Wynand Van Huyssteen
Resep: Elize Gouws




KNOFFELBROOD MET ROOM

2015-12-13-knoffelbroodmetroomtested

KNOFFELBROOD MET ROOM
1 kg vetkoek deeg – deeg wat by “Spar/Checkers” te koop is.
500 ml Ultramel room of enige ander volroom
kaas, soveel soos wat jy wil insit (ekke vat sommer lekker beleë cheddar)
gebraaide spek (opsioneel)
gekapte swart olywe (opsioneel)
knoffel, oveel soos wat jy wil insit

Maak die deeg in lang vorm (soos ‘n brood).
Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
Draai die deeg om met gesnyde kant na onder.
Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees).
Gooi 375 ml room oor die deeg.
Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor.
Vooraf verhit die oond tot 180°C.
Bak ongeveer uur.
Gooi die laaste room oor – 5 minute voor die brood uitgehaal word.
Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word. Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder.
BRON: Tinkie Nel Nortmann
FOTO: Lisinda Blaauw

 




LEKKER BROODJIE VIR BRAAI

LEKKER BROODJIE VIR BRAAI
500 g Golden Cloud Savoury Muffin Mix
100 ml (40 g) grated mature Cheddar cheese
100 ml (50 g) grated Mozzarella cheese
100 ml (40 g) grated Emmentaler cheese/
50 ml garlic chives, roughly chopped
60 ml sundried tomatoes in olive oil vinaigrette,drained and roughly chopped
12 Calamata pitted olives
80 ml melted butter
70 ml sunflower oil
320 ml milk (ek gebruik sommer karringmelk)
2 eggs

Preheat oven to 180 °C.
Mix the cheeses, garlic chives, sun-dried tomato and half the olives into the dry Golden Cloud Savoury Muffin Mix.
Beat the butter, oil, milk and eggs together and mix into the dry ingredients according to instructions on Golden Cloud pack.
Transfer batter to a greased 22 cm loaf tin.
Lightly press the remaining olives into the top of the loaf and bake for 30 minutes.
Reduce oven heat to 160 °C, cover top with foil and bake for another 20 – 25 minutes or until a skewer comes out clean when inserted.
Allow to cool slightly before turning out onto a wire rack.
Resep geplaas deur Tinkie Nel Nortmann