VARS KABELJOU OP DIE KOLE
1 heel kabeljou
growwe sout
vis speserye
2 eetlepels margarien
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel marmite
Sny die kabeljou oop en besprinkle dit met growwe sout en vis speserye. Plaas in die yskas vir ten minste 1 dag of oornag. Maak ‘n sous van die margarien, appelkooskonfyt en marmite. Braai die vis op die vel kant oor redelike lae hitte, terwyl die vleiskant met die sous bekwas word. Wanneer die vis begin deur gaar word, plaas meer kole onder die rooster en en draai die vis vir 2 tot 2½ minute op die vleiskant. Draai dan weer om op die velkant vir nog 2 tot 3 minute.
Resep geplaas deur Coetzee Neethling
Foto: Coetzee Neethling