TOKKIE SE ROOMKAAS-VERSIERSEL


TOKKIE SE ROOMKAAS-VERSIERSEL
Dankie aan Tokkie Lindeque wat die resep met my gedeel het na ‘n cream cheese frosting vir my n nagmerrie was.
Ek deel ook graag
250 gr creamcheese (smooth cottage cheese)
250ml versiersuiker
2.5ml vanilla
1 en 1/3 koppie room (heavy cream)
Ek maak maar seker dat ek hoeveelhede presies regte mates afmeet.
Met jou paddle klitser (K beater) klits die creamcheese, versiersuiker en vanilla saam op hoog tot dit lkr glad gemeng is.
Dan haal paddle klitser af gooi room by en met klop klitser klits als saam tot lkr styf. Sit so 30min in yskas dat dit lkr koud word.
Foto: Anita Janse van Rensburg




APPEL-VULSEL (VIR TERTE OF PANNEKOEK)


APPEL-VULSEL (VIR TERTE OF PANNEKOEK)
4 Granny Smith appels, geskil, stronk verwyder en in wiggies gesny (of gebruik 385g blik tertappels)
100g suiker
100g gemengde korente, rosyntjies en lemoenskil (vrugtekoek mengsel)
5ml fyn kaneel
3ml fyn naeltjies
15ml gemmerstroop
30ml suurlemoensap
100ml kookwater met Earl Grey teesakkie, maak medium sterkte tee (rooibos of heuningbos sal ook werk)
Sit alles in kastrol bring tot by kookpunt en prut dan tot die appels sag en die droë vrugte uitgeswel is. As daar nog vloeistof is kook tot dit feitlik droog is of behou dit indien verkies. Ek maak bietjie mielieblom aan in 100ml water en roer deur terwyl dit prut tot die vloeistof verdik en deurskynend en gaar is. Dan is daar lekker sousie by die appels.
Resep en Foto: Elsabie Templeton




RONEL SE AARTAPPEL EN BULLY BEEF FRITTERS


RONEL SE AARTAPPEL EN BULLY BEEF FRITTERS
4 med aartappels op fyn kant gerasper en soveel as moontlik sap uit gedruk. (sit geraperde aartappels in ‘n doekie en draai dit totdat al die sap uit is)
1 blikkie bully beef, ook fyn gerasper
1 klein ui fyn opgekap
1 eier
1 kop meel + 1 teelepel bakpoeier
melk
genoeg sout en peper

Meng alles saam. Voeg heel laaste melk by om ‘n deeg te vorm wat nie te slap is nie. Sal sê ‘n ½ kop behoort genoeg te wees.
Skep lepels vol in warm olie.
(EK HET EERS EEN BOLLETJIE GEMAAK OM TE SIEN OF SOUT GENOEG IS.)
Bedien of met Tamatiesous of enige lekker sous waarin jy dit kan dip.
Resep en Foto: Ronel Muller Thoma




VULLENDE PAP EN NJAMA (VLEIS)


VULLENDE PAP EN NJAMA (VLEIS)
Smaak-lekker vullende en spotgoedkoop ete daagliks geniet deur menige. Die geheim lê in die sous!
1 kg vleiserige sopbene
2 blokkies bief ekstrak
1 teelepel gerasperde knoffel
1 groot gekerfde ui
2 gesnyde tamaties
1 teelepel sout
½ teelepel rooipeper
3 lourierblare
5 heel naeltjies
1 teelepel fyn komyn

Braai bogenoemde saam in vlak olie.
Gooi 1 blikkie uie en tamate by as jy wil en prut met water vir 1 uur.

Gooi dan by:
4 aartappels, in blokke gesny
4 wortels, in skywe
1 handvol gekerfde seldery

Kook stadig vir nog ‘n uur.
Bedien saam met die sous op pap.
Resep en foto: Nico Conradie




CREAMY HERBY SALAD DRESSING (DULCI)


CREAMY HERBY SALAD DRESSING (DULCI)
(40 servings)
3 cups vegetable oil
5 Eggs
1/2 cup white vinegar
1 onion
Bunch parsley
1 tablespoon dried mixed herbs
1 tablespoon garlic
1 tablespoon salt
1 tablespoon sugar
Combine all the ingredients together in a large bowl and blend until light, thick, creamy and frothy.
Serve garnished with cucumber, salad or chicken.
PHOTO: Ineke Steyn




JAMMY DELIGHTS


JAMMY DELIGHTS
250g Unsalted butter, softened
125g Icing sugar, sifted
5 ml Vanilla extract
300g Cake flour plus extra to dust
Pinch of salt
125g Jam of your choice
Beat butter, icing sugar & vanilla intil pale & fluffy.
Add flour & salt and mix until dough comes together (it will be soft).
Form into a flattened disc & chill for 30 min.
Pre-heat oven to 180°C and line 2 large baking trays with baking paper.
Lightly flour work surface & roll out dough until its 3mm thick.
Stamp out 6cm rounds & transfer to one of lined trays, rerolling trimmings. Repeat with remaining dough but stamp out a further small shape in centre of each round.
Make sure you have same number of each.
Bake for 12 min. or until barely coloured.
Remove tray and spoon 1 t of jam onto the middle of each solid biscuit. Carefully place the hole-stamped biscuit on top & press down lightly.
Return the stacks to one of baking trays & bake for 5 min. more.
Transfer to wire rack to cool completely.

Photo: Frances Smith

PS: very delicate dough and breaks easily
I won a recipe book and this is one of the awesome recipes 😀




SOETMELK HOT CROSS BUNS (ROSYNTJIEBROOD/BESKUIT)

SOETMELK HOT CROSS BUNS (ROSYNTJIEBROOD/BESKUIT)
1 Sakkie kitsgis (pers sakkie)
1 blikkie kondensmelk
200 ml smeer  – wooden spoon in mikrogolf tot gesmelt (moenie te warm wees dit kan jou gis brand)
2 teelepel suiker
2 teelepels koekmeel
Meng kitsgis, suiker en meel in n 1 liter beker voeg ‘n koppie lou water by en roer goed. Voeg kondensmelk en smeer (olie/margerien) by – laat rus ‘n rukkie – as jy mengsel roer maak dit skuim – voeg lou water by tot jy so 800 ml het.
Sif saam
6 koppies meel
1 plat teelepel sout

Voeg 200 gram pitlose rosyne by en die melk en gis mengsel . Werk deur met ‘n slaplem mes – knie daarna goed ( voeg meel of bietjie water as deeg te nat of te droog is – knie todat bak en hande skoon is, geen deeg wat aan bak of hande vasit is ‘n teken dat jou knie genoeg was en deeg lekker elasties is)

Smeer deegbol bietjie olie en bedek met plastiek tot dit verdubbel het – knie deeg af, maak bolle, pak in pan en laat weer rys tot verdubbel het .
Bak in oond van 150  grade C vir 40 min en verhoog hitte na 180 grade C vir nog ongeveer 10/20 min of meer. as jy op brood of beskuit klop met ‘n kneukel moet dit hol klink.
BRON: Tessie Pretorius
2de Foto: Wilma Batt
In plaas van bolletjies het ek beskuitbrode gebak. Soveel makliker as bolletjies rol.

 




S’MORE KOEKIES


S’MORE KOEKIES

S’MORE KOEKIES
Marshmallows
Sjokolade
Marie beskuitjies

Plaas ‘n marshmallow op ‘n beskuitjie, met ‘n stukkie sjokolade bo-op.
Bak vir 5 min @ 150°C
Haal uit en plaas nog ‘n beskuitjie bo-op.
Laat afkoel en geniet

BRON: Cecil Dunhin




KATARZYNA’S GREEN SPRING CREPES


KATARZYNA’S GREEN SPRING CREPES
Today I would like to share with you a spring (it is just starting in Poland) proposal. Decide for yourself whether to eat it for breakfast, dinner or supper. I prepared these amazing green crepes for dinner. To decorate my spring crepes I used cress. For me it is the next sign of spring and upcoming Easter.
crepes:
340 g of ready semolina
700 ml of milk
100 g of spinach
2 eggs
4 tablespoons of oil
a hint of salt
stuffing
200 g of cottage cheese
100 ml of natural yoghurt
6 radishes
3 tablespoons of cress
salt and pepper

Pour 600 ml of cold milk onto the semolina, mix it in thoroughly and leave for half an hour.
Blend the spinach (without the stems) with 100 ml of milk. Add the spinach, eggs, oil and salt to the semolina and mix them in. Pour a portion of the dough into a medium frying pan and fry on both sides.
Cut the radishes into thin strips. Mix the cottage cheese with the yoghurt (or mash with a fork). Add the radish and cress, and spice it up with salt and pepper and stir.
Put the filling on every crepe and roll it up.

Enjoy your meal!

RECIPE AND PHOTO: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




GIDEON SE MARINADE VIR VARK(STERTJIES)


GIDEON SE MARINADE VIR VARK(STERTJIES)
1medium ui geskil en fyn gekerf
1 groot opgehoopte eetlepel chutney
1t mild kerrie poeier
1t sout
1/4t witpeper
3e olyfolie
1e braaipan frying roast van Freddie Hirsch
Meng alles saam met n klein bietie water en gooi oor die varksteftjies om te marineer.

Braai oor matige kole tot deur gaar

RESEP EN FOTO: Gideon Louw