GEBAKTE HOENDERLEWERTJIES


GEBAKTE HOENDERLEWERTJIES
500 g hoenderlewertjies
1 ui, fyn gekap
± 200 – 250 g botter/margarien
1-2 pakkies soppoeier

Maak hoenderlewertjies skoon. Rol in soppoeier en pak in gesmeerde oondbak. Strooi gekapte ui oor en sit stukkies botter bo-oor. Maak net seker daar is genoeg botter! Bak vir ongever 20-30 minute teen 180ºC tot gaar. Dien op saam met rys.
Notas:
Geen vloeistof word benodig nie!
Moet nie te lank bak nie so nie is dit droog.
Foto: Bets Lourens




VROULIEF SE PEPPERMINTYSKASTERT


VROULIEF SE PEPPERMINTYSKASTERT
1 pakkie –  200 g tennisbeskuitjies
250 ml varsroom wat verkoel is
375 ml karamel kondensmelk
100 g peppermint sjokolade
50 g Peppermint Crisp

Gebruik ‘n 20 x 20 cm glasbak en rangskik ‘n laag beskuitjies onder in die bak.
Klits die room styf en voeg die kondensmelk by en klits goed.
Rasper die peppermint sjokolade en vou by die mengsel in.
Skep die helfte van die mengsel oor die laag beskuitjies en smeer gelyk.
Pak dan nog ‘n laag beskuitjies en skep die orige mengsel bo-op en maak gelyk en rasper die Peppermint Crisp bo oor.
Plaas in die koelkas vir een uur voor dit opgedien word.
Foto en resep: Gideon Louw




HOENDERADDER


HOENDERADDER
400 gram hoendermagies
400 gram hoenderlewertjies
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel suurlemoen sap
2 eetlepels suiker
1 teelepels sout
1 lang skoongemaakte vetderm
1 teelepel gemaalde swartpeper
100 gram gekapte spek

Maak die lewer en magies mooi skoon en kerf in klein stukkies en laat lê ‘n rukkie in soutwater.
Spoel mooi skoon af en dreineer soveel moontlik water af.
Meng dan al die ander bestanddele by behalwe die derm.
Stop dan die mengsel in die vetderm en bind die punte toe met stukkie tou.
Braai op stadige kole tot lekker gaar.
Foto en resep: Gideon Louw




ANDERSTE GRANADILLA CREMORA TERT


ANDERSTE GRENADELLA CREMORA TERT
250 g roomkaas
250 g volroom granadilla jogurt
1 blikkie volroom kondensmelk
250 ml yskoue water
500 ml Cremora
2 klein blikkies granadilla pulp
200 ml suurlemoensap
Tennisbeskuitjies

Pak die tennisbeskuitjies in die onderkant van ‘n langwerpige glas bak.
Meng die cremora met die yswater.
Klits die roomkaas, jogurt en kondensmelk saam tot glad en gooi dan die Cremora mengsel en granadillapulp by en klits weer saam.
Terwyl jy klits, voeg die suurlemoensap by en klits tot die mengsel begin styf raak.
Gooi die vulsel oor die tennisbeskuitjies en plaas 3 tot 5 ure in yskas om verder te stol.
Foto en resep: Christine Louw




AIRFRYER GRONDBOONTJIES EN ROSYNE


AIRFRYER GRONDBOONTJIES EN ROSYNE
Rooster 1 kilogram grondbone wat liggies geolie is 6 minute lank in die airfryer teen 200°C. Sprinkel sout oor en meng. Rooster vir nog 6 minute.
Rooster dan halwe kilogram soos hierbo, maar slegs vir 3 minute elk.
Halwe kg rou grondbone in mengsel.
Halwe kg rosyne.
Meng alles saam en voeg sout by na smaak.
Jy kan ander spesery ook na smaak gebruik.
Foto: Aubrey Winter




JAVELLE WATER


JAVELLE WATER
(Jik)
1 pond wassoda (450 g)
4 koppies kookwater
½ pond chloor (225 g) (HTH)
8 koppies koue water

Meng die chloor met die koue water en gooi kookwater op die wassoda. Meng dan die twee oplossings saam en roer goed en laat staan totdat daar ‘n afsaksel gevorm het. Gooi die helder vloeistof in ‘n fles af en hou dit in ‘n donker plek. Dit mag dalk later ligroos van kleur raak, maar is dan selfs goed.
Hierdie middel bleik nie alleen linne en katoen wat oud geword het nie, maar verwyder ook vlekke. Laat die vlek in gelyke dele warm water en Javel week.
Foto: Babs van der Westhuizen




TINKIE TERT


TINKIE TERT
1 boksie Rokkies (6×45 g) vanilla geur of Tinkies
250 ml room
1 blik karamel kondensmelk
1 grondboontjie stafie

Sny koekies in wieletjies en pak op die bodem van ʼn groot bak.
Klits room tot amper styf. Voeg kondensmelk by en klits tot redelik styf. Skep op koekies. Breek grondboontjies bo-oor.

Nota:
Ek het die karamel geur Tinkies gebruik en Peppermint Crisp bo-oor gerasper. Jy kan selfs die aarbeie geur Tinkie gebruik saam met die aarbei geur kondensmelk.
Mens kan peanut brittle lekkergoed gebruik of enige sjokolade of neute waarvan julle hou,  Ja jy kan enige iets gebruik waarvan jy hou. Ek het die room net verdubbel na 500 ml om die tert ʼn bietjie te rek, dis dan ook nie so soet nie. Orley Whipp kan ook in die plek van room gebruik word.
Foto: Hannetjie Langenhoven




PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES


PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES
350 g hoenderborsfilette, sonder die vel in blokkies gesny
50 ml Italiaanse droë vermot
10 ml vars gekapte roosmaryn
15 ml olyfolie
1 ui fyn gekap
90 g Italiaanse salami, in stukkies gesny
275 g pastastrikkies
15 ml balsamiese asyn
1 x 400 g blik Italiaanse kersie tamaties
gedroogde rissie na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die hoender in ‘n groot bak, skink die vermot oor en strooi die roosmaryn oor. Geur met sout en peper na smaak. Roer goed deur en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan of kastrol en roerbraai die ui en salami oor matige hitte vir omtrent 5 minute.
Kook die pasta volgens die instruksies op die verpakking.
Voeg die hoender en vermot by die ui en salami, verhoog die hitte en braai 3 minute, of tot die hoenderstukkies oraloor wit geword het. Sprinkel die asyn oor.
Voeg die kersie tamaties en rissies by, roer goed en prut ‘n paar minute. Proe die sous en geur na smaak indien nodig.
Dreineer die paste en voeg by die hoendermengsel.
Foto: Elna Erasmus




AVOCADO DIP


AVOCADO DIP
1 avocado, peeled and mashed
3 tablespoons creme fraiche, sour cream or even better, cream cheese
2 tablespoons apple cider vinegar
salt and pepper to taste

Mix it all together and enjoy!
Photo: Jennifer Weir




ROOI SLAPHAKSKEENTJIES


ROOI SLAPHAKSKEENTJIES
3 kilogram klein uitjies, geskil, laat lê oornag in sout water.
2 teelepels sout op 2 liter water, spoel volgende dag af.
Ek sny ‘n kruisie aan bo kant anders peul die binneste stukkie uit as dit kook.
2 koppies sultanas
350 ml suiker
440 ml wit asyn
440 ml water
2 blikkies tamatie pasta van 115 gr elk
80 ml olie
knippie rooi peper
½ teelepel rissie vlokkies (crushed chillis)
1 eetlepel hoogvol aromat
sout na smaak

Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol, bedek dit met deksel en prut stadig vir ongeveer ‘n uur.
Haal deksel af en kook tot sous dikkerig is.
Skep uitjies in warm gesteriliseerde bottels met sous, verseël dadelik.
Foto en resep: Alta Gunter van Dyk