R SE HOENDERLEWERTJIES

R SE HOENDERLEWERTJIES
Ek het ‘n vriendin wat die lekkerste hoenderlewertjies maak. Sy het al soveel keer vir my probeer verduidelik hoe om dit te maak, maar ek kry dit maar net nie reg soos sy dit maak nie.
Hier is my 5-bestanddele weergawe van haar hoenderlewertjies.
Daar is nie regtig waar hoeveelhede vir hierdie resep nie want alles is maar soos jy daarvan hou, maar ek gaan probeer.

250 g hoenderlewertjies, gewas; galblase verwyder; in stukkies gesny so groot soos wat jy wil
‘n Gegeurde meeltjie van jou keuse om lewer te bedek (ek het sommer ‘n houer coating van die winkel rak af gevat)
1 medium ui, in stukkies gesny
± 1 k old brown sherrie
± 1 k room
knoffel na smaak
swart peper na smaak
rissie na smaak
gerookte paprika (optioneel)
gemengde kruie (optioneel)

Braai die uie tot dit begin verkleur. Sit die knoffel by en laat dit nog ‘n minuut braai. Skep die uie en knoffel uit in ‘n bakkie en hou vir later.
Gooi nog ‘n bietjie olie in jou pan en laat dit warm word.
Bedek die lewer stukkies met die coating en braai dit in die warm olie tot mooi bruin en dit begin bros word. Voeg die reeds gebraaide uie en knoffel by. Gooi die sjerrie by en roer al die vasgebraaide lekkerte van die bodem af los. Sit die room, swart peper, rissie vlokkies, paprika en kruie by. Roer deur.
Proe maar of nog sout nodig is – moet nie die coating wat jy gebruik onderskat nie.
Sodra die sous begin verdik is jou hoenderlewerties reg.
Bedien saam met ‘n stysel van jou keuse.
FOTO: Wayne Dugmore




MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS

MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS
1 ui, fyn gesny
±500 g maalvleis
1 pakkie kaassous van jou keuse
halwe pakkie pasta (250 g)
2 koppies gerasperde kaas
‘n paar skywe tamaties vir bo-op (opsioneel)

Terwyl pasta in water kook, braai jy die uie tot sag. Voeg maalvleis by uie en braai tot bruin en geur na smaak. Gooi uie en maalvleismengsel in mengbak. As pasta gaar is dreineer water en voeg pasta by maalvleismengsel. Maak kaassous volgens aanwysings aan en roer by maalvleis-pastamengsel. Voeg ‘n koppie gerasperde kaas by en roer goed deur. Gooi oor in oondvaste glasbak. Sit die gesnyde tamatieskywe bo op  en strooi oorblywende kaas oor die tamatie of strooi net die kaas oor sonder die tamatie skywe. Plaas bak in oond teen 180°C tot kaas lekker gesmelt is. Kan bedien word met vrugte blatjang.
Foto en resep:  Marietjie Le Sueur




CABANOSSI SOUS

CABANOSSI SOUS
1/2 uie, redelik fyn gekap
1/2 groenpeper, redelik fyn gesny
2 cabanossi stokkies, in ringe gesny
1 pakkie 4-kaas sous poeier
1 koppie room

2 knoffelhuisies, baie fyn gekap (opsioneel)
1/2 t gedroogde rissie (optioneel)
‘n goeie skeut of wat swartpeper
‘n goeie paar skeute gerookte paprika

Braai die uie tot dit begin verkleur. Voeg die knoffel by en braai vir nog so ‘n minuut. Sit die groenpeper by en braai vir so 2 minute. Voeg die cabanossi by en braai vir nog so ‘n minuut of 2 terwyl jy dit aanhoudend roer, maar moenie dat die cabanossi verkleur nie. Sprinkel die souspoeier oor en roer deur. Gooi die room by en roer deur. Voeg die swartpeper en paprika by en roer deur. Sodra die mengsel begin borrel skakel jy die stoof af.
Bedien saam met jou gunstelling pasta, gekookte aartappel, rys, pita broodjie of geroosterde bagette.
Nota:
Ek het my amper al dente penne pasta by die warm room ingesit sodat dit verder in die room gaar word en die sous die holtes vul.
Nota:
As jou sous te dik lyk kan jy dit verdun met ‘n bietjie melk.
Genoeg vir so 2 mense, of 1 stewige porsie.
FOTO: Wayne Dugmore




MINT CHOC CHIP CUPCAKES

MINT CHOC CHIP CUPCAKES
140 g meel
185 g strooisuiker
30 g cocoa
40 g sjokolade skyfies
1/2 t koeksoda
1/4 t sout
125 g karringmelk
120 ml koffie, afgekoel
100 ml olie
1 groot eier
1/4 t peppermint ekstrak

Sif droë bestanddele saam en roer die sjokolade skyfies by. Klits nat bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en klits deur. Gooi in 12 cupcake houers en bak by 160°C vir 22-25 min.

Versiersel:
150 g sagte ongesoute botter
340 g gesifte versiersuiker
3 e melk
1/4 t peppermint ekstrak
75 g sjokolade, gesmelt en afhekoel.
Groen kleursel
Sjokolade sprinkels

Klits die botter tot bleek en voeg die versiersuiker by. Meng die melk en die peppermint by. Deel in 2 dele. Deel 1 – Sit groen kleursel by asook chocolate sprinkels. Deel 2 – Meng gesmelte sjokolade in versiersuiker en bietjie bruin kleursel indien nodig. Sit die 2 dele langs mekaar in ‘n spuitsak en spuit rosette bo-op die cupcake. Gooi sprinkels oor.
Foto: Frances Smith




ROOMYS TERRIEN

ROOMYS TERRIEN
1 x 100 g pakkie fyn amandels
60 g fyn klapper
60 ml botter, gesmelt
250 ml volroom jogurt
100 g strooisuiker
5 ml vanillageursel
250 ml room
Hand vol gedroogte frambose

Meng amandels, klapper en botter saam tot dit die tekstuur van klam seesand het. Voer ‘n broodpan van 15×13 cm uit met kleefplastiek. Gooi klappermengsel onderin pan en druk stewig vas met vingerpunte. Meng jogurt, suiker en vanielje. Klop room tot sagte punt vorm en vou by jogurtmengsel in. Gooi in uitgevoerde pan en smeer gelyk, sprinkle framboos bo-oor en Vries vir 6-8 ure of oornag.

Foto: Diana Bailey




STUFFED FRENCH LOAF

STUFFED FRENCH LOAF
French Loaf
Mozzarella Cheese
Swiss Ham
Feta Cheese
Rosa Tomatoes
Pickeled Jalapenos Slices
Chipotle Sauce
Garlic Flakes
Oregano
Olive Oil

Remove the centre of the french loaf. Sprinkel with olive oil, garlic flakes & oregano. Layer the french loaf with mozzarella cheese, swiss ham slices, tomatoes, feta chees and jalapeno slices. Sprinkel with Chipotle Sauce, Olive oil, garlice flakes and Oregano.
Bake in a 180° degree C oven for 12-15 min.

PHOTO: Tanya Pretorius




FRIDGE CHEESECAKE WITH BLUEBERRY COULIS

FRIDGE CHEESECAKE WITH BLUEBERRY COULIS
Crust:
1 packet Tennis biscuits crushed fine with rolling pin in plastic bag or in food processor
100g melted butter
Mix well and press into pie plate or dish (approx 22cm dia) and put in fridge to set.

Cheesecake mix:
2 tubs plain smooth cream cheese (medium or full cream)
150g icing sugar sifted
90ml freshly squeezed lemon juice
Zest of 2 lemons
200ml fresh cream whipped to stiff peaks
15ml water
5ml gelatine powder

Mix the cream cheese, icing sugar, lemon juice and zest until well blended.
Sprinkle the gelatine over the water in a cup, stir and microwave until just bubbling and stir until dissolved. Stir into the cream cheese mixture until well blended.
Fold the whipped cream into the cream cheese mixture and spoon into the pie crust.
Smooth the top and put into fridge overnight.
Blueberry coulis:
350g fresh or frozen blueberries
200g castor sugar
Dissolve the sugar with blueberries in a small pot over medium heat. Once all sugar dissolved bring to boil and then simmer until a sticky sauce forms. Some of the blueberries will break open as they cook. Take the pot off the heat and allow to cool down. Once cool put into a container and keep in fridge till needed. Serve with the cheesecake or even with vanilla ice cream.
PHOTO: Elsabie Templeton




BOTTERSKORSIE GEBAK (BUTTERNUT GRATIN)

BOTTERSKORSIE GEBAK
(BUTTERNUT GRATIN)
2 medium butterskorsies
Gedroogde knoffel vlokkies
Gedroogde uie vlokkies
Gedroogde salie
Gemaalde swart peper
Gemaalde sout
Gerasperde parmesan kaas
1 blik klapper room
1 t kerrie
1/2 t borrie

Skil die botterskorsies en sny dit in 2-3 mm skywe.
Meng die kerrie poeier en borrie met die klapper room.
Gooi ‘n klein bietjie klapper room mengsel onder in jou oondbak – net genoeg om die bodem te dek.
Pak ‘n laag botterskorsies bo-op die klapper room mengsel. Strooi knoffel vlokkies, uie vlokkies, swart peper, sout, salie en parmesan oor. Herhaal tot al die botterskorsie skywe klaar is.
Gooi die klapper room mengsel oor en laat dit deur die lae syfer.
Strooi ‘n stewige laag parmesan oor.
Bak teen 160°C vir so 45 minute tot die botterskie sag is en die parmesan begin verkleur.
NOTAS:
Ek het Rajaj se bruin (wat nou pers is) aromatiese matige kerrie gebruik. Nie te sterk nie en vol geure!
Hierdie dis raak regtig lekkerder hoe langer dit staan. Die klapper room en salie het ‘n unieke smaak wat saam met die kerrie en borrie die botterskorsie komplimenteer.
Foto en resep:  Wayne Dugmore




GEROOSTERDE GEBOTTELDE KNOFFEL HUISIES

GEROOSTERDE GEBOTTELDE KNOFFEL HUISIES
Vat soveel knoffel bolle as wil of het. Sny die bo punt van die bol af sodat elke huisie oop is. Sit die knoffel bolle op foelie. Maal swart peper en sout bo op elke bol. Gooi nou olyfolie op elke bol – moenie skaam wees met die olie nie: dit moet by al die huisies in. Maak die foelie toe en bak teen 200°C vir so 45 minute to ‘n uur totdat die knoffel sag is.
As jy grlukkig is, behoort jy nou die onderkant van die knoffel bol te kan druk en die huisies sal na boonto uit peuel. Indien jy sukkel daarmee breek jy die huisies uit mekaar uit en druk dan aan die onderkant en die knoffel sal uit glip.

Pak nou jou knoffel lae in gesterriliseerde botteltjies met krui en speserye na jou hart. Ek het juniper bessies, pimento bessies, naeltjies, swart peper korrels, koljander korrels, lourierblare, roosmaryn en basilie gebruik. Na elke laag wat jy gepak het gooi jy olyfolie tot die bottel vol is.
Hierdie geroosterde knoffel gaan nou lekker geur opbou tot jy dit gaan gebruik.
Dit is heerlik op oondgeroosterde broodjies en saam kaas op ‘n kaasbord. Na die tyd kan jy die olie gebruik om mee te kook.
Ek het 8 knoffel bolle gebruik vir die 2 botteltjies.
FOTO: Wayne Dugmore




PECAN PIE BARS

PECAN PIE BARS
Base:
1 1/4 cups butter
6 tablespoons granulated sugar
2 large eggs
1 1/2 teaspoons vanilla extract
2 1/4 cups all purpose flour
1/4 teaspoon baking powder
1/8 teaspoon salt

Mix the butter and sugar until light and creamy for about 3 minutes. Add the eggs 1 at a time and mix well. Add the salt and baking powder and mix well. Add the flour and mix well. Spoon the mixture into a greased baking tray and make level – don’t go up the sides. Bake at 180°C for about 15 minutes until set, but not browned. Remove from oven and let it cool slughtly.

Topping:
250 grams butter
1/2 cup golden syrup (150 grams)
1 1/2 cups brown sugar (300 grams)
2 tablespoons cream
500 grams pecan nuts, chopped into smaller pieces

Put the butter, syrup and brown sugar in a heavy based pot on a low heat until the butter and sugar is melted. Turn up the heat and let it boil rapidly for 3 minutes whilst stirring – do jot let it burn. Remove from heat and stir in the cream and pecan jut pieces. Spoon on tol of the base and level. Bake for 30 minutes at 180°C.
Let it cool slightly before cutting. Refrigerate until serving.
Note:
I used my rusk pan with cutter.
I got 36 bars.
Photo:  Wayne Dugmore