SJOE SJOE MET BROOD GEBAK


SJOE SJOE MET BROOD GEBAK
500 gram sjoe sjoe, geskil en in blokkies gesny
100 gram suiker (125 ml)
2 ml sout
25 ml botter
2 snye witbrood, elk in 9 blokke gesny
3 stukke pypkaneel
125 ml kookwater

Verhit oond tot 190°C.
Kry ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en pak ‘n laag pampoen onderin.
Sprinkel suiker en sout oor, stip met botter, plaas 3 blokkies brood en 1 kaneelstok bo op.
Herhaal die lae.
Gooi laastens kookwater oor en sit deksel op.
Bak vir sowat 1½ – 2 uur tot pampoen sag is.
Resep: Elize de Kock




WORS KOS IDEES


WORS KOS IDEES
Santi Evert Erasmus:
Ons ook moeg geraak vir wors net so.
In 3 cm stukkies gesny, repe spek om elke stuk gedraai dwars oor die gesnyde kante. Afwissellend met stukke uie, green, red, yellow peppers en baby marrow op sosatie stokke geryg, liggies met olyf olie gekwas en op die vuur gebraai. Boereworssosaties.
Anuchka En Hendrik Botha:
Braai wors (in klein sirkels gesny so 1 cm)
Gooi 2 min beef noodles by met sy sous pakkie.
Blikkie kerrie groente en melk tot noodles gaar is en geniet.
Josh-lin Schereka:
Remove from the casing and make meatballs.
Cook the wors. Set aside. Fry an onion till soft. Chop the wors into rings and add to the onions. Add chopped green pepper. A bit of chilli and paprika if you like. Add 2 tins baked beans.

Annemie Coertze Botes:
Sny die wors in stukkies. Gooi in stoompot met aartappeltjies en worteltjies. Gooi blikkie boerie relish daarin en bietjie water. Kook saam en eet saam met rys.
Rina Swart:
Sit stukkies rou wors in pan met deksel, gooi rou rys bo op, maak pakkie sop van jou keuse met water aan, gooi bo-oor, sit deksel op en kook oor stadige hitte tot rys sag is.
Lani Nelson:
Vat ‘n oondvaste bak, skil ‘n klompie aartappels en sny dit in skywe in die bak, sit jou wors rou bo-op die aartappels en sit ‘n deksel op. Bak in die oond tot die aartappels mooi sag is. Bedien op saam met ‘n lekker groen slaai
Sheena Mouton:
Wors stew –
Kook in aparte pot of sommer mikrogolf aartappel blokkies tot gaar.
In ‘n aparte pot – Maak uie en tamatiesmoor, sit aartappels in die mengsel, sout en pepper (ek sit hier kerrie speserye by) en dan braai ek die wors binne in die mengsel. Gooi bietjie water of aangemaakte sousblokkie by.
Jacques De Villiers:
Sny die wors in stukke, kook saam met gesnyde aartapels.
Gooi borrie, konfyt, kerrie en asyn in. ‘n Lekker soet kerrie met pap.
Antjies Venter:
Braai die wors gaar, haal uit en braai uie. Na uie in die wors pan gebraai is, gooi aartappel blokkies in, sit wors terug en sit macaroni bo-op die wors.  Bedek met water en kook stadig tot gaar. Onthou sout en peper na smaak.
Kook tot alles sag, sag is met so lekker dik sous.
Mariaan Thiart Ellis:
Ek braai worsstukkies saam met uie tot gaar, gooi 2 blikke perskeskywe en ‘n halwe koppie mayonnaise by. Laat prut net 3 min. Bedien saam met rys, kapokaartappels of lekker broodjie wat jy in sous kan druk
Angelique Williams:
Ek noem dit “worspot”, ons sny wors in lekker stukkies, maak gaar, dan in ‘n pan braai jy jou uie lekker bruin, dan voeg jy die volgende gemengde speserye by :
Meng ‘n teelepel van elk, kerrie, borrie, origanum, bbq, meng dit in ‘n bakkie sommer vir ‘n volgende keer ook. Gooi ‘n teelepel of twee van die gemengde spices by uie en sit jou wors by. Dan gooi jy jou gaar rys by. Bedien met ‘n bietjie chutney of hoe ookal jy dit verkies. Lekker veral op ‘n koue aandjie.
Annelie Groenewald:
Sit wors onderin groterige kastrol met ½ koppie water. Pak aartappels, wortels en ‘n halwe kool bo-op. Sit deksel op en kook op medium hitte tot gaar. Nie nodig vir veel geurmiddels nie. Die worsgeur trek deur die groente!
Retha van Vuuren:
Sit 3″ stukkies op ‘n sosatie stokkie, doop in deeg en braai in olie tot bruin, bedien met blatjang, mayonnaise en tamatiesous doopsous as voorgereg!
Ian Nel – Foto
Papballe met wors en braai uie sous.
Skep papballe met icecream scoop in bak. Sit gebraaide wors (nie heeltemal gaar) oor en rondom. Skep gebraaide uie sous oor alles en bak dit verder in oond. Regtig lekker!




POTJIE RING GROOTTES

POTJIE RING GROOTTES
Met riglyne van persone wat kan eet

Persone
Potjie No Liter Gewig Sonder bykos Met bykos
¼ 0.7 1.81 1 1
½ 1.2 3.04 1 1
¾ 2.7 3.86 1.5 1.5
1 3 4.54 2 4
2 6 6.35 4 8
3 7.8 8.16 6 12
4 9.3 11.8 8 16
6 13.5 17.7 11 22
8 18.5 18.1 15 30
10 28 25.9 23 46
14 34.5 31.3 29 58
20 56.3 55.8 47 94
25 70.5 77.1 59 118



IDEES VIR PAMPOEN MET BROOD


IDEES VIR PAMPOEN MET BROOD
Da-Ina du Randt: Ek kook net gewone pampoen in water tot dit sag is.
Gooi van die water af.
Roer genoeg suiker en kaneel in.
Sny twee snye dik witbrood en botter ruim aan albei kante.
Sny in blokkies en roer by die pampoen in.
Die brood absorbeer die res van die water.
Laat so effens kook/braai tot die meeste vloeistof weggekook het.

Antoinette Wiese:
Oh heeeerlikheid ek het die naweek Herbert of groot Murgpampoen gesoek, want dis mos eintlik die een om te gebruik.
Helaas hulle is buite seisoen tans.
Ouma het dit Marrow mos genoem.
Bietjie soet gemaak met stukkies brood ingesit en dan van die water uitgeskep en bietjie vla poeier ingeroer en dan gekook tot hy romerig is.




DEBBIE SE PIESANG EN SJOKOLADE BROOD


DEBBIE SE PIESANG EN SJOKOLADE BROOD
3 oor-ryp piesangs
115 gram botter, gesmelt
200 ml suiker
2 eiers
10 ml vanielje
225 ml suurroom (of yoghurt)
5 ml koeksoda
5 ml sout
350 ml koekmeel
120 ml klein sjokolade chips
120 ml fyn gekapte neute

Verhit oond na 180 ºC.
Spuit ‘n broodpan (22 x 12 cm) of smeer goed met botter.
Druk 2 piesang fyn met ‘n vurk.
Sny die derde piesang in dun skyfies en hou eenkant.
Roer die botter en suiker saam.
Voeg die eiers en vanielje by.
Roer nou die suurroom, fyn piesangs, koeksoda en sout by.
Voeg nou die meel, gesnyde piesangs, sjokolade en neute by.
Roer versigtig tot alles mooi gemeng is.
Giet die mengsel in die broodpan, en bak vir ongeveer 60 minute totdat ‘n mes wat in die middel ingesteek word, skoon uitkom.
Die broodjie behoort bietjie te begin bars bo-op.
Haal uit die oond en verkoel in die pan op ‘n draad rakkie vir 15 minute.
Keer die broodjie uit die pan uit, en laat heeltemal afkoel.

My veranderinge:
Ek gebruik net 1 ½ eiers.
Ek klits een eier met ‘n vurk in ‘n koppie en gooi helfte daarvan by die vol eier.
Ek gebruik 100 ml wit suiker en 100 ml bruin suiker. Jy kan alles wit of alles bruin ook gebruik.
Die sjokolade en neute is nie noodsaaklik nie – los dit uit, of verruil dit nes jy wil.
Hierdie slag het ek die sjokolade verdubbel en die neute uitgelos.
Rosyntjies is ook lekker!
Foto en Resep: Debbie Edwards




PAM’S JAM AND COCONUT TART


PAM’S JAM AND COCONUT TART
500 gram coconut
110 gram butter or baking margarine
150 gram brown sugar
2 eggs
½ teaspoon Almond essence
smooth apricot jam to taste
500 gram sweet shortcrust pastry

Line a 22 cm pie dish with shortcrust pastry.
Smear a good layer of apricot jam.
Set aside.
Cream together butter and sugar till fluffy.
Add eggs – 1 by 1 and continue to beat well.
Add almond essence.
Add coconut and stir though very well.
Put on top of jam in the past shell.
Decorate with left over pastry.
Bake at 180°C for 25 min.
Then use top element to brown the top.
Photo and Recipe: Pam Mc Allister




PAM’S SHORTCRUST PASTRY


PAM’S SHORTCRUST PASTRY
500 gram flour
5 ml salt
350 gram butter or baking margarine
175 ml ice water
25 ml lemon juice

Mix flour and salt.
Rub in butter till it looks like breadcrumbs.
Then sprinkle water and lemon juice mix over and press till it comes together.
DO NOT KNEAD!
Chill until needed in the fridge.
Roll out 5 mm thick and cut rounds.
Put filling of choice ( I used apricot jam) and bake at 200° for 10 min.
Coconut mix recipe is in my other post.

Coconut filling:
500 g coconut
110 g butter or baking margarine
150 g brown sugar
2 eggs
½ teaspoon almond essence
smooth apricot jam to taste
500 g sweet shortcrust pastry

Line a 22 cm pie dish with shortcrust pastry.  Smear a good layer of apricot jam. Set aside.
Cream together butter and sugar till fluffy. Add eggs – 1 by 1 and continue to beat well. Add almond essence. Add coconut and stir though very well.
Put on top of jam in the past shell. Decorate with left over pastry .
Bake at 180° for 25 min. Then use top element to brown the top.
Enjoy!
Photo and Recipe: Pam Mc Allister




AMANDA’S MOUSSAKA


AMANDA’S MOUSSAKA
For the moussaka:
1 aubergine, sliced length ways
3 courgettes, sliced length ways
about 300 ml olive oil
salt
2 large potatoes, peeled and sliced length ways
2 small onions, chopped
2 cloves garlic, chopped
750 gram minced beef
3 beefsteak tomatoes, chopped
1 cinnamon stick
1 bay leaf
12 turns/grinds black pepper

For the bechamel sauce:
100 ml butter
100 gram plain flour (190 ml)
750 ml full-fat milk
3 eggs
¼ tsp grated nutmeg
150 gram cheese (Gruyere is best), freshly grated  (1½ cups)

Begin by salting the aubergine and courgette slices and leaving them for about 30 minutes, then rinse and dry on kitchen paper. Fry in plenty of the olive oil over a medium heat until lightly browned and starting to soften, then drain on kitchen paper and set aside. Fry the potatoes in the same way.
In a separate pan, heat 70 ml of the olive oil and fry the onions and garlic for five minutes until softened. Add the minced beef and brown it before adding the tomatoes, cinnamon stick, bay leaf, one-and-a-half teaspoons of salt and the pepper. Simmer for 30-40 minutes. When done, remove the cinnamon and bay leaf.
In a deep, ovenproof dish, about 24 cm x 35 cm, arrange the potatoes in a layer. Top with a third of the beef, then the aubergine, another third of the beef, the courgettes, and finish with the remaining beef.
Heat the oven to 220ºC.

Make the bechamel sauce:
Melt the butter in a saucepan over a gentle heat, stir in the flour and cook for two minutes so it loses its raw taste. Slowly incorporate the milk, and continue stirring until the sauce thickens.
Remove from the heat and whisk in the eggs, nutmeg and 100 gram of the grated cheese. Spread the bechamel over the layered meat and vegetables and top with the remaining 50 gram of grated cheese. Bake for 30 minutes, then take out and leave to cool.
Serve warm. The dish is also very good the following day.
Photo and Recipe: Amanda Conradie




KOEJAWEL CREMORA TERT


KOEJAWEL CREMORA TERT
125 ml suurlemoensap
500 ml cremora
1 blik kondensmelk
410 g blik koejawels, klein gesny met die sap
1 pak Tennisbeskuitjies

Pak beskuitjies in medium bak.
Meng al die bestanddele saam met ‘n spatula en gooi oor die beskuitjies.
Sit in die yskas om te stol.
Foto en Resep: Susan Kruger




KOFFIE SJOKOLADE VERSIERSEL


KOFFIE SJOKOLADE VERSIERSEL
250 gram margarien (ek het Rama gebruik), klits tot romerig
3 opgehoopte sterk kitskoffie (net net opgelos met gekookte water)
75 gram kakao of volgens smaak
300 ml versiersuiker
melk, so bietjie bietjie op ‘n slag

As versiersel te slap is,  voeg versiersuiker by en as dit te styf is om te pipe sit nog ‘n bietjie melk by.
Jy kan droë bestanddele aanpas volgens smaak.
As ek lus is vir ‘n donker sjokolade versiersel, sit ek dubbel kokao in en los die koffie uit.
Foto en resep: Riana Creighton