PRUTPOT LAMSBREDIE


PRUTPOT LAMSBREDIE
2 kg lamsvleis
1 kg klein aartappeltjies met skil
1 kg vars gemengde grof gekapte groente
2 groot uie, gesny
4 knoffeltoontjies, fyngekap
2 vars roosmaryn takkies
sout en peper, vleis speserye
2 knorr beef blokkies opgelos in ¼ koppie kookwater.
1 pakkie knorr oxtail sop
½ potjie vars room
1 teelepel gemende kruie droog

Braai uie tot ligbruin en voeg knoffel by.
Voeg mixed herbs by asook aartappeltjies en roosmaryn takkies sout en peper.
Braak tot uie lekker bruin is.
Skep in prutpot in en sit op “hoog”.
Braai jou vleis in dieselfde pot of pan tot bruin met vleis speserye.
Skep oor in prutpot (slowcooker) met vars groente en opgeloste knorr blokkies bo-oor.
Kook op high vir 4 ure.
Maak pakkie sop aan met ½ potjie room of meer en gooi bo oor kos. Werk liggies deur.
Wag nog so half uur dan is bredie dik en souserig.
NS. Die prutpot maak baie vog, so ek het van vleissous afgeskep en dit gevries vir volgende keer. Dis nou voordat roomsous bygevoeg is.
Resep en foto: Ronel Boshoff




MEISIE SE SJOKOLADE KOEK


MEISIE SE SJOKOLASDE KOEK
2 koppies koekmeel
½ koppie kakoa
1 koppie strooisuiker
1 teelepel koeksoda
2 teelepel kremetart
1 teelepel sout
5 groot eiers
1 koppie water
½ koppie kookolie

Sif droë bestanddele (Eerste 6) twee keer saam. Skei eiers en gooi eiergele en olie by water.
Klits eers eierwitte styf en klits daarna water, eiergele en olie saam.
Gooi water-eiermengsel by koekmeel en meng goed deur maar moenie oordoen nie. Meng dan so skeppie eierwit by koekbeslag en vou daarna eierwitte in.
Bak in ‘n gesmeerde pan (25 cm x 25 cm) vir min of meer 45 minute of deel in twee kleiner panne (rond deursnee 20 cm) en bak min of meer 30 minute. Moenie te gou toets of koek reg is nie, anders val dit plat.
Ek het gewone botter versiersel gebruik.
Resep: Meisie Hatting
Foto: Antonette Hatting




FATIMA’S FLAKY ROTI


FATIMA’S FLAKY ROTI
6 cups of cake flour
1 tablespoon of salt
2 -3 tablespoons sunflower oil
2 cups of warm tap water
150 grams of butter

In a large bowl, mix together all the ingredients, except the butter, until a soft dough is formed, if too sticky just add a little more flour, about 2-3 tbsp. Knead for a minute.
Next, take bits of the dough to form a small balls and roll each one out on a lightly oiled surface to form a round big disc.
Spread a thin layer of butter on the discs, roll them up to form a long thin sausage. Roll up each end of the sausage to form an s-shaped roll and then fold one side on top of the other. Cover with cling wrap and place the roti in the freezer for 30 minutes or in the fridge for a few hours .
Roll out each roti the size of a dinner plate again and fry in a hot frying pan until its golden and then turn over onto the other side (around 50 seconds on either side). Take the roti out of the pan and clap it with your hands to make it flaky. Serve with curry.
Roll out the roti dough as thin as possible and always oil work surface with a tiny bit of vegetable oil.
Butter is room temperature, this ensures a very light, fluffy and crispy roti .
Do not oil your pan when frying this roti . Do not use a small pan to fry roti . I use an electric frying pan or a very large non stick roti or normal pan .
Recipe : Cape Malay Cooking with Fatima Sydow
Photo : Petro Borchard
Comment : Ek het gister die eerste keer Roti gemaak saam met ‘n lekker kerrie. Resep is van Fatima Sydow van die TV program Kaap Kerrie + Koesisters. Ek was bietjie te ordentlik met die botter, sal volgende keer dikker oorsmeer en sal bietjie meer sout gebruik. Erg lekker




MOSBOLLETJIES MET ROSYNEMOS


MOSBOLLETJIES
Rosyne mos (as jy nie regte mos in die hande kry nie)
1.5 liter kookwater
250 g gekneusde rosyne
½ koekie saamgepersde gis of ½ pakkie kitsgis
Meng gis, water en rosyne. Laat staan 24 uur.
Giet deur gaasdoek en gebruik in plaas van mos.

Mos suurdeeg:
750 ml witbroodmeel
1.5 liter mos
2 teelepels suiker

Meng alles saam in ‘n 5 liter emmer met ‘n los deksel.
Klop goed met ‘n draadklitser.
Sit deksel op en laat rys op ‘n warm plek.
As dit sponserig en vol borrels is, is dit reg vir gebruik.

Deeg:
3 kg witbroodmeel
15 ml sout
800 g suiker
30 ml anys
500 g botter
mossuurdeeg

Sif droë bestanddele saam. Meng suiker en anys in meel in.
Vryf botter in meel in.
Meng mossuurdeeg in meel in en knie goed deur.
Laat rys oornag onder ‘n lekker warm kniekombersie.
Ek knie dit gewoonlik so twee keer af.
Maak bolletjies: 6 x 6 x 6 cm bolletjies (so lekker handvol). Vorm bolletjies so deur ‘n sirkel met jou duim en wysvinger, vou onderkante mooi in en pak in jou panne. Ek het drie verskillende groottes panne, ‘n standaard broodpan, ‘n wye pan en ‘n lang boerbroodpan, en ek het ‘n ronde koekpan gebruik vir die ander deeg.
Laat staan weer onder die kombersie tot panne vol gerys is.
Bak teen 175°C vir 45 min tot 55 min afhangende van jou pangrootte.

Suikerstroop:
15 ml suiker
125 ml kookwater

Smeer die gebakte bolletjies met stroop sodra dit uit die oond kom.
Breek die bolletjies nog halfwarm.
Droog uit in ‘n koel oond (50-75°C) tot droog.
Resep en foto: Annalize van Rooyen




APPLE AND CHEDDAR MUFFINS


APPLE AND CHEDDAR MUFFINS
Crispy apple and cheddar cheese muffins,make plenty , at least a double batch, as these muffins will quickly disappear.
Cooks: 25 minutes Serves: 12 muffins
500 ml (2 cups) self-raising flour
180 ml (3/4 cup) castor sugar
125 ml (1/2 cup) rolled oats
180 ml (3/4 cup) cheddar, coarsely grated
Pinch of salt
125 ml (1/2 cup) vegetable oil
160 ml (2/3 cup) milk
2 large eggs
1 medium apple, coarsely grated

Preheat the oven to 180°C and lightly grease a 12-hole muffin pan.
Sift the flour and combine with the castor sugar, oats, cheddar and salt in a large mixing bowl.
Make a well in the centre of the dry ingredients.
Whisk the oil, milk, eggs and apple in another mixing bowl.
Pour the wet ingredients into the well and gently fold in the dry ingredients until just combined.
Fill the muffin pans three-quarters full with the batter.
Bake for about 25 minutes until the muffins are golden in colour, or until a skewer inserted into the muffin centres comes out clean.
Set aside in the pan for 5 minutes to cool.
Transfer to a wire rack to cool completely.
Serve
lightly buttered with grated cheddar
Author: Mauricia Jordaan
Photographer: Mauricia Jordaan




SUKSES PAASBALLETJIES


SUKSES PAASBALLETJIES
12-14 bolletjies
250 ml warm melk
100 ml botter gesmelt
1 eier
80 ml suiker
sout
10 g kitsgis
15 ml fyn kaneel
15 ml gemengde speserye
890 ml koekmeelblom
250 ml rosyne

Kruise:
60 ml meel
15 ml olie
30 ml water

Glasuursel:
Kook saam vir 5 minute
100 ml water
50 ml suiker

Verhit oond tot 180°C. Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in middelslag mengbak. Voeg speserye en genoeg meel by tot ‘n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5-8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume sowat 1 uur. Voeg rosyne by en knie af tot rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume sowat 30-45 minute. Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies en plaas stewig teen mekaar in pan. Laat rys tot dubbel volume 30-45 minute.
Kruise
Meng bestanddele vir kruise tot stywe pasta. Spuit bo-oor deeg. Bak 30-35 minute tot goudbruin en gaar.
Glasuursel
Verf met glasuursel en laat afkoel.
Ek het 26 bolletjies uitgekry. By die kruise het ek ekstra water gevoeg, want dit was te styf.
Resep geplaas deur en foto: Elaine Steyne Steyne




JACQUES SE PANNEKOEK


JACQUES SE PANNEKOEK
Vir 12 pannekoeke
1 koppie meel
1 ¼ koppie melk
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
4 eiers
2 eetlepels olie

Meng alles saam en bak soos mens pannekoek bak in ‘n lekker warm pan.
Gebak: Chantè van der Colff
Foto: Meisie van der Colff




HETTIE SE PEPPARY DEWS


HETTIE SE PEPPARY DEWS
(Sweet Peppadews)
Gebruik 15 – 20 peppadews per botteltjie.
Sny stingels van peppadew af en ontpit met agterkant van teelepel.
Spoel af in yskoue water.
Meng saam:
5 koppies suiker
5 koppies water
5 kopies wit asyn
2 eetlepels droë piekel mix, sonder lourier blare

Kook tot suiker opgelos is.
Pak rou peppadews in gesterliseerde warm bottels.
Gooi warm stroop oor en maak seker bottel is tot bo gevul en alle lugborreltjies is uit.
Laat staan onderstebo tot heeltemal koud.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder word dit – omtrent 2 weke.
Vul met maaskaas en geniet.
Maak 9 heuning botteltjies vol.
Nota:
Pas die stroop aan volgens die hoeveelheid peppas wat jy het – 1 koppie van elk van stroop bestanddeel vul ongeveer 2 botteltjies.
Die peppadews hoef nie vooraf te kook nie, maar dis jou eie keuse. Dit bly lekker “crispy” as jy dit net so insit – indien jy dit wil kook moet dit net so 2 min wees. Hoe langer dit staan hoe sagter word dit.
Resep en foto: Hettie Gouws Stoltz




GROENMIELIEBROOD


GROENMIELIEBROOD
6 jong mielies
25 ml suiker
5 ml sout
2 eiers, geklits
10 ml bakpoeier
10 ml botter

Kook die mielies bietjie op. Sny pitte van die stronke af.
Maal en meet die mielies.
Daar moet 1 liter wees.
Voeg al die bestanddele by. Maak ‘n slap deeg met ongeveer 150 ml melk.
Skep in klein gesmeerde broodpannetjie.
Stip met botter.
Bak 75  min by 190ºC.
Resep: Charne de Jager




WAFELS MET IDEAL MELK


WAFELS MET IDEAL MELK
1½ koppie meel
½ koppie botter gesmelt
1½ koppie ideal melk
2 teelepel bakpoeier
2 groot eiers
knippie sout en neut

Voeg eiergele by melk en klits. Sif droë bestanddele saam en meng eiermengsel by. Klits eierwitte styf en vou by mengsel in. Voeg heel laaste die gesmelte botter by. Bak tot goudbruin.

STROOP
2 koppies suiker
½ eetlepel botter
1 koppie water
1 eetlepel gouestroop
1 teelepel vlapoeier
1 teelepel karamel geursel

Kook alles saam in mikrogolf tot suiker gesmelt is. Gooi warm oor wafel en bedien met room of roomys
Resep: Sanet Stoltz Muller