VINNIGE MACARONI EN KAAS


VINNIGE MACARONI EN KAAS (varsity kos)
500 g macaroni
6 eiers
Driekwart koppie melk
Handvol grof gerasperde cheddar kaas
Sout, braaivleis speserye en peper na smaak
Ekstra koppie kaas vir bo-oor sprinkel

Kook macaroni tot gaar. Meng melk, eier, kaas, speserye, sout en peper eenkant lekker deur. Gooi eiermengsel by die gaar macaroni. Gooi dan die macaroni inhoud in ‘n gesmeerde oondskottel.
Bak vir 45 minute op 180 ºC of tot eiermengsel mooi gaar is.
Net so voor jy dit uit die oond uithaal kan jy kaas bo-oor sprinkel en dit net lekker laat smelt.
Jy kan ook skyfies dun rou uie tussen die macaroni indruk of selfs skywe tamatie bo-op pak net voor jy dit in die oond sit. Bedien met slaai.
Resep en foto: Marlyn Ingram Ferreira




MAKLIKE BEESVLEISBREDIE


MAKLIKE BEESVLEISBREDIE (varsity kos)
1 kg beeskookvleis in blokkies gesny, vet af getrim
1 uie en knoffel
Braaivleis speserye na smaak
2 beefblokkies opgelos in 700 ml kookwater
Paar blertse Worchestersous
Gemengde groente van jou keuse
Blokkies aartappels
2 eetlepels knorr beef souspoeier

Braai ui, knoffel en vleisblokkies tot bruin. Voeg by speserye, Worchestersous, en biefblokkiemengsel.
Stoom vir ongeveer 15 – 20 minute. Vleis moet nog ferm wees. Voeg jou groente en aartappels by en stoom ‘n verdere 5 – 10 minute.
Meng die 2 eetlepels Knorrox met ‘n biekie water om ‘n pasta te vorm. Meng dit by jou bredie en laat dit so paar minute deurkook en tot die sous verdik is.
Moenie sout in die bredie sit nie. Die blokkies en Knorrox het genoeg sout in.
Bedien op rys.
Resep en foto: Marlyn Ingram Ferreira




WORSBREDIE


WORSBREDIE (varsity kos)
5 geskilde aartappels in dun skywe gesny
1 koppie rou rys
1 pakkie Chillie en beef Royco Sop
1 rooi pepper
1 ui
Knoffel
300 tot 500 g boerewors

Pak aartappel skyfies in ‘n gesmeerde oondskottel. Ryg bolletjies wors uit derm uit en pak dit rond op die aartappels. Sprinkel koppie rou rys oor aartappels en wors.
Braai ui, peppers en knoffel en skep dit oor die rys. Meng soppoeier met 700 ml koue water en giet dit oor die inhoud. Maak toe met foelie en bak ongeveer 90 minute op 180 ºC.
Bedien saam met ‘n slaai en soet groente soos ertjies.
Resep en foto: Marlyn Ingram Ferreira




AMARULA MELKTERT


AMARULA MELKTERT
Kors is tennisbeskuitjie krummels en gesmelte botter.
1 blik kondensmelk
3/4 koppie amarula
2 eetlepels gesmelte botter
4 eiers
1/2 koppie melk
6 eetlepels mielieblom
knippie sout.

Meng alles saam, mikrogolf dit vir 7 minute, roer deeglik.
Mikrogolf vir n verder 5 minute, roer, mikrogolf vir nog 3 minute, gooi in kors, laat afkoel, plaas in yskas vir so 2 ure tot gestol.
Resep geplaas deur: Theresa de Bruyn




EASY CUSTARD ALMOST LIKE ULTRAMEL

EASY CUSTARD ALMOST LIKE ULTRAMEL
1 tin condensed milk
1 liter water
150 ml custard powder

Mix water and condensed milk, stir well.
Make a paste with the custard powder mix all together.
Continue stirring over low-med heat till thick enough.
Serve hot or cold.
Recipe placed by Elize de Kock




SUENELL SE KITS TERT


SUENELL SE KITS TERT
1 pakkies karamel kits-poeding
1 blik Ideal melk
1 blik kondensmelk
200 ml melk
3 velletjies gelatien (geweek)
1 sjokolade koek (myne was oorskiet 240 g, fyn gemaak)

Meng 80 ml van die ideal melk by koek krummels en druk in bak vas vir kors.
Kits poeding, melk, Ideal melk en kondensmelk alles goed saam.
Meng gelatien velle in omtrent 120 ml kookwater tot gesmelt.
Klits gelatien stadig by die res van die mengsel en klits alles baie goed.
Gooi oor koekkors en plaas in yskas vir ‘n uur tot gestol.
Ek het ‘n Due Aro gerasper en oorgestrooi.
Resep en foto: Suenell Liebenberg




HOENDER SAAGWALA


HOENDER SAAGWALA
Vrydagaand takeaway maar self gemaak hoender saagwala (‘n tipe spinasie/hoenderkerrie).
Heerlik en nie te branderig, so perfek vir die kiddies (as daar oor is).
Bedien met basmati rys en/of naan.
2 groot hoenderborsies, in blokkies gesny
olie/ghee vir vlakbraai
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 teelepel gerasperde vars gemmer
½ pak gevriesde spinasie, ontdooi en water uitgedruk
1 eetlepel garam masala
1 teelepel cumin powder
½ teelepel borrie
½ teelepel cayenne pepper
sout en peper na smaak
5 ml asyn
100 ml water
200 ml room
125 ml suurroom

Braai hoender tot ligbruin.Voeg uie, knoffel en gemmer by en braai tot deurskynend. Voeg spinasie, garam masala, cumin, borrie, cayenne pepper, water, room en suurroom en asyn by en laat deurkook. Bedien warm.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs




KRISPY KREME DOUGNUTS


KRISPY KREME DOUGNUTS
Doughnut Batter:
4-½ teaspoon dry yeast
1/3 cup water 105-115ºF / 40-46ºC
1 ½ cup milk
½ cup sugar
1 teaspoon salt
2 eggs
1/3 cup butter -95 grams
5 cups all-purpose flour
Canola oil for frying

Doughnut Glaze:
½ cup butter, melted
2 cups powdered sugar
2 teaspoon vanilla
5-7 tablespoons evaporated milk

In a standing mixer, combine lukewarm water and yeast. Let it sit until dissolve for about 5 minutes.
Meanwhile in a microwave safe medium bowl, heat milk for about 2 minutes. Remove and let it cool.
Add, milk, sugar, salt, eggs, butter and 2 cups of flour to bowl of yeast.
Mix for 2 minutes at medium speed. Add the remaining 3 cups of flour and continue mixing dough. Scraping down sides.
Place dough in a large greased bowl. Cover loosely with a clean clothe and let rise in a warm, draft-free place for about 1 to 2 hours or until doubled.
Roll dough out on a floured surface to about 1/4 inch thickness. Cut into doughnuts using a donut cutter or cookie cutter about one 1-inch and one 3 or 4-inch. Let stand for about 10 minutes.
In a large sauce pan, pour vegetable oil until it is at least 3 inches (or about 5 centimeters) high and place on medium heat until oil is 375°F (ek bak in die deepfryer @ 160°C)
Carefully drop doughnuts into hot oil, only a few at a time. Fry, turning once, for about 3 minutes or until golden brown. Drain on prepared paper towels.

Doughnut Glaze:
In a microwave safe bowl melt the butter.
Remove and stir in powdered sugar and vanilla extract until everything comes together.
Then evaporated milk (or sub water) until you have reached desired consistency.
Dip doughnuts in glaze and let it drip on the rack.
Photo: Petré van Jaarsveld




VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP


VINNIGE PAPBALLE VAN OORSKIET PAP
Gisteraand pap en bees stew geëet en daar het baie pap oorgebly. Nou moes ek vinnig dink wat om met dit te maak saam gebraaide hoender dye.
Rol oorskiet pap in balle en pak in ‘n gesmeerde oondbak.
Gooi 125 ml room oor pap balle.
Strooi gerasperde kaas mildelik oor.
Bak in oond op 160 ºC op grill tot kaas bruin is. Dit was nou heerlik.
Resep en foto: Meisie van der Colff




KERRIEVIS INGELE


KERRIEVIS INGELE
1.75 kg geelbek, kabeljou, koningklip of enige droë wit vis
sout/peper
4 middelslag ui
125 ml suiker
45 ml matige kerrie
15 ml borrie
20 ml sout na smaak
2.5 ml rooipeper (opsioneel)
750 ml asyn
125 ml water
6 gekneusde suurlemoen blare

Maak vis skoon en sny in mootjies.
Strooi sout en peper liggies oor.
Skil en sny uie in dun ringe.
Meng suiker, kerriepoeier, borrie, 20 ml sout, rooipeper (indien gebruik), asyn, en water in ‘n groot platboom kastrol. (nie yster of aliminium nie)
Voeg uieringe en suurlemoen blare by en kook 20 to 30 minute.
Sit vismootjies versigtig in die mengsel sodat almal bedek is en kook nog 20 minute of tot vis goed gaar is. Skep af en toe van die kerriesous oor die vis en draai mootjies om indien nodig.
Pak die vis in lae in bottels of erdebak en giet van die warm kerriemengsel oor elke laag sodat dit heeltemal bedek is. Giet res van die sous bo-oor en laat afkoel. Verseël en bêre op koel plek. Die vis sal na 2 tot 3 dae geeët kan word.

WENK:
Stokvis kan ook gebruik word. Sny in mootjies, strooi sout oor en laat oornag in yskas staan voordat gekook word.
Ek het gevriesde hake medallions gebruik, oornag in yskas ontvries.
Ek het lourierblare gebruik.
Laaste 10 minute het ek vis omgedraai en sous bo-oor geskep.
Foto: Marie Dumas Jennings