KONDENSMELK BROODSLAAI


KONDENSMELK BROODSLAAI
¼ brood, korsies verwyder in blokkies gesny
Braai blokkies goudbruin in olie, dreineer op kombuis papier en laat afkoel.
Voeg kaasblokkies en gekapte agurkies by.

Sous:
2 geklitste eiers
½ koppie gesmelte botter/margarine
½ koppie asyn
1 blikkie kondensmelk
1 teelepel elk sout en peper
2 teelepels droë mosterdpoeier

Klits die geurmiddels en asyn tesame.
Roer die geklitste eiers, gesmelte botter en blikkie kondensmelk by.
Kook vir 5 min op matige hitte en roer voortdurend (pasop vir brand).
Laat afkoel en gooi louwarm sous oor broodblokkies.
Resep geplaas deur: Caroline du Plessis




TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD


TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 eetlepels olie
2 eetlepels suiker
2 eiers
1 blikkie roommielies

Die geheim is om ‘n ring pan te gebruik, dit kom rou uit in die middel in ‘n gewone pan.
Meng alles saam, as beslag baie styf is, gooi bietjie melk by.
Spuit ring pan met spray and cook en voeg paprika binne en teen kante.
Skep beslag in, plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en bak vir 10 min teen 100% krag.
Heerlik saam met ontbyt of braaivleis (soet of sout).
Foto en resep: Ina Stevens
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis




EASY “KRUMMELPAP”


EASY “KRUMMELPAP”
2 cups of water
1 teaspoon salt
3 cups maize meal

Boil water then simultaneously throw meal in. Close the lid and let it boil for 5 min. over very low heat –  Don’t stir.
After 5 min, stir a bit with a fork.
Simmer on low heat and every 10 min stir with a fork until nicely formed and fine.
Recipe posted by Iza Hanekom Loubser




MARSHMALLOW PYNAPPEL SLAAI


MARSHMALLOW PYNAPPEL SLAAI
1 groot blik pynappels
250 ml houer suurroom
1 blikkie kondensmelk
1 pak marshmallows

Meng al die bestanddele saam en snipper die marshmallows.
Meng die marshmallows in en plaas in die yskas vir so uur,  en roer deur en bedien.
Jy kan skyfies piesang ook in sit.
Resep geplaas deur: Melissa Nel

MARSHMALLOW PYNAPPEL SLAAI
1 groot pak mashmallows, elkeen in 3 gesnipper met ‘n skêr
1 blik gedreineerde fyn pynappelstukkies
250 g gegeurde yoghurt (geur van jou keuse, ons hou van granadilla)
1 blik kondensmelk

Meng alles saam en laat staan in yskas tot gebruik. Nie langer is 1 uur nie.
Resep geplaas deur: Rénel Oosthuizen




KAAS, SPEK EN UIE SKYFIES


KAAS, SPEK EN UIE SKYFIES
3 hande vol aartappel skyfies (skinny fries)
1 pakkie spek
2 uie, in skyfies gesny
1 teelepel knoffel
½ teelepel origanum
genoeg kaas, gerasper
Steers speserye

Maak skyfies gaar in olie en dreineer. Braai die spek, uie, knoffel en origanum saam in ‘n pan met botter tot lekker bruin. Skep die skyfies in ‘n glas bak (meng met Steers speserye) en strooi die spek mengsel oor. Strooi kaas bo-oor en bak op 180°C tot kaas gesmelt is. Dien op saam met vis. Ek het bloukaas sous vir die vis gebruik.
Foto en resep: Juanri Van Der Walt




PASTA MET KAAS EN TAMATIE


PASTA MET KAAS EN TAMATIE
2 blikkies tamaties
125 g botter
2 eetlepels suiker
sout en peper
cheddar kaas
witsous
4 eetlepels botter
4 koppies melk
4 eetlepels wit meel
sout en peper

Ek was kort aan macaroni, so moes lasagne pasta velle gebruik, maar het net so lekker geproe.
Gooi blikkies tamatie in pot met botter, suiker, sout en peper na smaak en laat kook op lae-medium hitte vir ½ uur .
In ander pot – smelt botter, voeg meel en daarna voeg baie stadig die melk by – roer aanhoudend tot dik en glad . Plaas ’n laag lasagne-velle op die boom van die oondbak.
Skep van die tamatie sous oor die pasta. Skep daarna van die witsous oor die tamatie sous gevolg deur 1 koppie gerasperde kaas en herhaal die lae en eindig met ’n laag witsous met kaas bo-op.
Resep vir 6 mense.
Bak op 180°C tot goudbruin.
Foto en resep: Benita Rodrigues




LEKKER KLAM GEMMERKOEKIES


LEKKER KLAM GEMMERKOEKIES
4 koppies nat bruinsuiker (hou een koppie eenkant)
2 koppies margarien
1 kg goue stroop
16 koppies meelblom
4 eiers
3 eetlepels koeksoda
1 teelepel sout
2 eetlepels kaneel
5 eetlepels gemmer

Room die margarien en suiker deeglik. Meng eiers een vir een by.
Voeg die stroop by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by die mengsel.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die mengsel. Meng tot dit ‘n stywe deeg vorm.
Knie goed en voeg die koppie bruinsuiker by wat jy eenkant gehou het.
Knie die bruinsuiker in by die deeg.
Rol balletjies en pak op ‘n gesmeerde pan.
Bak in ‘n vooraf verhitte oond by 180°C grade vir 10-15 minute.
Dit is heerlike koekies. Dit vorm krake oor die koekie en die koekie is effens sag en taai in die middel.
Die resep halveer ek ook gewoontlik dan kry ek so 150 koekies uit
Resep geplaas deur: Malanie Tolmay




KANEELROL KOFFIE KOEK


KANEELROL KOFFIE KOEK
Die naam se wel koffie koek, maar daar is geen koffie in nie.
750 ml koekmeelblom
knippie sout
250 ml witsuiker
20 ml bakpoeier
375 ml melk
2 groot eiers
20 ml vanielje geursel
125 ml gesmelte margarien
250 ml klam donkerbruin suiker
15 ml fyn kaneel

5 ml vanielje geursel
750 ml versiersuiker
75 ml water

Voorverhit oond tot 175°C. Sif meel, sout en bakpoeier saam en meng suiker by.
Klits melk, eiers en geursel saam tot goed gemeng. Voeg droë bestanddele by en meng op stadige spoed tot net gemeng. Voeg gesemlte botter by en meng net tot dit deur gemeng is. Gooi uit in gesmeerde vierkantige / reghoekige pan. Ek het n reghoekige pan van sowat 350 mm by 250 mm gebruik. Meng die kaneel en bruin suiker. Strooi dit nou gelyk bo op jou koekdeeg. Maak liggiese draai bewegings met n skerp mes om van die bolaag met die koekdeeg te meng soos jy met ‘n marmer koek sal maak. Bak dit vir sowat 30-40 minute, tot heeltemal gaar.
Laat dit afkoel tot amper heeltemal koud.
Maak versiersuiker aan met vanielje en net genoeg water om ‘n versiersel te kry soos jy bo op jou doughnuts sal gebruik en gooi of skep dit bo-oor die koek sodat dit heeltemal bedek is. Sodra die bolaag heeltemal gestol is, sny in blokke en bedien.
Foto en resep: Elaine Steyn Steyn




PASTA ALA SARIE


PASTA ALA SARIE
250 g spaghetti
250 g sampioene, gesny
1 soetrissie, fyngekap (ek het 1 klein rooi- en 1 klein geel soetrissie gebruik)
500 g hoender filette, in blokkies gesny (250 g spek, russians of weense worsies kan ook gebruik word)
15 ml Italian rub
125 ml tamatiesous
250 g gerasperde kaas
1 groot ui, fyngekap
10 ml knoffel
1 pakkie tamatiesop
500 ml water
1 blik pitmielies

Kook spaghetti in sout water tot sag en dreineer.
Braai hoender (of keuse van vleisprodukte), uie, soetrissie, knoffel en sampioene saam tot gaar. Meng Italian rub by bogenoemde bestandele terwyl dit besig is om te braai.
Meng soppoeier met water, voeg tamatiesous by en laat kook.
Meng spaghetti, mielies en vleismengsel saam. Meng tamatiesop by en meng goed deur.
Strooi die helfte van die kaas op die boom van ‘n vuurvaste skottel.
Gooi spaghetti mengsel bo-op en bedek met die res van die kaas.
Strooi gerookte paprika en Italian kruie oor vir granering.
Bak vir 20 – 25 minute by 180°C grade.
Foto en resep: Elna Erasmus




HOMEMADE “TIM TAMS”


HOMEMADE “TIM TAMS”
For the cookies:
155 g unsalted butter at room temperature
1/2 cup granulated sugar (1/2 cup, or 115 g)
1 egg at room temperature
1/3 cup unsweetened dutch-processed cocoa powder
1 cup all-purpose flour
pinch of salt

For the filling:
115 g unsalted butter at room temperature
1 cup powdered sugar
1 tablespoon unsweetened dutch-processed cocoa powder
1 tablespoon malted drink powder (ovaltine or horlicks)
For the coating:
280 g milk or dark chocolate
1 tablespoon coconut oil

Combine the butter and sugar in the bowl of a large stand mixer fitted with a paddle attachment, and cream until pale and fluffy. Scrape down the bowl, and add the egg and continue beating until the egg is incorporate and the mixture lightens in color. Add the cocoa powder and beat until there are no lumps. Finally, fold through the flour and salt until it is all incorporated. The dough will be very soft.
Scrape the dough out onto a piece of parchment paper. Add a second sheet of paper on top, and roll out the dough between the two sheets until it is a rectangle about 1/4-inch thick. Place the dough on a tray and freeze it for 30 minutes, or refrigerate it for 1-2 hours, until firm.
Preheat the oven to 180°C. Line two baking trays with parchment paper.
Cut the chilled dough into 28 small 1 1/4 in x 2 1/2 in rectangles. Place them in evenly spaced intervals on the baking sheets and bake for 10 minutes. Let the cookies cool completely at room temperature.

To make the filling:
Cream the butter until soft, then sift in the remaining ingredients and beat until light and fluffy. Spread a heaping teaspoon of filling on half of the cookies, or transfer the frosting to a piping bag and pipe an even layer of filling on half of the cookies. Top with the remaining cookies, then put in the refrigerator to chill while you make the coating.

To assemble:
For the coating, place the chocolate and coconut oil in a heat-proof bowl and melt them together in the microwave in 30 second bursts, stirring after every 30 seconds to prevent overheating. Once the chocolate is mostly melted, remove and stir gently until smooth.
Using a fork or dipping tools, dip a chilled cookie in the melted chocolate and place it back on the baking sheet. If you want to create a wavy pattern on top of the cookies, lightly press the tines of the fork or dipping tool to the top while the chocolate is still wet. Repeat until all of the cookies are dipped. Chill in the refrigerator.
Photo and recipe: Talana Botes – Cerritelli