

KERRIE SOSATIES
Een van my beste kos-herinneringe toe ek nog in die huis was is die kerrie-sosaties wat ek en my ma van skaapboud gemaak het. Met vandag se vleispryse is dit ongelukkig nou ‘n luukse. Maar wat ‘n heerlike bederf is hierdie sosaties nie!
Ek gebruik Pork Belly saam met die skaapboud, vir ekstra smaak, en natuurlik vir die vetjie. Dit rek ook die duurder skaapvleis bietjie. Ek marineer die skaapvleisblokkies en pork belly blokkies in twee aparte marinades. Dit gee ‘n lekker smaak-kombinasie.
Skaapboud Sosaties
Marinade
500 g uie, in kwarte gesny (of gebruik heel klein uitjies, nog beter)
30 ml (2 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) gemmerpoeier
60 ml (4 e) borrie
5 ml (1 t) komyn (jeera)
30 ml (2 e) vinkel of steranys
125 ml (½ k) bruinsuiker
30 ml (2 e) mielieblom
750 ml bruin druiweasyn (nie balsamiese asyn nie)
250 ml (1 k) water
450 g (1 blik) appelkooskonfyt
8 gekneusde suurlemoenblare
Vleis
sout en peper
1,5 kg vleis: beesfilet en skaapboud
1 kg varkboud
Voeg al die marinade-bestanddele in ‘n groot kastrol en kook vir sowat 5 minute of tot dit begin verdik. (Moenie die uie pap kook nie.)
Proe aan die sous. Voeg nog kerriepoeier en bruinsuiker by indien nodig en kook deur.
Laat koel eenkant af.
Sny die vleis in netjiese 3 cm-blokkies – dit word makliker gedoen as die vleis effens bevrore is.
Sny van die spek wat aan die varkvleis is ook in 3 X 3 cm blokkies.
Marineer die vleis en uie in die kerriesous vir ‘n dag of twee. Roer kort-kort om seker te maak die sous bedek alles.
Ryg die vleis en uie op sosatiestokkies en sorg dat al die stokkies ewe veel van elke soort vleis op het, anders kry een ou al die filet en ‘n ander al die skaap. Dit lyk ook netjieser.
(Dra kombuishandskoene, anders vlek jou hande en veral jou naels geel!)
Braai op ‘n rooster hoog bokant die kole en oppas dat dit nie brand nie. Strooi sout oor terwyl dit gebraai word.
Kook intussen weer die sosatiesous en sit dit warm saam met die sosaties voor op pap of kapokaartappels of rys.
Wenke:
Vleispryse raak rof, rowwer, rofste. Die varkvleis maak dit so ‘n bietjie goedkoper.
Op elke stokkie kan ‘n stukkie suurlemoenblaar of lourierblaar geryg word.
Droëvrugte kan saam geryg word. (Droëvrugte saam met vleis is reeds sedert die jare toet deur die Perse gedoen en dit het via Europa na Holland gereis en toe met die see Kaap toe gekom.)
Mens kan ook aparte stokkies van soetrissies en vars vrugte soos pynappel en appel ryg om te braai as ‘n bykos – dit is kebabs en nie sosaties nie.
Resep: Louise Groenewald
Pork Belly Sosaties
1 kg pork belly, bone and skin removed but with some fat left MARINADE:
150 ml reduced salt or light soy sauce
100 ml water
3 cloves garlic, mashed
3 tablespoons honey
2 tablespoons sesame oil
1 thumb fresh ginger, peeled and finely grated
1 fresh chili, chopped (optional)
1 lemon grass stem, bruised
chopped spring onions and toasted sesame seeds for garnish 8 – 10 kebab sticks
Slice the pork belly in 1cm thick and 5cm long slices. (or 3x3cm cubes)
Make the marinade by whisking all the ingredients except the lemon grass stem.
Pour the marinade over the pork belly, add the lemon grass stem and let it marinate in the fridge for at least 6 hours or overnight.
Remove the pork from the marinade and thread the strips on the kebab sticks.
Grill on a griddle pan or on the barbecue turning on each side until cooked through.
Recipe posted by: Louise Groenewald
Photo: Petro Borchard – Ek het dubbeld die suiker gebruik en het die uie nou uit geskep sodat dit nie verder sag kook in die sous wat afkoel nie. Ek het die sous gemaak en gaan dit apart vries, ek het nie op hierdie stadium die regte vleis beskikbaar om klaar sosaties te maak nie.
Ek het vanoggend die suurlemoen blare uitgehaal en die uie en sous weer bymekaar gegooi om te vries