MEISIE SE SPEK-BRAAIBROODJIES


MEISIE SE SPEK-BRAAIBROODJIES
brood
botter
blokkies spek
gerasperde kaas
tamatie, in skyfies gesny
blatjang
sout en peper

Smeer brood aan buitekant met botter. Braai spek en meng blatjang daarin. Op die een helfte van die brood; eers gerasperde kaas, daarna tamatie en gooi sout en peper oor, laastens die spek. Maak broodjie toe en rooster oor die kole tot goudbruin aan beide kante en kaas gesmelt is.
Resep en foto: Meisie van der Colff




KEI-APPEL KONFYT


KEI-APPEL KONFYT
1 kg kei appels
125 ml water
1.2 kg suiker

Ek het die skille en stronkies verwyder en dit vir 10 minute gekook in die water. Toe het ek dit deur ‘n sif gedruk sodat die pitte agterbly water en al. Die moes geweeg, dit was 1 kg vrugtemoes en ek het 1.2 kg suiker bygegooi.  Kook stadig en roer tot die suiker opgelos het. Sodra suiker opgelos is kan die hitte bietjie opgedraai word.
Ek het deurentyd die skuim afgeskep en dit vir omtrent 80 minute gekook.
My stoof was op 3 gestel sodat dit nie oorkook of aanbrand. Toe dit stol in my koue piering het ek gebottel.
Resep en foto: Velia Goosen




HOENDERSOP MET MIELIEPITTE


HOENDERSOP MET MIELIEPITTE
15 ml elk botter en olyfolie
4 vet preie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 wortels, in klein blokkies gesny
2 selderystingels, in klein blokkies gesny
1 ingelegde jalapeño rissie, gekap
2 hoenderbors fillette
1 blik mieliepitte, gedreineer
1 groot aartappel, geskil en gerasper
sowat 3 murgpampoentjies, gerasper
1,2 liter hoenderaftreksel, verkieslik tuisgemaak

Braai die preie, knoffel, wortels en seldery tot geurig in die botter en olie. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot die hoender gaar is. Skep die hoender uit en vlok die vleis. Roer dit terug in die sop, proe vir sout en peper en sit stomend warm voor met vars kruie, brosgebraaide tortillaskyfies en lemmetjiesap na smaak.
Resep: André Viljoen




BIEFSTUK IN DIE PRUTPOT


BIEFSTUK IN DIE PRUTPOT
750 g biefstuk met ‘n halwe koppie koekmeel, sout en peper, gekap.
2 uie, gekap
Sous:
50 ml tamatiesous
50 ml Worcestersous
25 ml Bisto
25 ml maizena
1 blokkie beef-ekstrak
750 ml kookwater

Gooi sout en peper oor die vleis. Kap dit dan met ‘n piering in die koekmeel. Braai die uie apart in ‘n bietjie olie. Maak die sous aan in ‘n beker. Pak dan die vleis, gebraaide uie en sous in lae. Sit ‘n deksel op. Bak in oond op 150°C vir 3 ure of in die prutpot vir 6 ure.
NOTA:
Ek het 2.5 kg “tenderised steak” gebruik met 6 uie. Die sous bestanddele het ek dubbeld aangemaak met net 1 liter kookwater. Ek het my oondresep gebruik en net bietjie aangepas.
Resep en foto: Emsie Paulsen




CUBAN SKYFIES MET PASTA SOUS


CUBAN SKYFIES MET PASTA SOUS
1 pakkie spek, blokkies
1 pakkie Knorr pastasous, 36 g (Three Cheese)
2 eetlepels koekmeel
1 weense worsie
250 ml melk
‘n handvol gerasperde kaas
gevriesde McCAIN skyfies
speserye

Plaas die skyfies in die mikrogolf tot dit ontdooi is. Braai die skyfies dan in kookolie tot die lekker bros is. Haal uit en plaas dit op ‘n bord en gooi bietjie sout en speserye daaroor. Braai dan die spek tot dit bros is.

Pastasous:
Gooi 1 pakkie pastasous in ‘n mikrogolfbare bakkie. Voeg die koekmeel en melk by en meng goed. Plaas dan in die mikrogolfoond vir 5 minute. Roer so af en toe. Haal die pastasous uit en voeg die gerasperde kaas en gebraaide spek by. Sny die weense worsie in skyfies daarby. Meng spek en die weense worsie in jou sous in. Gooi die sousmengel oor die skyfies. Rasper bietjie kaas oor, plaas dit in die mikrogolfoond sodat die kaas bo-op bietjie smelt. Bedien warm.
Nota: Ek het ‘n pakkie Knorr ham en kaas ook gemaak en het ‘n halwe koppie melk meer op elke pakkie sous gebruik.
Resep en foto: Nicolette Papas




AMANDA’S SEAFOOD-MIX PAELLA


AMANDA’S SEAFOOD-MIX PAELLA
2 boneless chicken breasts or thighs, skin on and cut into bite-sized chunks
sea salt
freshly ground black pepper
plain flour, for dusting
olive oil
100 g chorizo, sliced
6 slices streaky bacon, chopped into pieces
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
1.5 liter hot chicken stock
2 large pinches saffron
1 heaped teaspoon smoked paprika
250 g paella rice
1 small bunch flat-leaf parsley, leaves picked and chopped, stalks chopped
¾ cup fresh or frozen peas
½ packet (400 g) good quality seafood mix (do not rinse… you want to keep the sea flavour!)

Season the chicken pieces and dust with flour. Heat a little olive oil in a large deep pan or wok and fry the chicken until golden brown. Add the sliced chorizo and bacon and fry until browned and crispy. Add the onion and garlic and cook until soft. Meanwhile infuse half the hot chicken stock with the saffron. Add the smoked paprika, rice and infused stock to your pan and leave to cook on a medium heat, stirring from time to time. After 20 minutes the rice should be nearly cooked. At this point, pour in the rest of the stock.
Cook till rice is tender, keep stirring from time to time. You can add a little water if too dry. Take off heat. In a separate pan, add a little olive oil with a knob of butter. Flash fry your seafood mix for approximately 6 minutes (or till done). Add to your rice and mix carefully. Be sure not to stir! Finally, serve paella, sprinkled with chopped parsley and a wedge of lime.
Recipe and photo: Amanda Conradie




LOURENS SE MACARONI EN KAAS


LOURENS SE MACARONI EN KAAS
(as jou bak groot is, verdubbel al die bestanddele, behalwe die sampioene)
1 pak gaar macaroni
1 groen soetrissie, opgesny
1 pak spek, stukkies
1 ui, gekap
2 tamaties, in skywe gesny
1 pak sampioene, opgesny
gerookte paprika

Braai soetrissie, sampioene, spek en ui in botter of olie. Onthou alles hang af hoe groot jou bak is.
Hou eenkant terwyl jy die witsous maak.

Witsous:
1 liter melk
knippie sout
100 ml koekmeel
1 koppie kaas, gerasper
100 ml botter

Smelt die botter, voeg koekmeel en sout by. Klits met draadklopper tot gemeng en voeg dan die melk by. Hou aan klits totdat witsous verdik oor lae hitte. Verwyder van plaat en voeg die kaas by.
Pak nou jou lae in die voorbereide oondbak.
Laag tamatieskywe onder in bak, dan lagie macaroni, dan mengsel van uie, peppers en spek, dan laag kaassous. Ek het witsous gemaak met tonne kaas (van jou keuse) in. Meng nou die oorblywende witsous met die oorblywende macaroni en sit alles op die laaste kaassous laag.
Strooi Smokes paprika bo oor met nog ekstra kaas en tamatie heelbo.
Plaas in die oond teen 180°C tot geset. (ongeveer 30 minute)
Resep en foto: Lourens Claassen




PANGEBRAAIDE CALAMARI STEAKS


PANGEBRAAIDE CALAMARI STEAKS
1 gevriesde calari steak per persoon
suurlemoensap
1 hoogvol teelepel cumin (komyn)
1 hoogvol teelepel paprika
1 teelepel cayenne peper
½ teelepel sout
¼ koppie olyfolie
gemaalde swartpeper na smaak
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel knoffelpoeier (opsioneel)

Ek het die gevriesde calamari oornag in die yskas gesit. Die volgende oggend het ek dit in ‘n ziplock sakkie gesit en ruim suurlemoensap in die sakkie gegooi. Het dit vir die hele dag so in die yskas gelos. Die aand het ek dit uitgehaal en droog gedruk met handdoekpapier. Daarna het ek dit met ‘n skerp mes diamant blokkies albei kante gesny, so 2 mm diep.
Meng komyn, paprika, cayenne peper, sout, olyfolie, swartpeper na smaak, suurlemoensap en knoffelpoeier (opsioneel) en saam met die calamari in die ziplock sakkie gesit en dit gedraai en gevryf totdat die steaks bedek is met die sous en weer vir ‘n uur in die yskas gelos.
Braai vinnig in ‘n warm pan vir so vyf minute in bietjie olyfolie. Bedien dadelik.
Het absoluut heerlik sag en geurig uitgekom. Beste calamari ooit.
Resep en foto: Hennie van Deventer




LEMON POSSET


LEMON POSSET
500 ml fresh cream
170 g castor sugar
60 ml fresh lemon juice
finely grated zest from 1 small lemon

Pour the cream, castor sugar and lemon zest into pot and bring to boiling point while stirring. Simmer for 5 minutes. Add the lemon juice, stir through and simmer another minute.
Take off the heat and allow to cool down a bit. Pour into heat proof ramekins or pretty cups. You can cool it down a bit more and then pour into martini glasses. Put into fridge overnight or until completely cold. Serve garnished with fresh berries of choice, mint leaves and shortbread.

This is a traditional British dessert which I only discovered while in Cornwall UK.
* depending on the size of your portion, this would make two generous or 4 small portions. It’s a very rich dessert so small portions are perfect. The bowl in my photo is a large portion which two can share… think Valentine’s Day 💕
Recipe and photo:  Elsabie Templeton




HEMELSE KIP


HEMELSE KIP
1/2 zakje Thaise wokgroenten
1/2 champignon wok groenten
2 tenen knoflook
2 dl kippenbouillon
2 eetlepels bloem
kopje boursin cuisine
olijfolie
zout en peper
500 g kipfilet
geraspte kaas
Italiaanse kruiden
oregano
(zoveel mogelijk producten biologisch)

Verhit je een pan en doe je er een scheut olijfolie in. Zodra de olijfolie goed heet is, doe je de in stukjes gesneden kipfilet in de pan en voeg je de geperste knoflook toe.
Strooi de bloem over de kipfilet en roer het erdoorheen. Laat dit even goed bakken. Doe de groente erbij en bak dit goed door,
Voeg je kippenbouillon langzaam toe en breng je het al roerend aan de kook.
Neem de pan van het vuur en roer de roomkaas door het groentemengsel. Voeg naar eigen smaak wat peper, zout, oregano en italiaanse kruiden toe. Laat dit even goed door pruttelen. Lekker met rijst. Strooi ook je bord fijne geraspte kaas toe.
Recept en foto: Annet Geelhoed