KAASSKONS SONDER EIERS


KAASSKONS SONDER EIERS:
1 koppie meel
1 koppie melk
1 koppie kaas
15 ml bakpoeier
5 ml sout

Meng alles en bak in ‘n gesmeerde muffin pan vir 20 minute teen 180°C tot gaar.
Resep en foto: Gerda Kruger




ALTA SE SAMOESAS


ALTA SE SAMOESAS
klaargemaakte samoesa velle by ‘n kettingwinkel gekoop
1 kg maalvleis
1 ui, fyngekap
5 sprietuie, loof ook fyn gesny
8 koljander takkies se blare, fyn gesny
1 teelepel growwe koljander
1 teelepel sout
1 eetlepel hoogvol kerrie, jou keuse van sterkte
1 dessertlepel borrie
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel fyn appelkooskonfyt

Braai uie en sprietuie tot deurskynend, voeg maalvleis by en roer dat dit nie klonte vorm nie. Braai tot gaar, voeg res van bestanddele by. Roer gereeld tot kerrie deurgekook en gaar is. Vul velle, rol op en bak in warm olie.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




MIKROGOLFOOND MELKTERT


MIKROGOLFOOND MELKTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
100 ml maizena
125 ml suiker
1 eier
1 liter melk
7.5 ml vanielje essens
2 eetlepels botter/volvet margarien
kaneel

Maak die koekies fyn en gooi onderin ‘n tertbak. Gebruik ‘n mikrogolfoondbak en plaas die melk, suiker, eier en maizena daarin. Klits met ‘n draadklopper en plaas in mikrogolfoond vir 2 minute, haal uit en klits weer en sit weer terug in mikrogolfoond vir 2 minute. Herhaal totdat die vla dik is. Roer die botter/margarien en vanielje essens in. Skep oor die tertkors en sif kaneel oor. Verkoel.
Resep en foto: Gillian Vermeulen




SINLESS COOKIES


SINLESS COOKIES
(If you do not like sweet then this is for you – I would have preferred to make them sweeter by adding sugar and maybe cherries)
2 ripe bananas
1 cup quick oats
½ cup choc chips
1 tablespoon peanut butter, heaped

Mix all ingredients together very well. Roll dough into balls and place on baking sheet. Flatten slightly with fork. Bake at 350°F (180°C) for 15 minutes.
Recipe and photo: Zelda Ellis

Dominique Du Toit:
Ek’t hierdie basis resep (2 piesangs en 1 koppie hawermout) al baie gemaak. Sal die grondboontjiebotter ‘n keer probeer. Wat vir my lekker werk daarin is droë vrugte soos rosyne, maar ook gekapte vye of appelkose. My kinders hou daarvan met suurlemoen geur by (suiker skil) of sommer ‘n lepel Milo. Ek het ook al met sukses coconut, neute en sade soos sonneblom toegevoeg. As my toevoegings te veel word, voeg ek ‘n eier by. Die bolletjies rol is vir my te veel as die kids nie help nie; dan bak ek dit sommer in die kolwyntjiepannetjie.




WORTEL KOLWYNTJIES (VEGAN)


WORTEL KOLWYNTJIES (VEGAN)
Ek het die lekkerste vegan wortelkoek kolwyntjieresep ontwikkel wat so ‘n klein bietjie gesonder is. Dit bevat 75% minder vet en 75% minder suiker as ‘n tradisionele wortelkoek.
1 koppie koekmeelblom
1 koppie volkoringmeel (nutty wheat), of gebruik altesaam 2 koppies koekmeelblom as jy nie volkoringmeel het nie
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml droë gemmer
5 ml droë kaneel
1,25 ml (kwart teelepel) droë neutmuskaat
1,25 ml (kwart teelepel) sout
250 ml rosyne

Neem nog ‘n mengbak en plaas die volgende bestanddele daarin:
625 ml (2 ½ koppies) grofgerasperde wortel
85 ml (derde koppie) kook-of-Canola olie
190 ml (¾ koppie) vars uitgedrukte lemoensap
125 ml bruinsuiker (of wit as jy nie bruin het nie)
Meng hierdie nat bestanddele saam.

Gooi die inhoud van die bak droë bestanddele by. Meng goed met ‘n sterk lepel – die mengsel is baie styf en moet so wees. Plaas 12 kolwyntjie papiertjies in die holtes van ‘n muffin pan.
Spuit liggies met kleefwerende kossproei sodat dit nie bo-op vassit nie. Verdeel die deeg tussen die 12 papiertjies en druk effens gelyk bo-op sodat hul mooi vertoon. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 25 minute. Haal uit die oond en los vir 5 minute. Verwyder kolwyntjies van muffin pan en plaas op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.

Maak nou jou versiersel:
30 ml gesmelte margarien
500 ml versiersuiker
bietjie water
Meng baie goed en drup bietjie-bietjie water by om ‘n gladde, smeerbare versiersel te maak. Verdeel tussen die 12 kolwyntjies en smeer dit oor met die agterkant van ‘n teelepel.
Vir versiering benodig jy:
1 pakkie okker-of-pekanneute (ek het ‘sprinkle nuts’ gebruik want dis vrek goedkoop)
Kap neute en gooi in ‘n bordjie.
Keer kolwyntjies om en druk liggies in die neute sodat dit aan die versiersel vassit.
Bewaar kolwyntjies in ‘n lugdigte houer.
Resep en foto’s: Malcolm Wilson




SHORT CRUST PASTRY IDEAS


SHORT CRUST PASTRY IDEAS
So I wanted to share with you mommy’s that don’t have time to bake, that’s really easy and lovely. I bought a packet of sweet crust pastry and cut them into shapes and baked it at 180°C.
I then bought some decorating icing and decorated some, others I rolled the thawed out pastry into balls and pushed my thumb into it and added some strawberry jam and baked them.
Easy kiddy ideas and they can even help, it’s mess free for those less stressful days
Idea and photo’s: Tracy Vohra




GROOTMAAT TAMATIE EN UIESMOOR


GROOTMAAT TAMATIE EN UIESMOOR
7 kg tamaties, geskil en gesny
4 kg uie, geskil en gesny
1 ½ koppie bruinsuiker
½ koppie worcestersous
1 koppie All Gold tamatiesous
1 eetlepel sout
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel swartpeper (verminder na smaak)
1 eetlepel Aromat
1 eetlepel gekapte knoffel
1 eetlepel oreganum (het gedroogtes gebruik)
½ teelepel gedroogte rissievlokkies (gekapte vars rissies na smaak)

Die smoor het ‘n effe lekker byt in. Braai uie tot deurskynend. Voeg res van bestanddele by en kook tot tamaties sag is en sous begin dik raak, maar nie droog nie. Laat goed afkoel, skep in houers en vries. Myne hou amper ‘n jaar dan is dit op. Ek gebruik somer die plastiek mayonnaise bottels om te vries, moenie tot heel bo volmaak nie, as dit vries sit dit uit.
Hoeveelheid: +-12 houers elke houer vat 750 gram, hoop dit help
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




GROOTMAAT TAMATIE KONFYT


GROOTMAAT TAMATIE KONFYT
8 kg tamaties (dit was die lang konfyt tamaties, in stukke gesny)
8 kg suiker
½ koppie suurlemoensap
so 3 stukke vars gemmer, geskil en bietjie gekneus

Ek pak my bestanddele in lae in my pot. Roer maar deurentyd tot op stoof tot suiker opgelos is. Konfyt moenie begin kook voor al die suiker nie opgelos is nie.
Kook tot tamaties deurskynend is en stroop effe dik is. Tamatie konfyt is maar ‘n loperige konfyt. Haal stukke gemmer uit, indien verkies. Bottel warm in gesteriliseerde flesse en seël dadelik.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




HOENDER EN KORINGSLAAI


HOENDER EN KORINGSLAAI
2 hoenderborsies, gesny en gaargemaak
1 medium ui (rou of gaar, myne sommer rou) of ‘n handvol sprietuie, opgekap
2 koppies gaar stampkoring
3 takkies vars pietersielie, opgekap
Ina Paarman se Honey & Mustard slaaisous
Aromat na smaak
Ina Paarman garlic and black pepper sout na smaak

Ek het sommer ‘n vinnige slaai aanmekaar geslaan met gister se oorskiet gebraaide oondhoender (witvleis) en koring. Gebruik minder sout, peper en kruiesout as jy oorskiet vleis gebruik wat reeds sout ens. bevat. Meng alle bestanddele saam en geniet!
Resep en foto: Christelle van Rooyen




AMARULA CREAM CHEESE FROSTING


AMARULA CREAM CHEESE FROSTING
250 g cream cheese (1 brick)
115 g / ¼ lb (4 oz) / 1 stick softened butter
1-2 teaspoons Amarula liqueur
1½ cups icing sugar / confectioners/powdered sugar

Beat cream cheese, butter and Amarula liqueur with electric beaters until light and fluffy and well-blended. Slowly add ½ cup of icing sugar at a time, and beat until smooth and creamy. Check for consistency. If you prefer it thicker, feel free to add another ½ cup of icing sugar.
I prefer to not add it, as I am not keen on the extra sweetness. Liberally coat your cooled carrot cake with this moreish Amarula cream cheese frosting. Decorate and sprinkle a copious amount of chopped walnuts and add some maraschino cherries as well.
Recipe and photo: Esme Slabs