MELKTERT MET TENNISBESKUITJIE-KORS


MELKTERT MET TENNISBESKUITJIE-KORS
1 pak Tennisbeskuitjies
Vulsel:
1 liter melk
25 g botter
3 eiers, geskei
200 ml suiker
4 eetlepels koekmeel
4 eetlepels maizena
knippie sout

Pak die Tennisbeskuitjies onderin die bak. Kook 1 liter melk met die botter. Skei 3 eiers en klits wit styf. Gooi eiergeel by melk voordat dit kook en klits goed. Gooi 250 ml melk in ‘n mengbak saam met suiker, koekmeel, maizena en sout en meng goed. Voeg meelmengsel by melk wanneer kook. Roer aanhoudend met draadspaan totdat dit dik is en kook. Vou eierwitte in, gooi oor die Tennisbeskuitjies en laat afkoel. Gooi kaneel oor.
Resep en foto: Linda Diedericks




RINIE SE HERDERSPASTEI


RIENIE SE HERDERSPASTEI
500 g maalvleis
1 ½ koppie gemengde groente wat ontdooi is (gevriesde groente)
1 blik (410 g) tamatiesmoor
1 ui, geskil en fyn gekerf
1 eetlepel “crushed garlic”
½ teelepel “chillie flakes”
1 teelepel “Italian herbs”
4 eetlepels suiker
2 teelepels sout
peper na smaak
4 eetlepels balsamiese asyn

Kapokaartappels:
4 aartappels
½ koppie botter
1 koppie warm melk
witpeper na smaak
1 teelepel sout

Braai ui en voeg knoffel, chillie flakes, sout en peper na smaak, Italian herbs en balsamiese asyn by. Voeg  vleis by en meng. Kook mengsel tot vog weg is, indien daar vog is. Voeg tamatiesmoor en groente asook suiker by en laat prut vir omtrent 10 minute.

Maak nou kapokaartappels:
Kook vier aartappels tot gaar en dreineer en trek skille af. Voeg by sout en witpeper asook botter en warm melk en druk fyn en meng alles saam. Skep vleis-en-groentemengsel in oondvaste bak en maak gelyk. Skep  kapokaartappel bo-op en maak gelyk en krap strepies met ‘n vurk daarop. Bak in voorverhitte oond op 180°C vir 45 minute, en as dit klaar is “grill” dit vir ‘n paar minute net om aartappel effens te verbruin. Geniet!
Resep en foto: Gideon Louw




GEROOSTERDE PAMPOENSKYWE


GEROOSTERDE PAMPOENSKYWE
Nog ‘n koue koue aand, maar het ‘n laaaang dag van skool gehad, en het nie krag vir pampoenkoekies. Dan is die resep altyd ‘n wenner-en die huis ruik na my ma se kos. ❤️
6-8 skywe pampoen met skil aan, en pitte
2 eetlepels olyfolie
sout en peper
gemengde speserye
vars roosmaryn

Meng alles saam en sprei uit oor bakplaat met bakpapier. Bak 20-30 minute by 200°C tot gaar. Bedien met pitte en al bo-oor.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs




MALVAPOEDING IN DIE KONVEKSIE/HALOGEEN-OONDJIE


MALVAPOEDING IN DIE KONVEKSIE/HALOGEEN-OONDJIE
45 ml (3 eetlepels) botter
250 ml suiker
1 eier
5 ml koeksoda
10 ml (2 teelepels) appelkooskonfyt
250 ml koekmeel
knippie sout
250 ml melk

Roer botter en suiker. Klits eier, koeksoda en konfyt by. Sif meel en sout en roer by bottermengsel.
Voeg melk geleidelik by en roer tot beslag glad is. Voorverhit die oondjie vir 5-10 minute. Bak in gesmeerde oondbak of individuele bakkies wat 3/4 vol geskep word, op 180°C vir 45 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

SOUS:
250 ml volroom melk
125 g botter
250 ml suiker

Gooi al die bestanddele vir sous in geskikte mikrogolfoondbak en verhit tot botter en suiker opgelos is. Roer na elke 2 minute. Giet warm sous oor poeding sodra dit uit die oond kom en sit warm voor met vla en of roomys.
NOTA: Ek het die resep verdubbel, maar nie die suiker nie. Ek het bak-margarien en bruinsuiker gebruik. Die baktyd was 50 minute.
Resep en foto: Gillian Vermeulen

MALVA PUDDING IN CONVECTION/HALOGEN OVEN
45 ml (3 tablespoons) butter
250 ml sugar
1 egg
5 ml bicarb of soda
10 ml (2 teaspoons) apricot jam
250 ml cake flour
pinch of salt
250 ml milk

Cream butter and sugar. Beat egg, bicarb of soda and apricot jam together and add to mixture. Sift flour and salt and stir into butter mixture. Gradually add the milk and stir until mixture is smooth. Pre-heat the oven for 5-10 minutes. Bake in a greased oven proof dish or individual small bowls, filled with ¾ of mixture. Bake at 180°C for 45 minutes or until test pin comes out clean.

SAUCE:
250 ml full cream milk
125 g butter
250 ml sugar

Pour sauce ingredients in microwave proof bowl. Microwave for 2 minutes at a time, stirring everytime until butter and sugar are melted and sauce is warm. Pour warm sauce over pudding and serve hot with custard and / or ice cream.
NOTE: I doubled the recipe, but not the sugar. I used baking margarine and brown sugar. The baking time was 50 minutes.
Recipe and photo: Gillian Vermeulen




CHILLI BITES


CHILLI BITES
1 ½ cups chickpea flour (I use pea flour)
½ cup self raising flour
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon coriander powder
1 teaspoon cumin powder
¼ teaspoon tumeric
1 teaspoon salt
1-2 teaspoons red chilli flakes (depending how hot you like it)
1 large potato, coarsely grated
1 large onion, coarsely grated
2 handfuls finely shredded spinach leaves
oil for frying

Sift all the dry ingredients into a large mixing bowl. Add the remaining ingredients to the above. Mix in enough water to make a thick batter. Heat some oil in a large frying pan; add a heaped teaspoonful of this mix to the oil. Turn over when they are golden brown. Once the other side is golden brown, remove and drain on absorbent paper.
Recipe: Da-Ina du Randt




COKE HOENDER, SOETPATATS EN GEBRAAIDE KOOL


COKE HOENDER, SOETPATATS EN GEBRAAIDE KOOL
15 stukkies hoender
3 koppies regte Coke
bruinsuiker
stroop
½ koppie HP sous (Worcestersous en ½ teelepel paprika) indien jy nie HP het nie.
Voeg volgende na smaak by:
hoenderspeserye
roosmaryn
tiemie
kruie
sout
Braai jou hoenderporsies met speserye en kruie en sout so bietjie bruin. Voeg bietjies Coke op ‘n slag by tot so 25 minute verby is. Meng HP sous met bietjie bruinsuiker en stroop na smaak. (Kan altyd weer byvoeg). Voeg by die hoender en prut tot dikkerig raak en voeg weer bietjie Coke by soos nodig. Bak nou in voorverhitte oond by 180°C vir ‘n uur. Dit raak taaierig met crispy velletjie.

SOETPATATS
1 kg patats, in skywe gesny
knypie sout
bruinsuiker
stroop
egte botter of Rama
3 eetlepels suurlemoensap
Braai suiker, stroop en botter, nie afgemeet proe terwyl dit kook en taai stropie word. Voeg sout en suurlemoensap by en roer. Sit stoofplaat op 3 en voeg patats by. Braai dit in die sous, lig nou en dan op en moenie deksel opsit nie. Patats sal vloeistof maak en begin dik vloeistof maak. As daar soetigheid kort voeg by. Gee so paar roere. Sodra dit gaar is hou heel of druk fyn.

GEBRAAIDE KOOL
1/4 opgekerfde kopkool
1 ui
sout
peper
1 teelepel fyngekapte knoffel
vleisspeserye
Kap 1 groot ui op en braai tot lekker bruin.
Voeg fyngekapte knoffel by en braai so 2 minute. Voeg nou kool by en roerbraai die heeltyd op stoofplaat nr. 4. Dit moenie waterig raak nie.
Nota: Ek het nie die sous van Coke hoender gebruik nie, almal hou nie van Coke sous op die rys nie. Voeg speserye, sout en peper by. Dit neem so 20 minute om gaar te word.
Resepte en foto: Ronell Muller Boshoff




STUFFED CABBAGE


STUFFED CABBAGE
½ cabbage, sliced in slices but not all the way through
200 g bacon cut into pieces
1 tin Koo chakalaka with corn
½ packet potato bake
300 ml milk
grated cheese

Fry bacon and chakalaka, add milk and potato bake. Add mixture in between slices, cover with cheese and bake at 150°C until required texture.
Recipe and photo: Chireen Buitendag




LENTIL AND BUTTERNUT BOBOTIE


LENTIL AND BUTTERNUT BOBOTIE
My man het aandete gemaak. Baie lekker sjoe, ek proe maalvleis en daar is niks in nie.
1 slice bread
100 ml milk
45 ml olive oil
2 onions, chopped
500 g butternut, cubed
4 cloves garlic, crushed
5 ml chilli paste
5 ml curry powder
410 g tin tomatoes, whole
1 x Knorr Roasted Vegetables Veggie Bake
250 g brown lentils
4 eggs
375 ml milk
2 bay leaves

Cover lentils with water and simmer for 45 minutes until soft. Soak bread in milk and set aside. Heat olive oil in a large pot and sauté the onions. Add the butternut and cook covered over a medium heat for 5 minutes. Add garlic, chilli paste, curry powder and bay leaves and lentils.
Add the tomatoes and Knorr Roasted Vegetable Bake and simmer for 15 minutes with the lid off. Stir in soaked bread and mix well. Place the mixture into a casserole dish and spread evenly. Beat eggs with milk and pour over the lentil and butternut mixture. Bake at 180°C for 45 minutes until the custard is set and brown. Serve with basmati rice and chutney.
Recipe and photo: Lynette van Zyl




CREAMY THYME AND LIME CHICKEN


CREAMY THYME AND LIME CHICKEN
8 chicken pieces, bone intact
fresh thyme
50 ml fresh lime juice
150 ml fresh cream
oil for browning chicken
pinch of Maldon sea salt

Heat a heavy based pan and pour just enough oil to spread over the bottom. Fry the skin side of chicken pieces until golden brown then sprinkle with salt and turn over. Once the other side is also browned, pour the lime juice over and add the fresh thyme to the pan. Put lid on and simmer until the chicken is cooked. Pour the fresh cream over and turn the heat up a bit until the cream starts bubbling. Check seasoning and serve with rice or boiled potatoes.
Recipe and photo: Elsabie Templeton




HEERLIKE KERRIE MAALVLEIS


HEERLIKE KERRIE MAALVLEIS
500 g maalvleis
1 medium ui, gekap
4 medium wortels, in blokkies gesny
2 medium aartappels, in blokkies gesny
sout na smaak
1 liter water
50 ml suiker
50 ml asyn
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
25 ml appelkooskonfyt

Braai uie en maalvleis saam met kerriepoeier. Gooi die wortels en aartappels by en daarna die water. Voeg sout by. Gooi die suiker, asyn en borrie by en laat prut tot groente sag is. Roer die appelkooskonfyt by. Gooi nog water by as daar te min vloeistof in is. Kook tot sous verdik en nie meer waterig is nie, maar moenie verdikkingsmiddel bygooi nie. Ek bedien dit saam met klapper en piesang-skyfies.
Foto en resep: Gillian Vermeulen